Page 1 of 1
.22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:15 pm
by Gerhardu
Kan enige iemand my help asb en op watse afstande skiet hy,spoed ens?
Dankie Gerhardu
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:22 pm
by tripodmvr
Gebruik die search funksie regs bo en die' Hornet is al baie bespreek.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:27 pm
by Gerhardu
Dankie

Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:44 pm
by Gerhard
Laat weet wat jy beplan om telaai.
Ek help waar ek kan.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:51 pm
by Gerhardu
Sal so dra ek bietjie inligting kry.Ek ken nie die Hornet so goed nie of glad nie!
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 3:54 pm
by Gerhard
gerhardu wrote:
Sal so dra ek bietjie inligting kry.Ek ken nie die Hornet so goed nie of glad nie!
Baie lekker en onderskatte kaliber
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 4:41 pm
by Gerhardu
Hulle se hy skiet akuraat en dood.Dit was maar n inpulsiewe kopie!

Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 5:08 pm
by bex
Dis is n baie lekker geweertjie. Ek het 2 springbokke met myne geskiet die afgelope seisoen . Ek het 35gr GSC koels gebruik teen ongeveer 2800 fps as ek reg onthou.
Ek beperk my skote maar tot so 130m waar ek nog gemaklik voel met hom. Dit is eintlik my kort afstand geweer vir daai bok wat in my kom vasloop.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 8:23 pm
by Koos Barnard
Gerhardu
In kort kom dit daarop neer dat die Hornet 'n kortafstand-kaliber is vir klein bokkies en goed soos meerkatte. Dit skiet 'n 45gr koeël teen 2700vps maar dis Amerikaanse statistiek daardie. Met ons kruit (S265) kry jy moeilik meer as 2550vps met 45gr koeëls. as jy egter monometaalkoeëls laai soos die 35gr GSC kan die Hornet met goeie vrug op springbokke gebruik word tot op ongeveer 120m (130 soos hier gemeld is). Ek het baie springbokke met myne geskiet, maar dis op kortafstand, tot en met 100m. Myne het ek gelaai met Speer se 45gr koeëltjie teen so 2450vps (my geweer het 'n 21-duim loop). Tans laai ek Hornady 35gr V-Max en hulle kan lekker vinnig hardloop in die Hornet maar is nie geskik vir springbokke nie. Ons is maar altyd konserwatief as ons sulke klein kalibers aanbeveel vir wild. Alhoewel die Hornet springbokke met goeie skootplasing kan dood, is dit nie 'n springbokkaliber nie. Wat lekker is, is dat koeëls goedkoop is, jy lekker baie ladings uit een blik kruit kry en dat doppe (as hulle beskikbaar is) ook nie te veel kos nie. 'n Lekker kaliber om mee te speel om jou oog in te hou. Ek is reeds vanaf 1984 nie sonder 'n Hornet nie.
Mooi loop
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 8:42 pm
by Gerhardu
Dankie Koos,wardeer.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:19 pm
by Skaaphaas
Koos Barnard wrote:

Koos, wat dink jy van die idee van oistoolslagdoppe te gebruik om die S265 so bietjie vinniger te laat ontbrand?
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Wed Jan 09, 2013 12:40 am
by Francois Marais
Skaaphaas
wat dink jy van die idee van oistoolslagdoppe te gebruik om die S265 so bietjie vinniger te laat ontbrand?
Is n pistool slagdoppie dan "sterker" as n geweer slagdoppie??
Mooi loop
Francois
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:09 am
by Koos Barnard
Skaaphaas
Pistoolslagdoppe laat nie S265 vinniger ontbrand nie, hul "vlammetjie" is flouer en die snelheid is laer. In my geweer gee dit 25 tot 40vps stadiger snelhede en akkuraatheid is maar dieselfde as met Small Rifle maar party mense kry blykbaar wel beter akkuraatheid met pistoolslagdoppe. Die lading en dopvolume is so klein dat jy nie eintlik vinniger ontbranding nodig het of wil hê nie. Ek kry uitstekende akkuraatheid met die 35gr V-Max koeëls en 10.5gr S265. Sommige mense verkies om meer te laai, tot 11.5gr met dieselfde koeël.
Mooi loop
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:12 am
by Gerhard
Ek het bitter baie jakkalse met die Hornet geskiet.
Ek het my Hornet later na n K Hornet toe laat kamer en kry 2750fps met PMP se 45gr SP.
Dit is n dodelike kombinasie op jakkals tot en met 150m.
Ek het ook n paar blesbokke om gedop met die KHornet.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Wed Jan 09, 2013 12:46 pm
by Hein M.
Gerhard wrote:
Ek het bitter baie jakkalse met die Hornet geskiet.
Ek het my Hornet later na n K Hornet toe laat kamer en kry 2750fps met PMP se 45gr SP.
Dit is n dodelike kombinasie op jakkals tot en met 150m.
Ek het ook n paar blesbokke om gedop met die KHornet.
Iets waarna jy beslis moet kyk is die lengte van die koeëls. Sommige koeëls is te lank om mee te herlaai - en dit voer dan ook nie uit die magasyn nie. PMP se 45gr. koeëls was goed geprys en net die regte lengte, maar dit word nie meer vervaardig nie.
Hein M
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Wed Jan 09, 2013 12:57 pm
by Gerhard
Hein M. wrote:
Iets waarna jy beslis moet kyk is die lengte van die koeëls. Sommige koeëls is te lank om mee te herlaai - en dit voer dan ook nie uit die magasyn nie. PMP se 45gr. koeëls was goed geprys en net die regte lengte, maar dit word nie meer vervaardig nie.
Hein M
Korrek,
Kyk dat daar op die pakkie Hornet staan.
Die normale 224's is te lank vir die Hornet.
Sierra maak vir die Hornet.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Fri Jan 11, 2013 8:06 am
by Skaaphaas
Dankie Koos. Ek het gehoor die pistoolslagdoppies brand warmer, maar ek glo jou eerder as jy sê dit is nie so nie.
Ek laai gewone .224 koeëls, Sierra SP 45gr in myne met 10gr S265, en akkuraatheid is nou onder 'n duim op 100m. Maar ek het die koeëls saam met die geweer gekry en weet nie of mens dit nog kry nie. Hulle is redelik lank.
Ek het toe Sierra se 45gr Varmint Hornet koeëls gekoop. Baie korter met 'n skerper ogief, maar ek kry hulle glad nie om te groepeer nie.
Sal dalk maar afskuif na die 35gr koeëls toe en kyk wat kan ek daar regkry.
Re: .22 Hornet Ladings
Posted: Fri Jan 11, 2013 8:21 am
by Eugene
My Hornet skiet pragtig met Sierra se 40gr "hornet" koeels met 10,5gr S265. Spoed is so om en by 2750ft/s en 5 skoot groepering is omtrent almal in dieselfde gat op 100m.
Ek het ook baie goeie resultate met 35gr GSC koeels behaal, maar dink S265 is dalk bietjie stadig vir die beste resultate.