Page 1 of 1
Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:27 am
by Coenie (Swift)
Hi Manne,
Ek wil graag weet wat sal ernstige herlaaiers bereid wees om te betaal vir elektroniese skaal wat na honderste van 'n grein kan weeg?
Al die Hornady's, RCBS modelle en Lyman is net tot 'n tiende van grein akkuraat. Dit beteken dat as jy bv. 54gr uitmeet jy op 53.9 of op 54.1 kan wees.
Jy kan dan nie kla oor die standaard afwykings nie, want dit is binne die skaal se toleransie wat die vervaardiger spesifiseer.
"n skaal wat na 100 ste weeg sal dit bv. so wees 54gr uitgemeet = 53.98 of 54.02 wat dan maar vir jou 0.04gr afwyking sal gee teen oor 0.2gr
Natuurlik ernstige herlaaiers weet om alles so konstant as moontlik te kan hou gee beter resultate op die baan en groter selfvertroue in die veld.
Sal ook beter doppe en koëls kan klas.
Groete
Swift
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:32 am
by bullseye
More Swift
Watse skaal tipe of maak kan jy in die hande kry?
Groete
Bullseye.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:45 am
by Coenie (Swift)
Morê Bullseye,
Dit sal heel moontlik die Gempro 250 wees. Dit word vooraf in lab getoets en kom met toets sertifikaat en het dan ook 'n 30 jaar internasionale waarborg. Youtube het 'n paar demonstrasies oor hulle akkuraatheid en die Amerikaanse BR manne maak nou groot skuif na die skale omrede dit so akkuraat is en vinniger as balkie skale weeg.
Dit maak ook die skale skaars en die prys so R2800 - R3300 hier by ons. Ek reken dis net te sleg as jy al vir RCBS modelle R2000 -R2600 betaal en jy sit met groter afwykings en geen sertifikaat of 30 jaar waarborg. Sal eerder die R300 bysit en vir so iets gaan.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 9:59 am
by SV MAD (Henk)
Het jy enige foto's
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 10:09 am
by DawieKotze
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 10:49 am
by Coenie (Swift)
Dis dieselfde grootte as RCBS'se en Hornady. Kan ook met 9v battery werk. Word voorsien binne in plastiek "hardcase"
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 10:57 am
by cassie_calvinia
dit is als goed en wel. maar as jou sweet spot reg is(jump, lading ens) gaan .09gr feitlik geen efek he nie.(dalk vir die langafstand mense, ja) dink op 300m gaan jy nie eers springbok se kop mis nie.
dis hoe ek voel.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 11:08 am
by Coenie (Swift)
Cassie en Ludwig ek stem saam,
Daarom is hierdie meer vir die BR mense en ouens wat hou van akkuraatheid en konstantes en kleiner es verspreiding op ladings.
Vir myself wat nie elektroniese skaal het nie, sal ek oe toe knyp en die paar rand ekstra betaal vir so produk. Daar is natuurlik nog beter op die mark ook.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 11:16 am
by Jean Marais
Ludwig wrote:
Cassie, jy praat waar. Daar is menigte menigte ander faktore wat amper nooit na gekyk word nie, wat 'n baie groter invloed het as 0.1 of selfs 0.2gr se afwyking in ladings gewig. Selfs vir die langafstand skiet manne. Afwyking en ES, wat horizontal spread tot gevolg het, kan soveel as 80fps wees en groeperings van 1/2 MOA op 200m en korter sal steeds haalbaar wees. Dis slegs as jy 300m+ wil begin skiet wat ES 'n belangrike faktor word. En van al die faktore wat ES beinvloed, sal 'n 0.1gr afwyking in ladings gewig, die kleinste wees. Ek sien hopeloos te veel manne wat so bekommerd is oor 0.1gr se ladings gewig, maar nie eens konsepte soos ideal seating depth, jump na lande, dop vulling en volledige ontbranding onder die knie het, of oor worry nie. So tipe skaal is alles goed en wel vir die manne wat BR skiet of F-klas of in daai lyn, maar jou gemiddelde herlaaier wat oor 0.1gr ladings akuraatheid in ladings gewig bekommerd is, se fokus is op die verkeerde plek.
Dit bly 'n baie goeie skaal daardie, ek sien net nie 'n nodigheid vir daardie vlak van akuraatheid nie.
Ek stem met jou saam Ludwig. As ek met my balkie skaal uit 10 skote 'n klompie duplikaat lesings van die chrony kry is ek doodgelukkig, en solank die verkil tussen die vinnigste en stadigste spoed binne 30fps is, kan ek ook nie sien dat so 'n akkurate skaal werklik voordelig gaan wees nie.
Van duplikaat lesings gepraat... ek wonder of ladings met die skaal afgeweeg tot meer sulke lesings sal lei en die verskil in vinnigste en stadigste spoed laer sal wees?
Groete
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 11:27 am
by Jean Marais
Sien, daar bevestig jy dit. Miskien sal die skaal tyd spaar terwyl jy ladings afweeg, maar vir die koste van so 'n skaal, en die relatiewe klein voordeel wat dit bied, dink en steeds my balkieskaal werk bakgat.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 11:28 am
by cassie_calvinia
swift
ek was nou van jou onderwerp af.
dis net inligting wat jy wil deel, wat baie interesant is.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 11:49 am
by Coenie (Swift)
Manne geen probleem, ons leer mos almal hier bymekaar en wil skoolgeld vermy
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 11, 2013 1:09 pm
by bullseye
Swift
Dit is n goeie skaal en daai prys is goed en daai skaal sal enige dag n lyman dps3,rcbs of hornady skaal se gat skop as dit by akkuraatheid kom.die gempro gaan ook drift maarbaie minder en op n kleiner skaal, ek het reeds n goeie skaal anders sou ek vir die gempro gegaan het, daai skaal weeg letterlik n korrel kruit.
groete
Bullseye.
Re: Meer akkurater elektroniese skaal
Posted: Fri Jan 18, 2013 2:18 pm
by KDB
Wat my so bietjie pla is dat sulke akkurate meet instrumente in 'n sekere temperatuur gekalibreer word. Gewoonlik 20 grade Cel. Gaan jy nou moet 'n lugversorger ook moet aanskaf en die temperatuur meet voor jy kan begin laai. Die verskiet en skyfskiet manne sien seker daarvoor kans maar vir gewone jag doeleindes vind ek dit so bietjie extreme. Groetnis