Page 1 of 1
Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Tue Jan 08, 2013 8:35 am
by Cor Jacobs
Goeie more aan al die jagters,
Ek en Piet Vorster was verlede jaar so gelukkig om saam Springbok te jag op Hartebeestloop hier in Namibia. Ons het nie net n baie goeie jagervaring ( 31 Ramme en 1 Ooi), gehad nie, maar dit was ook n besondere lekker plaas om op te jag. Ongelukkig is dieselfde plaas nie hierdie jaar oop vir jag nie, en soos julle almal weet moet n mens maar vroegtydig begin soek na alternatiewe.
So ek doen n beroep op my mede lede indien julle enige kontaknommers het van Springbokjagplase, om my asseblief te laat weet. Op ons jag menu is net Springbok en Gemsbok. Ons is glad nie vol fiemies as dit kom by blyplek nie. Ons verkies om ons eie kos op die vuur te maak. n Warm stort en n spoel toilet is altyd welkom.
Laat weet maar as julle enige iemand ken wie ek kan kontak.
By voor baat dank,
Cor
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Tue Jan 08, 2013 9:48 am
by FHM
Cor, ek en Piet Vorster gesels nogal gereeld - onder andere oor n jag saam die jaar ook. Ek wil daar in sy wereld n kudu gaan jag die jaar.
Ek het n vriend vir Gems en Springbok jag in Gochas se wereld - dis m@oer-wyd maar dis n lieflike plaas - in die Nam-Kalahari. Daar is 2 x jagbungalows met grasdakke (warm showers / ablusie fasiliteite) en n braai lapa / bungalow affere so 8 km van die plaashuis af, dus bly die jagters op hule eie en nie tussen die eienaar en sy familie nie. Gesels met Pieter en dan kontak julle my as julle belangstel - dan kan ek pryse kry en ons n ding uitwerk met die datums - Pieter het my mobile nommer. As dinge reg uitwerk, kan ons 4 (ek vat n pel saam) dalk die jaar Gochas se wereld toe gaan vir so paar dae.

Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:04 am
by Cor Jacobs
Francois,
Baie dankie. Dis regtig gaaf van jou. Ek sien jy bly ook op Langstand, ons bly dus in die selfde buurt, moet maar een of ander tyd n bier drink..
Ja nee, om saam met Pieter Vorster te jag is n besondere ervaring. Ek hoop ons kry iets gereel. Hy is nog op vakansie en spandeer seker nie nou tyd op die net nie, maar ek verstaan hy begin weer Maandag werk. Ek wil maar net vroegtydig begin reel, want as jy weer sien is die winter op ons.
Hopelik kry ons iets uitgewerk, groete, Cor
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:26 am
by FHM
Wil jy vir my se ons is 2 Langstranders hierso op Jaracal - klein wereld!
Ek en Pieter beplan ook om van die Jaracal manne te gaan ontmoet as hulle almal afkom vir die Jaracal St Nowhere visvang nou in Februarie. So gesels gerus met die man en dan kan julle my kontak - dalk kan ons oor n naweek erens bymekaarkom en dan die dinge vasmaak - ek en jy ry sommer op na hom toe as hy nie kan afkom nie. Soos jy se - ons sal die jag redelik vinnig moet vasmaak anders moet ons in n ry loop staan vir plek en dis nie een van my sterk punte nie.
Laat weet my
Groete
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Tue Jan 08, 2013 1:55 pm
by Swys14
vriend van my se pa net buite Karasburg kan ook help, pm my as jy hul kontak details soek.
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Wed Jan 09, 2013 8:57 am
by hendrikm
Hi Cor,
Ek wou nounet voorstel dat jy kyk op Facebook na die groep Jag Buddies maar dit lyk my jy is klaar op dit, ek sien die manne van Namibia adverteer nogals op die groep.
Groete.
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:01 am
by Cor Jacobs
dankie Hendrik,
Ek soek maar so veel as moontlikke opsies, soos Francois tereg noem, om in n ry te staan is ook nie een van my sterk punte nie. Dis soveel maklikker as ek dit nou al vasmaak, as om eers te begin soek teen Mei maand.
Weereens dankie,
Groete,
Cor
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Wed Jan 09, 2013 11:37 am
by frinam
Middag Cor, pm my, dan stuur ek vir jou al ons jagdetail. Duitswes groete-Frinam
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Wed Jan 09, 2013 11:48 am
by FHM
frinam wrote:
Middag Cor, pm my, dan stuur ek vir jou al ons jagdetail. Duitswes groete-Frinam
Frinam pm dit vir my ook asb
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Wed Jan 09, 2013 2:32 pm
by jgnel
Frinam, email detail na
maureen2009@iway.na asb - Dankie
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Sat Jan 12, 2013 4:41 pm
by Piet Pille
Daarsy Cor/FHM,
Dis hoe ek daarvan hou- eks nog op vakansie en julle manne reel solank my volgende ene!!
Moenie dat ek julle spoed breek nie- doet zo voort!!
Re: Springbokjagplek gesoek in Namibia
Posted: Mon Jan 14, 2013 2:10 pm
by Cor Jacobs
dag almal,
dankie aan almal wat my ge pm het en ook hier reply het. Ongelukkig het ek nog nie reggekom nie, maar ek glo ek sal binnekort plek kry.
So, moenie skaam wees om nog name en kontaknommers te deel nie
Baie dankie,
Groete,
Cor