Page 1 of 1
6mm Musgrave Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 12:57 pm
by Alvar
Middag manne
Ek is in die proses om 'n 6mm Musgrave te bekom en ek het gedink om die 85gr Barnes X TSX te skiet. Het enige iemand vir my raad oor ladings en spoed wat ek kan min of meer kan verwag met die geweer?
Die geweer is op die Lee Enfiled aksie gebou.
Dankie
Alvar
Re: 6mm Musgrave Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 1:05 pm
by Jean Marais
Hallo Alvar
Ek het nog net 'n maat van my gehelp met ladings op sy geweer met dieselfde aksie as joune. Al wat ek jou kan sĂȘ is sterkte. Ons het oneindige probleme ervaar met "case head separation" en kon nie meer as 3 ladings per dop kry nie, selfs met minimum ladings. dis maar 'n algemen probleem van die Enfield aksies.
Hier is die skakel na die draad:
http://jaracal.com/index.php/topic,1038 ... #msg137620 tesame met moontlikhede hoe om van jou probleme te oorkom.
Sterkte
Jean
Re: 6mm Musgrave Ladings
Posted: Tue Jan 08, 2013 1:11 pm
by tripodmvr
Alvar wrote:
Middag manne
Ek is in die proses om 'n 6mm Musgrave te bekom en ek het gedink om die 85gr Barnes X TSX te skiet. Het enige iemand vir my raad oor ladings en spoed wat ek kan min of meer kan verwag met die geweer?
Die geweer is op die Lee Enfiled aksie gebou.
Dankie
Alvar
Jy behoort gemaklik 3000vps te kry en dit is voldoende vir goeie werkverrigting.
Kopspasie kan 'n probleem wees so laat dit nagaan voor jy begin skiet.
Re: 6mm Musgrave Ladings
Posted: Fri Jul 18, 2014 8:44 pm
by FrancoisBotha32
Die Lee Enfield se kamer het n probleem. My lamer het n probleem gehad en hulle het hom regemaak. Die kamer was te lank gewees en dit net veroorsaak dat mens we dop agter rek en breek. Na die verbetering is my doppe beter en kon groepeering uitwerk. Met gameking sierra 85gr het ek op 36.1 landing gekom. Maar ek skiet tans met 90gr lapua. Ek get op 36.2 lading gekom met n groepeering van 25 mm op 200m. TPL is baie belangrik en doplengte. Wand van nek en kamer en primer gatjie. Sterkte en hoop jy kom reg.