Page 1 of 1

Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Sat Jan 19, 2013 9:18 pm
by Danie Lombard .243
Ek wil graag inligting he oor die korrekte gradient waarteen die terugskop buis in 'n kolf gemonteer moet word. Ek het eenkeer gehoor dat dit om en by 18 grade moet wees teenoor die middel lyn van die loop in 'n afwaarste rigting.
Ek is in die proses om vrou Yolandi se 9,3 te monteer in 'n sintetiese kolf. Ek het die buis uitgehaal wat in die houtkolf was, die moet nou in die sintetiese kolf kom.

Die buis in die tiepe wat met 'n spring demper werk en nie die tiepe met die kwik nie.

Danie

Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Sat Jan 19, 2013 10:10 pm
by James Wilson
Danie, ek het so 4 jaar terug in Dok Potgieter se winkel gestaan en luister hoe hy dit aan n klient verduidelik. Nou ek gee toe ek kon die gesprek verkeerd verstaan het, ek was bietjie oorweldig in die Oom se tenwoordigheid.

Soos ek dit verstaan het moet die buis parralel wees met die kolf se onderkant.  Maw as jy jou wang teen die bo kant druk van die kolf op die bench rest dan loop die kolf se onderkant met n hoek opwaarts to by jou handgreep. Dieslfde hoek waarteen die kolf opwaarts loop, is dieselfde hoek waarteen die die buis moet le binne in die kolf.

Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Sat Jan 19, 2013 10:29 pm
by Danie Lombard .243
Dankie James

Dit maak sin soos jy verduidelik.

Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Sun Jan 20, 2013 2:51 pm
by iceman1982
Danie,
Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit is 11 grade. Christoff by Lock Stock & Barrel van PE af, wat ook hier op die forum is, het myne ingesit en ek onthou iets van 11 grade. Ek kan verkeerd wees. As jy hulle more n luitjie gee en met hom praat, sal hy vir jou kan se.

Mooiloop,

Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Sun Jan 20, 2013 5:32 pm
by Danie Lombard .243
Dankie Iceman

Ek waardeer almal se terugvoer. Dit sal verseker help om die beste resultate te kry.

Re: Recoil reducer spring in a tube (mercury tube)

Posted: Mon Jan 21, 2013 8:22 am
by Beyers
In die distruction manual staan dit 7grade