Page 1 of 1

Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Sun Jul 18, 2010 8:17 pm
by Tim - Karoo
Ek wil 'n VXII 2-7x33 op my CZ 550 in 375 H&H monteer. Ek sukkel met die keuse van Scope mountings. Ek sal Quick Release tipe mounts verkies, maar watter tipe, watter grootte, ens weet ek nie.
Leupold maak nie QR mounts vir die CZ se 19mm dovetail nie. Het enige iemand 'n idee wat ek moet doen?

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Sun Jul 18, 2010 8:40 pm
by Jagtersdok
Soos wat ek die manne hoor praat kan jy maar 'n Leupold met prestick ook vasplak, hy skiet mos altyd raak. ;)

Maar ernstig nou, my vriend het stel Swarovski quick release mounts op sy 416 met Leupold. Dit lyk of hulle nogals heel goed werk, maar hulle is redelik duur

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Sun Jul 18, 2010 9:03 pm
by Tim - Karoo
Is sy 416 ook 'n CZ 550?

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Sun Jul 18, 2010 10:20 pm
by Jagtersdok
Ek weet dit is CZ aksie, maar nie presies watter een nie. Sal hom mail en uitvind. Maar hoekom wil jy vir QR gaan? Hulle is nooit 100% op zero as jy hulle terug sit nie, syne weet ek het altyd so half duim variasie op 100m en hy reken dis goed aangesien hy nie ver met die geweer skiet nie. vir my aan die anderkant, hoe minder faktore jy het wat kan rondneuk hoe beter. Ek het op Leupold se revievs ook gaan lees want ek het dit ook oorweeg, en toe ek van die variasies lees het ek daar teen besluit.

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Mon Jul 19, 2010 1:38 pm
by Jeagermeister
Dagse Medeskieters...

Ek kan met groot vertoue EAW se QR mounts aanbeveel.. ek het hulle op my Sauer 200 30-06 / 6.5x57.. ek haal my scope af as ek hom vervoer in sy kas , gewoonlik saam met ander gewere.. ook as ek hom skoonmaak en in die kluis bere.. nog nooit 'n probleem gehad dat die zero skuif nie.

EAW se mounts gaan jou wel 'n paar Rande terugsit, maar jy kry waarvoor jy betaal!!

http://www.eaw.de/eaw/index_uk.php/item/295

Daar behoort vir die CZ550 'n oplossing te wees by EAW..

Groete en reguit skiet.

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Mon Jul 19, 2010 2:13 pm
by Raven
Ek gebruik Optilock Scope Mounts en is baie gelukkig met hulle.
Image

Optilock bied ook 'n "Quickmount Base" aan.

kyk hierna: http://www.tikka.fi/optilock_features.php

Groete Raven

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Wed Jul 21, 2010 8:14 am
by Piet Breedt
Raven, watter Swarovski het jy wat die parralax voor stel, maar wat die nuwe Ballistic Turret op het?

Re: Watter Scope mountings beveel julle aan vir CZ550 & VXII 2-7x33?

Posted: Wed Jul 21, 2010 11:51 am
by Raven
Piet,

Die Swarovski model is nie meer beskikbaar: Habicht AV 6-18x50 BT AO Plex
Paralax stel in yards & meter

http://www.sportoptics.com/swarovski-av-rifle-scope-6-18x50-bt-plex.aspx

Raven