Page 1 of 1

Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 5:27 pm
by JPS
Kom nou net agter my splinter nuwe Ford DC se spaarwiel is gesteel. Hoop die een wat him gesteel het het hom bitter nodig, en mag hy maar ook sommer 'n meneer kramp in sy g@t kry >:(. Manne maak seker jy sit 'n slot op jou spaarwiel voor joune ook verdwyn, ek het voor dat ek die bakkie Gekry het nog myself Gemaan om die slot op te sit nadat my skoonpa sin van sy Toyota afgesteel was, het toe skoon vergeet en betaal nou maar die prys vir my vergeet agtigeid.

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 5:40 pm
by Frederik
Ek kan nie verstaan dat hulle nie standaard 'n slot meganisme op R400K bakkies kan opsit vir die spaarwiel nie.  :o

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 6:08 pm
by 1250bandit
My was ook gesteel. Sterkte om te vervang

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 6:39 pm
by HennieC
Ai tog
Dink net 4 spaar wiele is 1 nuwe stel bande met mags en goed vir 60000km
Al gemors van die slot is dat jy onder die voertuig moet inkruip om die slot a te haal.
Die Isuzu het 'n slot op waar die slinger moet in gaan.

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 6:50 pm
by wlm
Die slot het net 'n manier om vol so vol grond en roes te raak dat jy nie jou spaarwiel af kry nie. Sit maar 'n stuk wondergom oor die sleutelgat of ry 'n boltcutter saam.

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Sun Jan 13, 2013 9:33 pm
by Vasvat
Hulle het my toyota Dc s'n gesteel by Tygervallei so paar jaar terug, wou slim wees en trek deur die parkeer area om nie weer uit te reverse nie, grootste fout! Die D...... het agter my bakkie ingetrek en met boltcutter die ketting geknip. Ek wou mens "seermaak", gaan na die veiligheidswagte en kla, hy vertel my ek is nommer 26 vir die week, die manne is glo baie besig!
Willie

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Mon Jan 14, 2013 12:19 am
by JPS
Ja nee die Do.... maak lekker geld met die.

Ek sal ook nie verbaas wees as die sekeriteids beamptes ook kop in een mus is met die trawante nie....

Mooiloop
JP

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Mon Jan 14, 2013 7:09 am
by BRNO (Pierre)
wlm wrote: Die slot het net 'n manier om vol so vol grond en roes te raak dat jy nie jou spaarwiel af kry nie. Sit maar 'n stuk wondergom oor die sleutelgat of ry 'n boltcutter saam.
+1

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Mon Jan 14, 2013 7:45 am
by Gerhard
Ja,

Ek het ook al n spaar wiel so geskenk.

Maar stuk ketting en slot gekoop en so vas gesluit.

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:55 pm
by wlm
Bietjie van die topic af maar dit wys jou wat die sogenaamde karwagte of sekuriteitsmanne werd is. Net 'n gesofistikeerde manier van bedel.

Re: Sommer lekker die hel in!

Posted: Thu Jan 24, 2013 2:55 pm
by Dries Skiet
My D-tec sin ook gesteel, die slot het niks ge help nie, die is soos niks af gebreek en weg is my spaar wiel. R4000 se skade.  >:( >:( >:( >:(