Page 1 of 1

Josini tiervis trippie

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:34 am
by Jean Marais
Hallo hengelaars

Ons is besig om 'n tiervis trippie te beplan na Josini einde Februarie.

Met die baie reen die afgelope ruk, sou dit beter wees om eerder aan die suidekant van die dam te gaan probeer as naby Golela. Tiere hou mos maar van warmer water, en met die baie reen kom daar mos nou baie "kouer" water in die rivier af.

Die water aan die suidekant behoort ook bietjie skoner te wees.

Luister graag.

Re: Josini tiervis trippie

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:37 am
by Geno
Oom Jean,

Jou denke is reg. As daar vuil water inkom, is die western banks, gorge, en bergdeel beter. Pompkamer is uit, want hy staan nou al 'n jaar of wat op droee grond. Soek maar die skonerige water so rondom 4m.
Nkonkoni is 'n nice plek om te bly.

Stywe lyne!

Re: Josini tiervis trippie

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:42 am
by Jean Marais
Geno

Dankie vir die inligting. Jy weet nie dalk hoe sterk die Pongola rivier tans loop nie?

Re: Josini tiervis trippie

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:43 am
by DWB
Al die riviere hier in ons omgewing loop baie sterk, ek sal 'n maat van my vra wat by Nkonkoni bly hoe lyk dinge daar.

Re: Josini tiervis trippie

Posted: Tue Jan 22, 2013 10:45 am
by Jean Marais
DWB

Ek sal die inligting baie waardeer. Baie dankie.