Page 1 of 1

Dubbele Lisensie

Posted: Fri Jan 11, 2013 11:34 pm
by Adriaan Theron
Hallo almal

Ek het gehoor dat mens 'n geweer op twee mense se name kan kry d.w.s. twee mense het 'n lisensie vir dieselfde geweer. Is dit moontlik en wat moet mens doen om dit reg te kry? Sal die feit dat ek onlangs my EIE geweer gekry het dit moeiliker maak, omdat ek nou nie so seer met iemand 'n geweer hoef te deel nie of moet mens dit maar net goed motiveer? Ek wil graag my pa se .22 en .243 ook op my naam hê, dis nou as ek 'n lisensie vir die .22 kan kry, want sover ek dit het is dit maar 'n moeilike saak....

Baie dankie

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 12:11 am
by G-force
Julle moet altwee onder die selde dak woon en as een trek verval sy lisensie.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 12:15 am
by Beer (Christo)
G-force

Is jy 100% op die een. Ek was van plan om 'n tweede lisensie op my pa se geweer te neem sodat ek kan help met die herlaai werk. Ek het ook gedink dit sal dan makliker wees om die gewere op my naam te kry as ek dit eendag erf.

Groete

Christo

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 12:30 am
by G-force
Beer wrote: G-force

Is jy 100% op die een. Ek was van plan om 'n tweede lisensie op my pa se geweer te neem sodat ek kan help met die herlaai werk. Ek het ook gedink dit sal dan makliker wees om die gewere op my naam te kry as ek dit eendag erf.

Groete

Christo
Ongelukkig.
Sien Chapter 6:12.1
12 Additional licences
(1) The Registrar may issue an additional licence in respect of a firearm
contemplated in section 13, 14, 15 and 16 to every person who resides on the same premises as the holder of the licence in respect of the firearm in question.
(2) Every holder of an additional licence must comply with all the requirements for the issue of a licence in respect of the firearm in question.
(3) If the holder of an additional licence contemplated in subsection (1) moves from the premises in question, such additional licence lapses and the person to whom such licence was issued must return that licence to the Registrar forthwith.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 3:03 am
by Herman Venter
Ek het dit nou glad nie geweet nie! Dit ois nogal interessant! Maar hoe moeilik is dit om so een in die hande te kry?

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 9:36 am
by Nickvn
Ons het nou vir my seun n aansoek ingesit vir n tweede lisensie op die .270. Dit sal sy eerste lisensie wees. Ons sal nou sien hoe dit werk. Die DFO het gese sy het nog nooit met so n lisensie te doen gekry nie en weet nie of dit sal werk nie. Kom ons kyk hoe loop hy.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 1:49 pm
by Beer (Christo)
Dankie G-Force

Soveel vir daardie idee.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 6:15 pm
by Adriaan Theron
Krisis, dit maak die storie nou bietjie anders. Dit kan nog werk vir die jaar, ek is nou in my finale jaar op universiteit (hopelik).  Dis nou net net die jare daarna wat dit moeilik maak. Dankie vir die reghelp, anders het ek nou my tyd gaan staan en mors.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Sun Jan 13, 2013 10:22 pm
by G-force
Onthou net dat die ouvrou storie van n .22 nie waar is nie.Hy. Is net so maklik soos enige ander applikasie.Mooiloop.

Re: Dubbele Lisensie

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:56 am
by cassie_calvinia
wat presies beteken "the same premesis"?
selfde huis? selfde plaas? plaas is ook tog 'n premisis?