Page 1 of 1

Nagsig(Nightvision)?

Posted: Wed Jul 21, 2010 7:46 pm
by Roberto
Hello manne
Ek is nou al vir 'n hele rukkie in die nagjag,nou het ek gewonder
die nagsigtoerusting wat mens te koop kry is dit die moeite werd?
Ek praat nou van die monoculars en binoculars.As daar van julle
is wat kennis en ondervinding van dit het sal ek bly wees vir
bietjie inligting.Soos bv watse maak en hoe ver mens met die goed
'n oog optel en van watse afstand af mens kan uitmaak wat dit is.

Roberto

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Thu Jul 22, 2010 8:30 pm
by Chris101
Ek het gisteraand n luna gaan toets glad nie die moeite werd nie.

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Thu Jul 22, 2010 8:59 pm
by Rooies
chris
Het jy al iets gehoor van Alkantpan se mense op die kwotasie ?

groete
rooies

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Fri Jul 23, 2010 7:26 am
by Calldo
Roberto

Dit is maar 'n kontroversieele onderwerp. Dit hang af wat jy met die nagsig wil doen? Op 'n gemiddeld gaan jy met generasie 1 op 150m oe optel en op so 80m identifiseer. Dit is as jy 'n goeie infrarooilig gebruik. Identifikasie met nagsig is nie so eenvoudig nie. Ek gebruik nagsig al so jaar of wat en ek sukkel nog steeds om te identifiseer. Met donkermaan kan jy verder oe optel met infrarooi lig. Volmaan sukkel ek weer omdat die infrarooilig dowwer voorkom. Sonder enige lig kyk 'n mens natuurlik beter in volmaan as donker maan.

Ek het redelike beperkte kennis van verskillende nagsig. Probeer minimum gen 1 plus. Gen 2 is beter. As jy net wil opserveer is 'n verkyker goed. As jy egter roep met nagsig moet jy 'n monocular he en nie met jou skiet oog soek nie.

ECM Tecnologies verkoop ATN nagsig in Johannesburg. Het al deur twee gekyk en was redelik tevrede.
Hul triden pro geweer teleskoop is nogal goed. Baie duidelik.

Yukon se digitale nagsig is ook nie te swak nie, net moeilik om heeltyd te fokus. So ook buschnell se digitale nagsig. Dit kan werk by neste en opservasie maar ek sal dit gladnie gebruik vir roep en skiet nie.


ProbeerĀ  met so veel as moontlik nagsig kyk voordat jy enige koop. Dit gaan jou keuse net baie meer vergemaklik.

Hoop dit help.

Groete
Calldo

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Fri Jul 23, 2010 10:23 am
by Chris101
Rooies

Alkantpan is klaar gejag nog een nag oor.
Tweetand wat die kwotasies gesoek het wil nie met my praat dat ek presies kan hoor
wat aangaan weet ook nie wie hy is nie.

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Fri Jul 23, 2010 10:27 am
by Chris101
Roberto

Ek het moontlik n nagsig scope wat ek sal verkoop.
My probleem is ek kry nie nog n lisensie nie so ek moet elke keer die scops verander.
Alles wat Calldo se is waar ook die teryn waarin jy wil jag.

Re: Nagsig(Nightvision)?

Posted: Fri Jul 23, 2010 7:13 pm
by Roberto
Chris en Calldo

Dankie vir julle insette,as daar dalk nog manne is wat iets van die goed
weet praat met my.

Roberto