Page 1 of 1
Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 2:44 pm
by jak101
Goeie middag
Kan julle my moontlik help om te kies tussen die volgende scopes waarmee ek 90% slegs jakkalse in die nag sal skiet?
1) Swarofski Habicht 8x56
2) Swarofski Z3 4-12 x 50
3) Zeiss Diavari 3 - 12 x 56
4) Zeiss Conquest 4,5 - 14 x 50
5) Zeiss Duralyt 3 -12 x 50
6) Smidt & Bender 8 x 56
Dit sal op 'n Sako .243 gepas word. Daar is seker nog ander teleskope ook. Die idee is om die beste teleskoop vir tussen R8000 en R13000 te koop.
Baie dankie
Angus
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:02 pm
by Danie Lombard .243
Schmidt und Bender 8X56 en Swarofski 8X56 As jy 'n Zeis 8X56 genoem het sou dit my keuse gewees het.
Jy sal sien dat jy selde in die nag ooit verder as 300 meter gaan skiet. Ek kan op twee hande skote wat ek ver anderkant 300m in die nag geskiet het. Meeste skote is tussen 150m en 250m. 8X vergroting is presies die scope wat mens nodig het vir nag jag. Ek jag 15 jaar lank al in die nag. Niks kom by 'n 8X56 vir nag skiet nie. Die tiepe vergorting gee jou 'n exit pupil light beam van 7mm en dit is net wat jy wil he.
Khales Heila 8X56 is ook 'n baie goeie keuse. Lynx 8X56 staan nie terug vir een van die ander tiepe scopes nie. Net jammer dit word nie meer gemaak nie.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:27 pm
by James Wilson
Jak, ek wil amper vir jou se enige van die scopes sal werk, maar ek stem met Danie saam dat jy die 8x56 voorkeur moet kry as jy so baie nagskiet gaan doen. Vra vir Danie hy moet jou verduidelik hoekom die 8x56 so goed werk vir nagskiet., hy vertsaan scopes.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:52 pm
by jak101
Danie, James
Baie dankie vir die hulp. Danie, so jy sal aanbeveel ek moet bietjie rondsoek vir die Zeis? Jou tweede keuse - Swarofski of S & B? Ek skiet met die 2.5 - 10 x 56 Lynx op die .223. Dit voel vir my dat hy net net nie so duidelik is verder as 200m nie. Het nou die 243 aangeskaf en soek nou teleskoop.
Groete
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 5:07 pm
by Danie Lombard .243
jak 101
As nag skiet jou voorkeur gaan wees met die .243 sal enige goeie gehalte 8X56 die beste keuse wees. Selfs vir normale dag jag doen die 8X56 ook sy ding baie goed. Ek sal net nie 'n 8X krag scope vir iemand voorstel wat ook komp skietbaan skiet doen nie. Vir dit is die 8X net te klein.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Jan 07, 2013 9:46 pm
by Sam Kelbrick
Ek reken dat die Schimidt & Bender 8 x 56 nie sommer sy gelyke in die nag het nie. Die prys is ook nie te buitensporig nie (R7,000 tot R11,000).
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Jan 08, 2013 6:09 am
by Henry 7
Ek stem saam Sam-maar ek het myne afgehaal oor sy dik kruishaar-hy's wonderlik veral in swak lig maar vir ver skote in die nag is sy kruishaar net te dik.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Jan 08, 2013 5:25 pm
by jak101
Dankie. Ek gaan solank rondkrap vir die beste pryse.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Jan 08, 2013 7:06 pm
by cassie_calvinia
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Jan 08, 2013 9:59 pm
by Sam Kelbrick
Henry 7 wrote:
Ek stem saam Sam-maar ek het myne afgehaal oor sy dik kruishaar-hy's wonderlik veral in swak lig maar vir ver skote in die nag is sy kruishaar net te dik.
Henry
Watter nommer kruishaar het jy? Ek neem aan dit is di A4? Ek vind dat die A7 se kruishaar baie lekker werk.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 8:51 am
by jak101
Wil net noem ek het toe 'n Swarofski Habicht 3-12 x 50 in die hande gekry(BAIE DANKIE aan Taffie vir jou hulp) en ek is BAIE tevrede. Ek kan nou sien hoekom die Swarofski so hoog aangeskryf word. Hopelik sal ek nog baie jakke met hom kan laat bakkie ry.
Angus
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:48 am
by Kalahari
Jak101 (Angus)
Jy het 'n baie lekker scope daar

Geniet hom en mag daar baie jakkies val onder sy kruis

, want by my was dit net die sprinbokke en gemsbokke en darem 'n rooikat of 2 wat gesneuwel het.
Geluk met die scope.
Dankie Taffie.
ns: Angus, sorry as ek verkeerd is oor die scope.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 12:14 pm
by cassie_calvinia
jak
jy sal nie spyt wees nie.
svarovski is baas
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 1:28 pm
by jak101
Kalahari
Jy het daai scope mooi opgepas, hy het regtig nie 'n merkie op nie. Ek moet vir jou dankie se.Ek het gisteraand vir die eerste keer met hom uitgegaan, maar moes vroeg huis toe a.g.v die wind wat net erger geword het. Gaan binnekort weer probeer, miskien kan sy eerste jakkals nog hierdie week lift kry.
Groete
Cassie
Dankie man, ek is ook nogal seker ek sal nie spyt wees nie.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 3:22 pm
by Kalahari
Dit is 'n helse plesier Angus, ek is bly iets wat ek goed na omgesien het kan iemand anders se hart bly maak. Mag die kruis sommer gou en elke keer sekuur vassuig

Jy moet asb vir ons daardie eerste vlekkie saam met jou roer en die "nuwe" scope kom wys met 'n foto.
Groete
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Tue Mar 19, 2013 5:40 pm
by Koos Barnard
Dagsê
Ek kan miskien net noem dat Swarovski nie meer die 8x56 maak nie. Dis deesdae net tweedehandse scopes wat in die mark beskikbaar is. Geniet julle Swarovskis, ek hoop om myne te gebruik tot ek my roere eendag moet neerlê.
Mooi loop
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Wed Mar 20, 2013 6:12 am
by Henry 7
Koos
Is daar 'n spesifieke rede hoekom hulle nie meer 8x56's maak nie?
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Wed Mar 20, 2013 3:41 pm
by Henry 7
Sam
Daai scope was in die einde 90's op 'n special by die Kruitvat vir R3300 as ek reg onthou en ek het hom toe deur die pos bestel-het nie sy boks meer nie so ek weet nie wat sy kruishaar se nommer is nie.Ek het nou oorgegaan na 'n Swarovski 2.5x15x56 vir jakkalse in die nag net vir ver skote waar jy net ogies het en die S&B se kruishaar te dik is.Daar is nie veel verskil in die kwaliteit nie en ek dink in swak lig is die S&B baas maar miskien is dit net oor ek hom so gewoond is.Ek skiet net met 1 geweer so is net aan daai scope gewoond.
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Sun Apr 21, 2013 6:36 pm
by jak101
Kalahari
Ai man, ek het nog nie 'n jakkals raakgeloop nie, maar het verlede week darem 4 katte kon raakry en oplaai. Ek is regtig impressed met die scope.
Groete
angus
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Sun Apr 21, 2013 9:17 pm
by Kalahari
Naand Angus
Mooi man, dit is sommer goeie nuus! Ek is bly daar het iets geval voor die swart worsie en dat jy vrede is. Ek weet hier is ander manne wat ook baie vrede is met Swarovski's, maar ek vir een sal seker nooit weer (alhoewel nooit 'n baie lang tyd is) 'n ander scope koop nie, ten spyte van die prys.
Ek kon darem ook 2 rooikatwyfies oor so 3 weke afmerk, alhoewel nie met die roer nie, maar my "manne" op patrollie bring hul kant
Groete en ek hoop die eerste jakkals is nie vêer nie.
Johan
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Sun Apr 21, 2013 10:23 pm
by tafjak
Kalahari
Dankie vir die teleskoop en kon ek dit aan Angus oorhandig net soos ek dit ontvang het. Ou Angus moes maar tevrede wees anders het ek dit gehou en moet ek met hom saamstem, dair eteleskoop was in onverbeterlike toestand op gepas!
Geniet julle Swarovski's, dit is beter jag teleskope(by ve^rre) as NightForce. Hierdie naweek was die geleentheid om deur NightForce, Swarovski(PH) Habicht en Z5 5-18x52 te loer en te skiet. No second places! only third and lower places.
Mooiloop
Re: Watter een van hierdie scopes vir nagjag?
Posted: Mon Apr 22, 2013 10:22 pm
by Kalahari
Hallo Taffie
Alles my plesier! Ek het vir myself gesê ek sal nooit daardie scope verkoop nie, maar oppas sal ek dit doen............. en nou ja, die scope is toe verkoop op die einde maar darem om die regte rede en die nuwe eienaar kan net soveel genot en goeie diens uit hom kry as ek.
Groete
Johan