Page 1 of 1
223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 5:22 am
by toelie
More manne
Ek skiet tans 55 gr vmax op my 223 met n tpl van 55.6mm en s321 kruit gelaai teen 24.5gr.
Ek het gister vir my n pakkie 40gr vmax gekoop en begin laai wat dink jul is die spoed wat ek sal haal en sal dit stabiliseer in my geweer dis n 20 duim loop met n 1 tot 10 twist
Dankie
Toelie
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 8:41 am
by tripodmvr
Stabilisasie probleme kom voor wanneer jy swaarder koeëls gebruik wat te lank word. My 1 : 10 Howa hou tot van 69gr koeëls.
Het nou bloot gaan kyk vir akkurate nodes vir jou 20dm loop vir die 40greiner - maak die TPL 55mm - dit sal genoeg van die koeëlskag in die nek plaas. Die 3 nodes wat bruikbaar lyk is 3130, 3310 en 3630vps. Laasgenoemde is by piekdruk en sal versigtig benader moet word. Veilig laai !!!!!
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 10:59 am
by toelie
Dankie my maat
Ek wil graag nie swaerder as 55 gr ooit skiet nie so ek wil juis ligter gaan hou van daai 40 gr vmax wat n jakkie so opblaas aan die binne kant ek beoog om so 3400 vps te skiet en nogsteeds akkuraat te wees hou baie van sy plat trajek gaan ek my loop lewe baie meer verminder met die 40gr punt teen 3400vps geskatte spoed as teenoor die 55gr punt teen 3100 vps??
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 11:53 am
by Beretta
Toelie
Ek skiet net 40 gr vmax 27.5 S121 3700 fps sonder enige probleme. Full size elke keer en elke 4 keer aneal ek my doppe. Dit is wat vir my werk
Beretta
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 12:42 pm
by toelie
Dagse beretta
Hoekom laai jy juis met s121 en nie met s321 nie of s335 nie wat is jou twist en loop lengte so om te full size maak nie so groot verskil op akkuraatheid as wat n gevuurvormde dop en n neck resizer maak nie het gedink daar sal seker nie so n groot verskil wees nie
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 12:52 pm
by Beretta
Toelie
SORRY groot fout s321.
Beretta
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 12:55 pm
by toelie
Beretta
wat is jou twist en loop lengte so om te full size maak nie so groot verskil op akkuraatheid as wat n gevuurvormde dop en n neck resizer maak nie het gedink daar sal seker nie so n groot verskil wees nie
Haha so gedink was n tik vout maar net gewonder eish
Re: 223 raad asb
Posted: Sun Jan 13, 2013 3:48 pm
by tripodmvr
Beretta & Toelie
Let daarop dat sy geweer 'n 20 duim loop het.
Baie mense propageer vir slegs neck size. Hul gewere skiet egter met fabrieks ammunisie reeds minder as 25mm op 100m. As jy vollengte jou dop terugvorm, kan jy die matrys stel dat hy slegs 1 duisendste van 'n duim die skouer terugdruk. Akkuraatheid behoort nog baie goed te wees.