Page 1 of 1

Watse teleskoop vir 357 handwapen

Posted: Mon Jan 07, 2013 12:42 pm
by Doppies
Dag aan almal

Het onlangs n 357 Taurus aangeskaf en wil dit gebruik om mee te jag en teiken skiet. Enige raad of voorstelle asb vir n betroubare en nie te duur teleskoop. Waar sal ek ook die beste pryse kry vir so n teleskoop.

Groete

Re: Watse teleskoop vir 357 handwapen

Posted: Mon Jan 07, 2013 12:52 pm
by tripodmvr
Burris maak 'n 2-7x32 wat ek al deur geloer het. Helder beeld net soos die 3-9 wat ek op my 375 het.Prys was R3 300 by ons plaaslike geweerwinkel. Gaan loer op hul webtuiste.

Re: Watse teleskoop vir 357 handwapen

Posted: Mon Jan 07, 2013 1:28 pm
by DWB
Ek weet nou nie of ons van dieselfde een praat nie, maar ek het die Burris 2-7x35 en het R1750 by SJ vir hom betaal.

Kontak SJ op die forum

Re: Watse teleskoop vir 357 handwapen

Posted: Thu Jan 10, 2013 3:02 pm
by tripodmvr
DWB wrote: Ek weet nou nie of ons van dieselfde een praat nie, maar ek het die Burris 2-7x35 en het R1750 by SJ vir hom betaal.

Kontak SJ op die forum
Baie moontlik - het geraai dit is 32mm objektief.

Re: Watse teleskoop vir 357 handwapen

Posted: Sun Jan 13, 2013 8:15 am
by Doppies
Dankie manne vir jul bydrae dit geem my n idee waarna om te kyk.

Groete