Page 1 of 1

LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 4:20 pm
by WOLF
Manne help my gou.Wat kan ek vir die teleskoop vra,want ek het twee en wil een verkoop.Die toestand is nog uitstekend.
GROETE
WOLF

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 4:47 pm
by Gernie
Wolf

Ek het een gekoop, seker 2 jaar terug vir R2000.

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 5:05 pm
by pirot79
Waarvoor staan die ''IR''?

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 5:26 pm
by WOLF
pirot79 wrote: Waarvoor staan die ''IR''?
ILLUMINATED RECTICLE
WOLF

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 5:30 pm
by Rooies
wolf

is jy weg uit calvinia?  sien op ander post jy soek maters in die suid-kaap.

groete
rooies

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 6:12 pm
by pirot79
Jag jy in die nag met hulle wolf? Hoe doen hy met jakkalsjag? Wat was sy prys nuut?

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Thu Jan 17, 2013 11:18 pm
by cassie_calvinia
ou wolf is nog in calvinia.
die scope bitter lekker vir jakkals skiet. maar het nie regtig die IR nodig nie. dit help wel met rooi lig.
wolf het paar 100 met hul laat val.(ek ook 1 gehad).

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 2:02 am
by visstok
Die IR werk lekker vir my in die aand. Ekt met die 5-20x50iR van my neef n paar keur geskiet, het vir myself ook nou n 5-20x50iR aangeskaf. Daai groen kolletjie suig darem mooi op n jakkals vas!

Groete Alex

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 5:56 am
by Francois B
Pm my n prys ek stel belang

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 6:58 am
by tafjak
Wolfie

Lyk my die gala is aan? Die prys?

Laat loop, dis laat!

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 7:40 am
by Francois B
Wolf
Is hy al in die pos ek wag vir hom

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 5:43 pm
by WOLF
Manne
Eers die slegte nuus.Scope is klaar verkoop vir n goeie prys.Goeie nuus:Die zeissie is oppad en sal hom vlg week probeer inwei.
Groete
WOLF

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Fri Jan 18, 2013 10:36 pm
by Hein M.
tafjak wrote: Wolfie

Lyk my die gala is aan? Die prys?

Laat loop, dis laat!
;D

Taf,

As jy reageer moet daar iets spesiaals aan die glas wees?

Hein M

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Sat Jan 19, 2013 11:37 am
by tafjak
Hein

Ek wou dit koop vir 'n neef van my wat so bietjie sukkel met die jakkalse in die Noordweste. Die Lynx 8x56 is regtig goeie waarde vir geld! ;) Nie die beste nie, maar vir die geld sal niemand spyt wees nie, belowe jou.

Mooiloop, sal maar nog so bietjie rond shop, kyk na die Vortex 3-9x50. Weet nie regtig waarvoor dit lately gaan nie.

Re: LYNX 8X56 IR

Posted: Sat Jan 19, 2013 1:05 pm
by cassie_calvinia
wolf
is jy al besig om ons OPS te reel?
dan kan die swarovski nou die zeiss aanvat!
bly jou dinge het uitgewerk