Page 1 of 1

Nagsig toerusting

Posted: Sun Jan 13, 2013 3:11 pm
by bakoor
Hi, almal

Ek oorweeg om 'n Yukon night vision sentinel 2.5 x 50 scope en digital night vision range pal NTSC 5x42 verkyker aan te skaf vir daai skelm ligsku jakkalse.  Is daar iemand wat dit ken of iets soortgelyks gebruik.  Ek het geen ondervinding nie, weet ook nie of dit al bespreek is nie?

Asseblief, enige raad sal opreg waardeer word.

Groete
bakoor

Re: Nagsig toerusting

Posted: Sun Jan 13, 2013 7:06 pm
by mariusr
Bakoor ek het 'n minox nagsig is heel tevrede kyk baie goed in nag maar lyk my die is ook maar soos geweer teleskope jy kry goedkoop make wat nie so goed is nie?Maak net seker jy koop die nuutste generation 2 of 3 generation 1 is ou tegnologie die goed is net soos kameras raak verouderd ek sit vandag met my Nikon film kamera met lense ens maar kan niks met die ding doen vandag want alles is nou digitaal!
Groete

Re: Nagsig toerusting

Posted: Sun Jan 13, 2013 7:27 pm
by bakoor
Mariusr

Baie dankie vir jou terugvoer, ek waardeer dit.
Sal my huiswerk goed doen en weet nou ek moet die nuutste op die mark koop.

Groete
bakoor

Re: Nagsig toerusting

Posted: Mon Jan 14, 2013 9:54 am
by Henry 7
Kyk hoe hoog sit die scope as hy gemount is-as hy te hoog sit stel jy hom op 'n sekere afstand in en as 'n ding verder of nader is skiet jy maklik bo-oor of onderdeur.Soek een wat so laag as moontlik mount.

Re: Nagsig toerusting

Posted: Mon Jan 14, 2013 5:52 pm
by bakoor
Baie dankie, Henry 7, het nooit aan die hoogte ding gedink nie. Dit maak sin en sal nou sorg dat ek daarna kyk.

bakoor