Page 1 of 1
Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 5:16 pm
by PJB
Middag almal
Ek wil graag julle hulp he asb? Ekt n howa 243 die( gewone een met swart kolf en dun loop,) gekoop en wil vir hom n scope op sit! Ekt nog nie die geweer nie en hoop so binne die volgende week of so sal hulle my laat weet! Ek wil nie baie geld vir dit gebruik nie aangesien dit maar n geweer gaan wees waarme ek n vark, rooibok en jakkie so nou en dan gaan klap. Ekt gewonder of die volgende scopes sal werk en as dit wel watter een stel julle voor? Die scopes soos volg:Nikon Pro Staff 4-12X40 Bdc of die Nikon Pro Staff 4-12X40 Nikoplex (2012) of die Bushnell Trophy XLT's 3-9X40 of die Redfield Revenge 3-9x42 Matte 4-Plex of dink julle ek moet wag vir n tweedehandse Leupold 3-9 X40! Soos julle ook sal agter kom is my Budget so rondom R2000
Ek sal julle insette opreg waardeer!
Beste groete
Pieter
Re: Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 5:23 pm
by DawieKotze
PJB - kyk bietjie hier na die burris wat SJ adverteer.
http://jaracal.com/index.php/topic,17488.0.html
Re: Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 8:02 pm
by Pvdw
PJB Piet praat waar. 243 skiet lekker plat en voor jy sien wil jy iets op 200m skiet en dan kom jy agter 250 op die baan is nie te vrek vêr nie. Net daarna lui die gong op 300m en dan is die gort gaar. Op die stadium skop jy jou agterent omdat die 9X die gong op 400m nie meer so gemaklik sien nie. Hy werk wel daar maar 14-16X sou net soveel maklikker gewees het.
Dis presies wat nou met my gebeur het. My 2.5-10Nikon maak mooi op die dassies op 350m maar daai ekstra bietjie sal my nou meer help as ek op 400m wil skiet.
Peet
Re: Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 8:02 pm
by Silent Hunting
Burris. Elke dag van die week vir daai begroting.
Kontak vir SJ.
Re: Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 9:01 pm
by Walter
Pieter, ek het 'n Redfield Revenge 3-9by52 op my .223. Ek is baie tevrede met hom, maar dit is soos almal reeds genoem het; dis sommer gougou dan is 9 maksimum vergroting nie meer genoeg nie. Ek het 'n nikon fieldmaster 4.5-14by40 en 5-20by44 monarch in die kas. Ek weet nog net nie waarop ek hul gaan monteer nie.
Re: Scope vir my 243
Posted: Mon Jan 21, 2013 9:04 pm
by PJB
Baie dankie almal vir die vinnige terugvoer! Soos ek dan verstaan moet ek dan eerder meer vergroting he, veral as jy so nou en dan wil speel met ver afstande ( as daai eend in die oorkant van die dam sit haha ) ok ek verstaan! Madako dankie vir die link maar as ek hom oop maak gooi hy my net op die index uit! Ek kom nie verder nie! Ek sal graag vir SJ wil kontak vir pryse! OF SJ as jy die post sien sal jy so gaaf wees om asb n lysie met pryse te stuur baie groot asb? Walter ekt n geweer waarop een van hulle gemount kan word hahaha! Regtig weereens dankie vir die hulp
Beste groete
Pieter
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:04 am
by mw
Pieter,
Spaar nog n bietjie en koop n Nikon 4-16 x 42 (R4000) of die Nikon 4-16 X 50 (R5000)
Groetnis
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 10:23 am
by martinf
+1 vir die Burris 4.5-14 of 6-20 vergroting. Dink alby is onder R4000.
Weet nie van baie mense wat op meer as 10 vergroting sal jag nie so die ekstra vergroting is vir my 'n "nice to have" vir skiet op die baan.
My 243 kry die 4.5-14 sodra die liksens kom.
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 12:27 pm
by PJB
Dankie jull!
Sal die naweek vir my dan gaan een aanskaf! Ek sal net vir die langhaar gedierte laat verstaan die scope is nie te duur nie
Sal terugvoer gee.
Groete
Pieter
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 1:04 pm
by Heinf
Ek het presies dieselfde Howa met die dun loop aangeskaf . het die leupold VX3L- 4.5-14 x 50 opsesit . moet se baie impressed met die combo , maar die scope is bietjie duur op R12000.00
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 1:48 pm
by Jean Marais
PJB
Hierdie kilnk vir my soos 'n AsMa aankopie - As Ma maar net geweet het......
Groete
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:29 pm
by martinf
En dis makliker om jammer te se nadat jy hom gekoop het.
Re: Scope vir my 243
Posted: Tue Jan 22, 2013 5:18 pm
by Herman Huyser
Nikon Monarch 4-14x42 op my Howa.243, nie so duidelik as die Leupold VX3 op Howa 30.06 nie, maar skote val almal in mooi kolletjie.
Re: Scope vir my 243
Posted: Wed Jan 23, 2013 9:11 am
by PJB
Haha almal baie puttig

Dit lyk vir my of by ( SJ ) gaan reg kom!
Baie dankie vir almal se voorstelle!
Betse groete
Pieter