Page 1 of 1

18000-20000 Skoot silincer

Posted: Mon Jan 14, 2013 12:40 pm
by MEERKAT
Image

Groetnis
MEERKAT

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Mon Jan 14, 2013 2:38 pm
by Wouter Roets
Hallo Meerkat

Kaliber? Vervaardiger? Ek sien daai tweede laaste baffle is lekker skeef. Neem aan dit het darem nie te baie gepla nie anders was hierdie post seker nie hier gewees nie!

Groetnis
Wouter

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:11 pm
by Danie Lombard .243
GIDS Meerkat


Ek het gedink dat 'n silencer veel meer ge carbon / aangepak is na soveel skote. Daar leer ek weer iets.

Insiggewende foto.

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:18 pm
by BLOK
Interresant om te sien hoeveel carbon is aangepak in die eerste baffle se agterkant by die geweer se kroon, dit is gin wonder die kroon vat soveel hamering nie. Wat ook interresant is dat die agterkante van die ander omtrent netsoveel aanpaksel het as die voorkante.

Net n vraag om by Wout aantesluit, het jy ooit die carbon probeer verwyder of is dit  al na soveel skote.

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:56 pm
by MEERKAT
Wouter
223 Geweertjie skiet 25.5gr 321 kruit vanaf 1988, 'n Burger man in die Suid Kaap het die silincers daardie tyd gebou, hy is 'n geruime tyd al oorlede, die geweer was baie stil, ons het altyd gepraat dat hoe langer met die geweer geskiet word hoe stiller het hy geword, seker maar verbeelding, ongelukkig nooit die dissibells gemeet nie.Die skewe baffle het ons ook maar eers gesien met oopsny nooit enigsins gepla.Die spesifieke silincer is heelwat stiller as die een wat ons nou opgesit het.
Danie
Ons was heel verbaas oor die hoeveelheid aanpaksel in die silincer en sou hom nooit oopgesny het as ons binne kon sien nie.
Blok
Nooit het ons enige carbon probeer verwyder nie, volgens die silincer bouers is dit onmoontlik om dit te verwyder. Met die oopsny het klein hoeveelheid carbon losgekom seker so half telepel vol.
Ons gaan verseker probeer met verskillende oplosmiddels of daar nie iets is wat die carbon wil sagmaak nie, miskien kan iemand met kennis van die tipe goed bietjie leiding gee.

Miskien moet silincers met verloop van tyd geweeg word wat moontlik 'n aanduiding sal gee van hoeveel carbon daar binne is, maar net 'n gedagte.

Groetnis
MEERKAT

Wil voorkom asof met die spesifieke kaliber moontlik heelwat meer skote geskiet kan word met so 'n tipe silincer,

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 7:49 am
by BLOK
MEERKAT wrote: Miskien moet silincers met verloop van tyd geweeg word wat moontlik 'n aanduiding sal gee van hoeveel carbon daar binne is, maar net 'n gedagte.

Nogal nie n sleg idee nie, wat skoonmaak betref weet ek van manne wat hom in die sonic cleaner gooi, verloor wel sy verf aan buitekant ook blykbaar, maar ek reken kan hom mos sommer self weer oorverf.

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 8:13 am
by andre007
Mo're manne

Om aan te sluit by die onderwerp, wat ek doen om die KD skoon te maak is om hom vol "brake system cleaner te spuit" party ouens gebruik ook "carb cleaner" Dit help egter nie om dit te lank te los voor jy dit doen nie.  Ek doen dit maar na elke 100 skote, ek maak maar die eenkant toe, spuit hom vol tot bo en laat staan vi so paar uur, spoel hom daarna deeglik uit en af met Acetone / Thinners en sit in die son om droog te word.

Ek se' nie dis die alfa en omega nie, maar werk vir my, werk sommer die beste as jy die proses volg as jy van die skietbaan kom en die KD is nog lekker warm.

Groete

Andre007

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 9:00 am
by Dawie D
Meerkat

Jou lading op daai geweer is 100% as n mens kyk na hoe min aanpaksels daar in die KD is, ek het n KD oopgesny wat van n geweer af kom met n kort loop en n verskriklike hoe lading is met hom geskiet en die aanpaksel in di KD was seker 3x meer as hierdie een.

Groete Dawie

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 9:13 am
by theedge
baie leersaam dankie

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 9:46 am
by MEERKAT
Dawie

Ek verbeel my om die kruit optimaal te gebruik in die 223 is 'n 19dm lopie nodig. Ek weet dat op my 222 50 (1x9 twist loop) praat die manne van 28dm om kruit reg te verbrand en optimaal te benut. Die hoeveelheid kruit  in silincer sal seker baie afhang van hoe goed kruit benut word agv looplengte.Sal graag van die kenners op die gebied bietjie meer wil hoor, iets waaroor daar nog nie gepraat is op forum.

Groetnis
MEERKAT

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:06 pm
by Dawie D
Meerkat

Ek weet  nie wat die loop lengtes moet weet nie maar jy slaan die spyker op die kop met jou optimale kruit verbruiking.

Dit sal interesant wees om te hoor wat die slim manne se, ek ken nie veel van hierdie tegniese goed af nie. Ek weet net my geweer het n twist in sy loop en so nou en dan "whap" hy ook nog. :o ;D ;D

Groete Dawie

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 2:27 pm
by BLOK
Dawie D wrote: Ek weet net my geweer het n twist in sy loop en so nou en dan "whap" hy ook nog. :o ;D ;D

Groete Dawie
Ek dink jy verwar die whap geluid met die klank wat die slagpen maak as hy release uit die vuil paste waarin hy vassit as hy gespan is en jy die sneller trek.  ;D ;D ;D ;D :-X

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 3:50 pm
by Dawie D
Ja Blok jou soort kan n mens ook maar net bad, mooi aantrek en dan by die huis los!!!

Daai "paste" is deel van die hulp middels wat ek gebruik om my geweer nog sagter (stiller) te laat skiet en as ek hom so vinnig oorhaal dan skiet hy immers nie van self nie ;) ;D ;D

Re: 18000-20000 Skoot silincer

Posted: Tue Jan 15, 2013 4:26 pm
by BLOK
Dawie D wrote: en as ek hom so vinnig oorhaal dan skiet hy immers nie van self nie ;) ;D ;D
Inteendeel, skiet hy sommer glad nie.  8) ;D ;D ;D