Page 1 of 3

Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:28 pm
by kopskoot
Wat is die "going rate" vir wild, waar julle vanjaar gaan jag?

Vir manlike diere
                              Biltong                  trofee            dag/jag fooie

1)Rooibokke

2)Koedoes

3)Waterbokke

4)BWB

5)Zebra

6)Gemsbok                             

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:32 pm
by Geno
        dag/jag fooie - R250

1)Rooibokke - R800 deur die bank

2)Koedoes  - R3000 deur die bank

3)Waterbokke - Wetie

4)BWB  - R2800 deur die bank

5)Zebra  - R3600 - R4200

6)Gemsbok  - R3200 deur die bank.                           

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:34 pm
by DWB
Ek sal iewers bietjie 'n vergelyking doen....

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:36 pm
by Eugene
Geno wrote:         dag/jag fooie - R250

1)Rooibokke - R800 deur die bank

2)Koedoes  - R3000 deur die bank

3)Waterbokke - Wetie

4)BWB  - R2800 deur die bank

5)Zebra  - R3600 - R4200

6)Gemsbok  - R3200 deur die bank.                         
:o :o :o :o :o

Wanneer ry ons, naamgenoot? Daai pryse lyk vir my bakgat, of ek skiet op die verkeerde plekke!

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:38 pm
by FCLoretz
ROOIBOK RAM R 1250 (23”)
KOEDOE BUL R 5000 KOEI R2800
BUL R 7000 (>54”)
BLOUWILDEBEES BUL R3000 KOEI R 2500
VLAKVARK BEER R 500 SOG R 500
ROOIRIBBOK RAM R 700 OOI R 500
DUIKER RAM R 250 OOI R 250
BOSBOK RAM R2000 OOI R800
SEBRA (BURCHEL) HINGS R6000 MERRIE R6000
GEMSBOK        BUL R3500 KOEI R3500
NJALA BUL R8000 OOI R4000
BOBBEJAAN GRATIS
ROOIKAT GRATIS
JAKKALS GRATIS

Verblyf is R300/dag 2-3 dae se jag
en R250 vir 4+ dae

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:40 pm
by Geno
Wild:
Springbok(gewoon) R450
Springbok(swart)    R700
Blesbok(gewoon)    R850
Blesbok(wit)          R1000
Rooibok                  R800
Rooihartebees        R1800
Gemsbok              R3200
Blouwildebees        R2800
Swartwildebees      R1800
Eland                    R7000
Kudu                    R3000
Volstruis                R12/kg

Verblyf:
Prys sluit koelkamer en slaggeriewe in.
R250 per persoon per dag.

Dagfooi:
R300 per persoon per dag.

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 12:48 pm
by Jean Marais
Geno wrote: Wild:
Springbok(gewoon) R450
Springbok(swart)    R700
Blesbok(gewoon)    R850
Blesbok(wit)          R1000
Rooibok                  R800
Rooihartebees        R1800
Gemsbok              R3200
Blouwildebees        R2800
Swartwildebees      R1800
Eland                    R7000
Kudu                    R3000
Volstruis                R12/kg

Verblyf:
Prys sluit koelkamer en slaggeriewe in.
R250 per persoon per dag.

Dagfooi:
R300 per persoon per dag.
Geno, is dit jou pryslys die? As dit is, wanneer kan ek kom kuier?

Jean

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 1:00 pm
by Geno
Jean Marais wrote: Geno, is dit jou pryslys die? As dit is, wanneer kan ek kom kuier?

Jean
Oom Jean,
Dis nie my pryslys nie, maar dis die plaas waar ek en my Pa hierdie jaar gaan jag.

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 1:06 pm
by Jean Marais
Geno

Dis mooi pryse daai. Watter omgewing is die plaas. PM my bietjie die besonderhede as jy nie omgee nie asb.

Julle moet dit geniet. Dis lekker as jou pa nog saamjag. My pa is al 78 die jaar, en hy skiet nog elke keer saam met ons op die familie jag. Dis 'n voorreg.

Baie groete

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 1:11 pm
by henried
Geno wrote: Wild:
Springbok(gewoon) R450
Springbok(swart)    R700
Blesbok(gewoon)    R850
Blesbok(wit)          R1000
Rooibok                  R800
Rooihartebees        R1800
Gemsbok              R3200
Blouwildebees        R2800
Swartwildebees      R1800
Eland                    R7000
Kudu                    R3000
Volstruis                R12/kg

Verblyf:
Prys sluit koelkamer en slaggeriewe in.
R250 per persoon per dag.

Dagfooi:
R300 per persoon per dag.
WOW!!!!

Ek sukkel om blesbokke en rooibokkeonder R1100...dis vir boogjag.

Ai....daai swart sprinbok en rooihartebees pas in my buget it... ;D

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 6:31 pm
by Remingtonfrans
Ek gaan Jullie maand op Messina toe om my koedoe nul te gaan haal!

Verblyf plus dagfooi R375 per jagter, R150 nie jagter
Rooibok ram R 850, ooi 550
Koedoe koei 2000
Bul onder 45" 3000
Enige koedoe groter 4000
Eland bul 6000
Koei 4750
Blouwildebees koei 1800
Bul 2500
Gemsbok 3500

Man ek sien uit, was laasjaar daar en die wild is mooi en baie !

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 6:32 pm
by Remingtonfrans
O ja, plaas is so 3000ha en verblyf is uit die boonste rakke 8)

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jan 22, 2013 7:36 pm
by mw
Geno,

PM asb vir my daai besonderhede van die plaas waar jy en jou pa gaan jag. Sal nie omgee om n springbok of twee daar te jag nie.

Julle moet dit geniet

Groete

Re: Jag pryse -

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:35 am
by DanieDegenaar
Pongola:

Re: Jag pryse -

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:15 am
by DWB
Gemiddelde Pryse tussen Pongola, Vryheid en Mkuze

Click net op hom dan word hy groter

[img width=560 height=355]https://dl.dropbox.com/u/65759801/hunti ... arison.jpg[/img]

Re: Jag pryse -

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:32 am
by Geno
Manne,
Die oorspronklike vraag wat Kopskoot gevra het is: "Wat is die "going rate" vir wild, waar julle vanjaar gaan jag?"

Ek kry baie sms'e, PM's en oproepe oor die pryse wat ek geplaas het.
Nou, vir my is dit 'n heuningpot wat ek wil op pas. Ek gaan nie die plaas details bekend maak nie.
Die man wat dit reël, is 'n forumlid, en as hy nog plek oop het, glo ek hy sal adverteer.


Ek hoop julle verstaan.
Groete,
Eugene

Re: Jag pryse -

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:44 am
by Jean Marais
Geno

Ek respekteer jou versoek. Dankie dat jy terugvoer gegee het hieroor, en nie net van die lug af gegaan het nie.

Groetnis

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jun 03, 2014 3:45 pm
by connas26
Geno wrote:Wild:
Springbok(gewoon) R450
Springbok(swart)    R700
Blesbok(gewoon)    R850
Blesbok(wit)          R1000
Rooibok                  R800
Rooihartebees        R1800
Gemsbok              R3200
Blouwildebees        R2800
Swartwildebees      R1800
Eland                    R7000
Kudu                    R3000
Volstruis                R12/kg

Verblyf:
Prys sluit koelkamer en slaggeriewe in.
R250 per persoon per dag.

Dagfooi:
R300 per persoon per dag.
geno pm vir my kontak nommers asb groete connas 26

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jun 03, 2014 9:00 pm
by evdberg
Thabazimbi

Koedoe Koei R 2 ,800.00 Bul R 7,000.00
Gemsbok Koei R 5 ,000.00 Bul R 5,000.00
Blouwildebees Koei R 2 ,500.00 Bul R 3,000.00
Waterbok Koei R 3 ,500.00 Bul R 7,000.00
Hartebees Koei R 3 ,500.00 Bul R 4,500.00
Zebra Hings R 6 ,000.00 Mere R 6,000.00
Rooibok Ooi R 800.00 Ram R 1,200.00
Vlakvark sog R 500.00 beer R 500.00
Duiker Ram R1,500.00
Steenbok Ram R 1,500.00
Eland Koei R 7 ,000.00 Bul R 11,000.00

R350 per dag per jagter
R250 per dag vir nie jagter
R200 per dag vir die voertuig

Dagfooi sluit koelgeriewe, vuurmaak hout, linne, kombuisware in.

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jun 03, 2014 9:18 pm
by Dolf014
Grap julle of betaal julle regtig vir vlakvarke?

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Jun 03, 2014 9:39 pm
by douw
Dolf, stuur asb jou adres en datums wanneer ek kan kom. Ons skiet graag die otte en betaal ook graag!

Re: Jag pryse -

Posted: Sun Jun 15, 2014 8:15 pm
by Piet Breedt
Verblyf:
Prys sluit koelkamer en slaggeriewe in.
R250 per persoon per dag.

Dagfooi:
R300 per persoon per dag.[/quote]

Geno, wat is die verskil per dag en dagfooi?

Re: Jag pryse -

Posted: Sun Jun 15, 2014 9:14 pm
by Spanner
Piet, dit mag wees dat die boer jou 'n bedrag vra om in die dag, daar te wees, en 'n addisionele fooi vra indien jy oorslaap. Dit kan 'n ou se budget nogal lekker deurmekaar krap as jy dit nie mooi besef nie ! Ek het die jaar by 'n plaas gaan jag waar die dagfooie en oorslaap fooi afsonderlik gelys is. Daar was 'n aantal huisies op die plaas, en die oorslaapfooi gaan direk aan die eienaar van die huisie, terwyl die dagfooi vir die plaas se trust gaan. Dis raak veral nou gewild op plase wat naby aan die dorp is en waar jagters nie tyd het, of lus het om oor te slaap nie.

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Feb 10, 2015 5:21 pm
by Plaasboer
Oom Eugene

Hou my ingedagte as daar nog plek is dis goeie pryse daai

Re: Jag pryse -

Posted: Tue Feb 10, 2015 7:10 pm
by Jessie
Naand Manne

Ek moet se die pryse hierbo lyk baie billik teen die pryse wat ons jaggroepie tot op hede gekry het. Ons kontak duidelik die verkeerde plase. Ons het middel Januarie begin bra vir pryse en was geskok met die pryse van wild in vergelyking met laas jaar. Rooibok ooie R1600- R2000, ramme R1300 - R1700, BWB bulle R 3500 - R4500, gemsbokke R5000- R7000, koedoe koeie R3200 - R4000. Ek wil nie eers die pryse van bulle noem. Ek is bly om te sien daar is darem nog boere kyk na die biltongjagters