Skape vrek by honderde
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:25 pm
Die naweek bel my oom my pa en vra vir raad, want 40 van sy ooie lê dood. Wel soos ons dit ken is daar grootliks 3 goed wat skaap so op n ry laar vrek en dit is, suurpens, opblaas van lusern en ek dink rooiderm. Veearts het gejaag en skape ondersoek, maar kon net nie agterkom wat die dood veroorsaak nie, so het my paook gery om te gaan help en later die aand lê daar toe nog paar ooie vrek.
In totaal tot vandag, 3 dae later, is daar nou al meer as 200 ooie vrek en ook beeste. Nou met my pa gepraat en hul het uitgevind wat dit veroorsaak het.
My oom het lusern gemaal wat hy saam met ander voer vir skaap en bees gevoer het, maar in een van die bale het hulle n skilpad gebaal, wat daar gevrek het en al die dood veroorsaak het. Volgens die veearts raak so skilpad, slang, meerkat of rot uiters giftig onder die hoë druk in die lusern baal. Die gif is ook van so aard dat dit deur die dampe versprei na die ander bale.
My oom het groot skade en van die skaap en bees kan nogsteeds vrek. Die gif veroorsaak lamsiek en dan vrek die skaap en bees daarvan. Hulle het behandeling nou gekry, maar vir sommige bees en skaap kan dit te laat wees.
Ek sal graag wil hoor of iemand meer weet van hierdie gif en vergiftiging, die eerste wat ek daarvan hoor.
Groete
Dani