Page 1 of 2

TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 7:40 am
by Frikkie Coetzee
Manne

Ek het vroer opgemerk in die een van die posts dat ek n poll wil doen om te sien wie het al watter probleme met teleskope ondervind en hoe die probleem opgelos was.

Selfs n Rolls Royce kan breek en is ek daarom geintreseerd in hoe die verskaffer die probleem hanteer het.

As een brand meer probleme gee as n ander, gaan hy hier uitstaan. Om dit akkuraat te hou, bly asb by jou eie ondervindinge, nie jou pel se stories nie.

Sit asb in jou post die teleskoop se maak model, vergroting, die probleem en die oplossing uiteen asb. ( Byvoorbeeld: Leupold VX1, 3-9x40, kruisdraad gebreek, verskaffer vervang)

Net vir die rekord, ek is Leupold fan, ongeag die resultaat.

Frikkie

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 7:57 am
by VdWalt
Klink goed, maar as jy nie weet hoeveel van elke maak daar is nie gaan dit
nie vir jou n regte antwoord gee nie. 
Maak een het 5000 verkoop oor hulle goedkoper is en maak 2 het net
duisend verkoop.  Nou op die poll se maak een ouens hulle het 5 foute
gehad en maak 2 hulle het 1 fout gehad.
As jy nie weet wat die verhouding is nie gaan nommer 1 baie slegter
lyk al is die % tussen die 2 die selfde.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 8:31 am
by Geno
Leupold Vari-x 3. 3.5-10x50.
Na om en by 5,000 skote op my .308 (bakkiegeweer), het die erector los gekom.
Teruggestuur na Leupold in Amerika,  en die scope is kosteloos reggemaak, ten volle gediens,en teruggestuur. Great diens!

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 8:38 am
by PWV
Frikkie

Die volgende storie:
Op 23/04/2012 vervang ek my Nikon Monarch 3-12x42 SF M BDC met 'n Nikon Monarch 5-20x44 SF M NP.  Laasgenoemde werk aanvanklik uitstekend, maar skielik kry ek geen groepering meer nie.  Ek sit die ou teleskoop terug en daar is die groepering weer 100%.  Op 28/05/2012 neem ek die teleskoop terug na S&O en praat met Willem.  Wys hom die teikens.
Willem het nie twee keer na die resultate gekyk nie en dadelik die defektiewe Nikon vervang. 
Ek noem dit puik diens en dit wek vertroue om in die toekoms weer by hulle te koop.
Gebruik sedertdien die 'nuwe' 5-20x44 sonder enige probleme.

Soos jy meld, kry 'n mens in enige fabrikaat 'n "dud". 
Hou ook van 'n Leupold, maar dit is net in 'n klas waar ek nie kan bykom nie.

Groetnis
Pieter W.V.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 8:44 am
by mariusr
Manne ek het Leupolds en burris op my gewere nog nooit probleem gehad maar my Nikon rangefinder het na drie jaar nie konstant begin range was pro staff 440 Nikon het my 'n splinter nuwe prostaff 550 gegee sonder enige koste! Baie dankbaar!

Groete

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 8:58 am
by Jacquesb
Manne, ek reik nog net die goedkoper kant van die spektrum.
Ek het 'n 3-9x40 Lynx. Al 'n paar jaar oud.
Ek gaan nie vertel hoe die kruishaar gebreek het nie, maar dit was totaal my skuld!
Ek het dit deur 'n handelaar in Pretoria na Lynx to gestuur vir 'n kwotasie. Na 'n week kry ek die teleskoop terug, herstel en gediens, met geen rekening!
Ek was beindruk!

Soos ek op die forum lees, moet ek eerlikwaar se dat ek moeilik gaan kies aan die fabrikaat van my volgende teleskoop. Dis tussen Nikon, Lynx, Burris.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 10:02 am
by James Wilson
Mtc optics, het njaar terug nognie diemvermoe gehad om plaaslik hul scopes te herstel nie. Het baie goeie diens van die scope gekry, maar die scope het gebreuk wat my skild was. Maar  MTC wou die scope Engeland toe stuur vir n kwotasie en herstel. Het. Dit maar gelos.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 10:31 am
by Frikkie Coetzee
Sorry Boys

El het iets nie aan gedink nie,  wat van die ouens wat geen probleme het nie. Ek gaan nog n opsie bysit vir die ouens met geen probleme nie.

Frikkie

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 10:31 am
by mariusr
Manne
Ek moet die storie vertel en ek glo dat baie my nie sal glo maar dis die reine waarheid! My swaer is een van daai ouens wat altyd will weet hoe werk goeters en alles self reg maak baie handige man!Hy het 'n ou standard 303 met Hakko scope op die loop het ook al beter dae gesien!Jare terug breek die Hakko se haarnaald hy maak toe die scope oop en vervang die met 'n pantyhose rekkie ja julle lees reg wat die skoner geslag dra!Stel toe die geweer in en bravo goeie groepering hy skiet nog steeds met die panty scope en het laas jaar 2 blesbokke geskiet by die 200 meter!Ek weet nie of ek moet lag of huil nie?!

Groete

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 12:04 pm
by Johan JvR
Swarovski Habicht 4-16x50

Kruisdrade het binne buis gedraai, sodat hulle nie meer met stelknoppe opgelyn het nie.

Kosteloos reggemaak (deur whylo gereel), ek moes egter vervoerkoste na Oostenryk en terug dra (R1899) omdat die teleskoop nie in Suid-Afrika gekoop was nie.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 12:18 pm
by douw
mariusr wrote: Manne
Ek moet die storie vertel en ek glo dat baie my nie sal glo maar dis die reine waarheid! My swaer is een van daai ouens wat altyd will weet hoe werk goeters en alles self reg maak baie handige man!Hy het 'n ou standard 303 met Hakko scope op die loop het ook al beter dae gesien!Jare terug breek die Hakko se haarnaald hy maak toe die scope oop en vervang die met 'n pantyhose rekkie ja julle lees reg wat die skoner geslag dra!Stel toe die geweer in en bravo goeie groepering hy skiet nog steeds met die panty scope en het laas jaar 2 blesbokke geskiet by die 200 meter!Ek weet nie of ek moet lag of huil nie?!

Groete
Mens sal dink 'n panty scope het 'n heel ander doel!! HAHAHA  (hoekom han ek nie meer "smileys" insit nie)

Groetnis
Douw

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS

Posted: Sun Jan 06, 2013 7:27 pm
by Hein M.
mariusr wrote: Manne
Ek moet die storie vertel en ek glo dat baie my nie sal glo maar dis die reine waarheid! My swaer is een van daai ouens wat altyd will weet hoe werk goeters en alles self reg maak baie handige man!Hy het 'n ou standard 303 met Hakko scope op die loop het ook al beter dae gesien!Jare terug breek die Hakko se haarnaald hy maak toe die scope oop en vervang die met 'n pantyhose rekkie ja julle lees reg wat die skoner geslag dra!Stel toe die geweer in en bravo goeie groepering hy skiet nog steeds met die panty scope en het laas jaar 2 blesbokke geskiet by die 200 meter!Ek weet nie of ek moet lag of huil nie?!

Groete
:laugh:

Laat weet vir Goose van hierdie ding.  Dit sal hom opgewonde maak :angel:

Hein M

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Sun Feb 24, 2013 10:25 pm
by Frikkie Coetzee
Die enigst teleskoop waarmee niemand probleme gahad het nie was Burris.

Interresant.

Ek dink ek gaan een probeer...

Frikkie

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 6:44 am
by THOMAST
In 1987 het ek 'n Leupold 10x vaste vergroting (Vari-X1 -dink nie daar was so groot verskeidenheid modelle in daai dae nie) op my 7mm Rem Mag gehad. Een dag op die skietbaan, na 'n skoot, is alles vaag. Skielik is die grassies hier op 10m skerp in fokus. Kap die geweer kolf op die tafel, en teiken is weer in fokus. Baie onsteld (dit is mos 'n leupold!) bel ek daai aand die manne (in Oregon as ek reg onthou) en praat met 'n dame. Sy luister na my storie en antwoord "Well honey, send it right on down to us.." Dink nie geografie was haar sterkpunt gewees nie..
Teleskoop is deur 'n plaaslike handelaar weggestuur en 2 maande later het ek hom terug ontvang, kosteloos herstel (moes net vir die versending soontoe betaal vanaf handelaar). Hy het nog vir jare daarna mooi gewerk, totdat ek 'n "variable" opgesit het.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 8:13 am
by PWV
VdWalt wrote:Klink goed, maar as jy nie weet hoeveel van elke maak daar is nie gaan dit
nie vir jou n regte antwoord gee nie. 
Maak een het 5000 verkoop oor hulle goedkoper is en maak 2 het net
duisend verkoop.  Nou op die poll se maak een ouens hulle het 5 foute
gehad en maak 2 hulle het 1 fout gehad.
As jy nie weet wat die verhouding is nie gaan nommer 1 baie slegter
lyk al is die % tussen die 2 die selfde.

Gromit

Ek stem saam met vdWalt dat hierdie nie 'n baie wetenskaplike ondersoek is nie. Ek het nie 'n Burris nie en daarom het ek nog nooit moeilikheid met 'n Burris gehad nie.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 8:25 am
by NEGE3
Ek het nog steeds 'n Tasco 4x40 wat ek in 1982 gekoop het. Het van geweer tot geweer geswerf en is die laaste 10 jaar op my Diana nr.2 windbuks. Nog nooit moeilikheid gehad nie. Gebruik Lynx 6-24x40 op my 270 en 223. Geen probleme gehad nie. Gebruik Leupoldt op my ander roere sonder enige probleme. As 'n teleskoop nie reg gemonteer word nie sal die duurste en beste ook nie lank hou nie.
Groetnis.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 9:03 am
by JohanvB
Rudolph scopes gee duidelik nie probleme nie...hulle is nie eens op die "poll" nie...ma myne werk great!

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 11:30 am
by Pitbull
NIKKO STERLING, moes elke keer die ding weer oor "zero" Op die baan groepeer hy mooi net tot hy bietjie in die kluis gelaap het. Gaan weer baan toe dan moet ek hom weer "zero" nog nooit gestamp of laat val nie. Het nou net 'n paar Vortex scopes wat mooi werk. Kan nie kommentaar lewer oor die ander nie.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 11:57 am
by Danie Lombard .243
Na aanleiding van Marius se storie oor die Hakko kruishaar wat gebreek het, jare terug toe geld baie skaars was het ek 'n Phantom 4X40 scope op my .270 Win gehad. Die kruishare het gebreek met die werk en stamp van plaas gebruik. Ek het nie kontant gehad om te spandeer aan 'n nuwe scope nie. Die phantom moes reg. My ry perd ou Lockit se maan hare moes die job doen. Ek het twee mooi maanhare gepluk wat vir my met die oog gelyk het of dit gaan werk. Die maanhare is toe met supper glue gespan en geplak styf aan die metaal ring waar die ou kruishare vas was. Die maanhaar kruis draad het erg duk deur die 4x vergroting scope vertoon. Dit het gewerk en het vir maande gesorg dat die jakke intoom gehou kom word tydens die lammer ooi tyd.
Boer maak 'n plan.

Toe ek 'n geldjie gespaar het kon ek my eerste Tasco 3-9X40 koop. SJOE! Daai 9x vergroting was darem vir my iets besonders gewees. Dit het gevoel of ek die beste van die beste op die geweer het. En die verdompde ding wou nie sy zero behou nie. As ek terug dink waar mens begin in jou lewe, dit was maar sleg maar mens moet aangaan en aanhou en vorentoe.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 12:22 pm
by NicoSmit
Ek het 'n Tasco 4x40 scope op my 3006 gesit toe ek hom somewhere in die vroee tagtigs gekoop het en het hom eers laas jaar vervang met 'n Nikon 3-9X40 bdc wat ek vir my verjaarsdag gekry het .Hy het geen probleme gegee nie as dit nie vir my oë was wat nie meer so mooi wil fokus nie sou hy nog dertig jaar op die geweer gewees het Hy is nou op my Hatsan winbuks en het goed gewerk tot die laaitie hom van die skiet bankie afgestamp het nou sukkel ek my gat af om hom weer ingestel te kry. Ek is vol hoop dat hy weer ingestel kan word ek sien niks fout met sy crosshairs net 'n paar merkies op die buite kant en hier en daar so snot strepie van my laaitie toe ek hom met die kolf bygekom het .(darem nie so erg nie)

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 12:44 pm
by NEGE3
Dis nogal snaaks dat ek meeste vd Japanese tegnologie elke dag gebruik maar as dit by gewere kom is ek baie skepties.
Groetnis.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 4:26 pm
by Frikkie Coetzee
Mense

Die idee was nooit om een maak teen n ander op te speel nie. Ek is n Leupold man. Tans kyk ek na of n Burris of n Vortex.

Ek aanvaar daar is niks wetenskaplik aan die poll nie.Wat vir my van belang is is hoe jy behandel word na jou scope gebreek het.Dit is ook vir my interresant om te sien watter teleskope die ouens meeste op reageer. Leupold is omtrent bo aan die lys en dit is maar moeilik vir my om te sluk weens my liefde vir die brand. Tog sien mens sekere patrone.

Ek het nie Rudolf opgesit nie want ek het nie aan hom gedink toe ek die post begin het nie.

Frikkie

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 4:41 pm
by NEGE3
Dink nie jy kan verkeerd gaan met een vd 2 nie. EK dink die beste prys sal wen @ die einde vd dag.
Groetnis en lekker shop.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 5:06 pm
by tripodmvr
Het my 243 met 'n RAM teleskoop op gekry as pakket. Scope het homself gestel as ek na jagplek gery het en dan die geweer baie hoog laat skiet. Hom vervang met Tasco en later 2de handse Leupold wat nou nog op is.

'n Lynx 2-7x32 is deur 'n geweersmid as verdag beskryf na my 303 nie wou groepeer. Hom afgehaal en na Lynx gestuur wat hom kosteloos gediens het en as sonder fout teruggestuur het. Doen nou diens op my 30-06 en sovêr baie goed gedoen.

Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER

Posted: Mon Feb 25, 2013 5:40 pm
by NEGE3
Gromit wrote:Mense

Die idee was nooit om een maak teen n ander op te speel nie. Ek is n Leupold man. Tans kyk ek na of n Burris of n Vortex.

Ek aanvaar daar is niks wetenskaplik aan die poll nie.Wat vir my van belang is is hoe jy behandel word na jou scope gebreek het.Dit is ook vir my interresant om te sien watter teleskope die ouens meeste op reageer. Leupold is omtrent bo aan die lys en dit is maar moeilik vir my om te sluk weens my liefde vir die brand. Tog sien mens sekere patrone.

Ek het nie Rudolf opgesit nie want ek het nie aan hom gedink toe ek die post begin het nie.

Frikkie
Die doel waarvoor jy die teleskoop in die meerderheid van gevalle gaan aanwend speel ook 'n rol. Gaan jy vlakte, bos of papierskiet. Kan nogal 'n verskil aan die prys ook maak. Groetnis.