Page 1 of 1

Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Fri Jan 11, 2013 8:28 am
by jgnel
Goeie dag manne,

Hierdie jaar wil ek graag een van daai groot menere skiet met die kuif! Ek gaan jag elke jaar by Jaco Wahl op Horison, en het my Kaapse Eland daar geskiet! Maar ek verstaan daar loop heelwat groot elande in die Outjo en Kamanjab omgewing.

Enige kontak nommers van jagplekke?

Groete
Johan

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Fri Jan 11, 2013 9:03 am
by DawieKotze
Kontak vir Truvelloman hier op die forum. Volgens hom skiet hulle baie groot elande op hulle konsessie naby Grootfontein. Daar is foto van hom hier erens met die rekord RW eland.

Verder sak Pieter Voster ook van Grootfontein seker ook kan help.

Groete

Dawie

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:42 am
by FHM
Johan pm my jou e-pos adres dan heg ek vir jou twee pryslyste van laasjaar aan - jy kan dan navraag doen oor 2013 se pryse.

Jy kan ook hier gaan loer - baie jag outfitters n in NAM adverteer hierso http://www.africahunting.com/hunting-di ... ng_namibia

Dan het ek ook al so verneem dat EDEN Jag Safaries hier in Nam groot elande het www.eden-wildlife.com/

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Sat Jan 12, 2013 11:53 pm
by Piet Pille
Jip, ek stem saam met FHM. Kontak vir Eden. Naude is die bestuurder en Ben van Wyk die PH. Die admin girl se naam is Adri. Ek ken almal baie goed en hulle is baie nice mense. Hulle gaan volgende jaar die jagregte 'n ander plaas (behalwe Eden self) ook he waar monster Elande loop en nie baie gejag is nie. Ek weet Eden jag hoofsaaklik met oorsese jagters, so ek weet nie hoe hulle pryse lyk  nie, maar ek waarborg jou hulle bedryf is baie netjies. Eden self is amper 30 000ha en die ander plaas is 9 000,almal sonder binnedrade of 'n enkele bees, skaap of donkie..
Sover ek weet is beide Ben en Naude nog op hierdie stadium by 'n jagskou in Amerika en sal eers oor 'n week of wat terug wees. Ek sal egter Adri se nommer vir jou kry- sy behoort al op kantoor te wees.
Daar is so paar ander opsies ook, maar die info le alles by my kantoor- ek stuur vir jou Maandag.

Groete
Piet Vorster

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Mon Jan 14, 2013 8:12 am
by Piet Pille
PM gestuur.

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 11:32 am
by Piet Pille
Kontak gerus ook vir Gys Jacobs - Gladstone safari's. Hy is tussen Otavi en Grootfontein. Baie wild.
Kyk onder "Jaggeleenthede; namibia". Hy't 'n advertensie daar

gladstone@iway.na

Groete

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:35 pm
by FHM
Pieter is dit waar ons daai kudu van my gaan jag die jaar...? ;)

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:57 pm
by foxripper
So lyk n Elandbul in die Grootfontein distrik (by soutklip) ... ;)

[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... 819753.jpg[/img]

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 1:21 pm
by FHM
foxripper wrote: So lyk n Elandbul in die Grootfontein distrik (by soutklip) ... ;)

[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... 819753.jpg[/img]
Nee man dit lyk dan soos n buffel...!!! :o :o :o
$#*()&$_$)(_en dan nog *&#%$^@&!!!!!!!!!
Ek gaan nog een jaar vir my so meneer beter leer ken... :P

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 1:46 pm
by Piet Pille
Dis een van die opsies FHM.........

Kyk jy solank jou kalender deur vir 'n datum... :laugh:

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Wed Jan 16, 2013 6:45 pm
by Piet Pille
FHM wrote: Pieter is dit waar ons daai kudu van my gaan jag die jaar...? ;)
FHM- miskien so enetjie?? ;)
Image

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Thu Jan 17, 2013 8:19 am
by FHM
Ai wees my genadig! :o Fookit daai is n stel horings mater - eina my hart!
Wanneer het julle hom gekry - laasjaar?

Jy weet Pieter - eintlik is ek nie so erg n 'horing-man' nie (stadig nou.. 8)) alhoewel ek nie sal omgee om n paar fotos van so bul in my versameling te he nie!!! Ek is mos maar n vleis-jag ou, so n 1.5 tot 2 draai bul is maar die oukies wat ek gewoonlik groet. Daai jong bulle se vleis is maar net prima. ;) Maar moet my nie verkeerd verstaan nie...as so meneer in my oor kom fluister sal ek maar moet 'hallo' se ;D

Miskien moet ons vasmaak vir n naweek verkieslik vroeggerig in Mei, dan ry ek en Cor (as hy wil/kan) op daar na jou toe n Vrydagoggend - jag Saterdag en kom Sondagoggend terug? Dan kan ons sommer terselftertyd die Gems en Springbok jagtery (wat ons teen daai tyd al lankal moet vasgemaak het) se finale planne bespreek.

Hoe se jy?

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Thu Jan 17, 2013 8:31 am
by Cor Jacobs
Pieter Vorster wrote: FHM- miskien so enetjie?? ;)
[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... f62dd5.jpg[/img]
Pieter,

Ek is so bly dat jy die Koedoe beolking daar by Oom Fanna se getalle in beheer hou.. ;) Ai, waaar is die dae toe ek naweke daar by my pos kon deurbring... :-\

Sal moet plan sien!!

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Thu Jan 17, 2013 12:03 pm
by Piet Pille
Dit was Maartmaand laasjaar. Was nie 'n opregte jag nie- die oom het vleis gesoek en nadat ons hom van die bakkie gewaar het, het ek hom gekry na 'n kort bekruip.

Die koedoes hier in die noorde van Namibie het kwaai pak gekry met die hondsdolheid laasjaar. Van die boere reken ten minste 60-75% van die bevolking het gevrek. Die plaas waar ek die koedoe hierbo geskiet het, het alleen 93 dooie koedoes laasjaar gekry wat gevrek het!! Van die boere reken oor die 100 by party plase. Dis hartverskeurend, maar die natuur speel nie as hy getalle beheer nie, hy maak ordentlik skoon!

@Cor- ek sal maar vir jou die padkaart Gfnt toe pos- jou stoel in die boom wag!

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Thu Jan 17, 2013 1:01 pm
by FHM
Maak my regtig jaloers as n man nie gaan jag nie maar net n vleisie soek en op sulke bulle afkom...!!! ;)

Ou Pieter, jy moet maar die opgestopte mielieland-kudu gereed kry as ek opkom - as ons nou nie n bulletjie kry vir my nie dan kan jy my maar n skoot gee op die mielie-land koedoe ten minste.... ;D

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Thu Jan 17, 2013 2:41 pm
by Piet Pille
;D ;D ;D
Los daai mielieland Koedoes.... Dis kroonwild!!! en jy mag hulle elk geval mos net met 'n geleende geweer skiet.. ;)

daai Mei trip klink reg- het vir jou mail gestuur.

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Mon Feb 04, 2013 3:43 pm
by foxripper
Ons gaan so 6 monsters uitskiet die winter.
PM my vir meer inligting.

18°53'5.48"S
18°44'31.92"E

Re: Elandjagplek gesoek in Noorde van Namibia

Posted: Mon Mar 04, 2013 6:49 pm
by Bwana Barry
Hi. Nou pas aangesluit. Koop Magnum (Maart) en kyk na jaggeleenthede. Ver om te ry, maar moeite werd. Post jag asb.