Page 1 of 2
Burris Scope
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:43 pm
by FE
Hi Manne,
Wil nie spoke of iets op jaag nie, maar wil net laat weet dat die kruishare van my 4.5-14 x 42 het gedraai. Die geweer is nie gestamp of enige iets snaaks meer gedoen of behandel nie. Ek het nog met die geweer geskiet en die volgende oomblik is die kruis na regs gedraai.
Het die verskaffer geskakel en nogal tot verbaasing was hulle redelik vriendelik daaroor, en gese sodra hulle voorraad het sal hulle hom om ruil.
Ek weet nie of nog iemand al so iets oorgekom het nie?
Groete,
FE
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:43 pm
by Silent Hunting
Myne is nog mooi. Bly om te hoor van die diens wat wag sou iets verkeerd gaan.
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:58 pm
by Monrique (SJ)
Edmund
Wie is die verskaffer wat nou ewe skielik vriendelik voorkom?
Groetnis
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:57 pm
by Andre CZ
Hi FE
Jy se nie watter model nie maar my E1 4.5 x14 x42 het dieselfde gedoen op die 375H&H VLT het egter sonder probleme die scope teruggevat en ek het toe die M Tac 4.5x14 x42 laat opsit wat ook baie duideliker is as die E1 het nog die E1 6.5x20x50 op my 25-06 en na so 1000 skote nog nie n probleem nie
Groete Andre
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 03, 2013 10:20 pm
by FE
Hi Andre,
Dit is die E1. Ek het hom self 'n jaar gehad voor hy met die tricks gekom het. Is die M Tac baie duurder en was hulle bereid dat jy die ander een vat? Ek glo nie die 308 skop soveel soos jou 375 nie, maar as ek een keer 'n probleem gehad het met 'n produk dan is ek maar so bietjie versigtig om 'n tweede keer dieselfde fout te maak.
Sj, moenie worry ek het nie die scope by jou gekry nie. Jy is mos altyd vriendelik.

Ek het die scope ook by Vlt gekoop, en regtig nie die antwoord verwag nie. Ek was bang hier kom weer 'n groot onplesierigheid.
Groete,
FE
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 9:11 am
by savage(P Coetzer)
Met sulke naverkoop diens sal ek enige tyd weer n Burris aanskaf.
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 9:29 am
by johan
Goedkoop is duurkoop.....
Betaal eenmaal en koop n ordentlikke duurder produk om lewenslank te hou.
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 10:41 am
by JACQUES BOTHA
Johan
Jy praat waar, maar ongelukkig is daar nie n produk wat lewenslank hou nie.
Ten minste nie scope nie. Enige een kan breek die duurste en die goedkoopste dis ongelukkig die waarheid.
Groetnis
Jacques Botha
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 11:03 am
by Andre CZ
Hi FE
Die MTac was so R1500 duurder maar het ook die 30mm buis en die Mil-Dot kruishaar is blykbaar baie sterker as die Ballistic Plex van die E1 wat soos ek verstaan op n ronde glasie ge-ets word en dit dan die glasie is wat los kom en draai, en dit was ook oom J se voorstel om liewer die M Tac op die 375 te sit en ek het net die verskil inbetaal sonder enige probleme
Soos Savage ook se met sulke naverkoop diens sal ek weer n Burris koop die E1 op my 25-06 het ek gaan kyk staan nou op 1280 skote en ek het hom ingestel op 100m en 200m gemerk en nog nie weer gestel nie
Wat nog n groot + is ,is dat ek nie 5min sonder n scope was nie die meeste ander ouens stuur die goed weg vir herstel
Groete
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 1:04 pm
by Monrique (SJ)
FE
Ek weet jy het hom nie by my gekoop, maar bly jy kon vinnig gehelp word. Ongelukkig kan niks gewaarborg word nie, en soms kom sulke gevalle voor.
Johan
Ek stem saam met Jacques, in alle make teleskope was daar al probleme en iets wat gebreek of gefaal het.
Groetnis
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 1:27 pm
by johan
Ai manne,ek het dit nie teen Burris nie...maar wel teen die "el cheapo" telleskope in enige naam.
Tot Zeiss maak n goedkoop reeks,dan praat ek nie eers van gogos soos "Night Eaters" ens nie.
As jy onder R4k-R5k betaal vir enige telleskoop is die moontlikheid sterk dat jy later weer sal wil opgradeer.
Slaan maar, my vel is dik....
Mnr Botha....u behoort te weet dat die "cheapies" teen n meer gereelde frekwensie die gees gee

Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 2:53 pm
by Louis Kriel
Daars niks fout met Burris nie. Die ff2 asook Nikon se Monarch reeks en ook Vortex Vipers word almal in die Filipyne gemaak. Die regte gemors word meesal in China gemaak. Soos Pentax gameseeker en daai nighteaters. Maar vra ook maar vir Willem hoeveel STUKKENDE leopolds le by hulle.
Re: Burris Scope
Posted: Fri Jan 04, 2013 4:43 pm
by Herman Venter
My burris maak baie mooi en ek is baie gelukkig met hom, dag of nag! En glo sodra daar iets fout kom sal my verskaffer

dit sommer vinnig sal uitsorteer!
Groete
Herman
Re: Burris Scope
Posted: Sat Jan 05, 2013 7:31 pm
by mariusr
Manne ek dink nie ons moet die jong jagters afskrik van middel klas teleskope nie nie almal het K12-K20 vir 'n teleskoop nie!Leupold se goedkoop reeks het ook lewenslanke waarborg so die kwaliteit is ook daar hulle sal defnitief nie hul reputasie prys gee vir swak kwaliteit!Duur is nie altyd beter daar is fabrikate wat beter pryse kan gee want hulle weet om koste besparings te doen deur beter beplanning ens!So die gesegte se "shop around for the best deals"
Groete
Re: Burris Scope
Posted: Sun Jan 06, 2013 7:09 am
by Frikkie Coetzee
Manne
Ek is lus om n post te begin om te hoor wie het al watter probleme met watter brand en model teleskoop gehad. Ek dink dit sal interresant wees. Ek kry baie nonsens om die jagvuur by die een wat se buddy se buddy se brand Y gebreek het en as jy nie brand X koop nie gaan jy niks raak skiet nie.... julle ken die storie.
Ek dink dit sall interresant wees.
Frikkie
Re: Burris Scope
Posted: Mon Jan 07, 2013 9:20 pm
by Piet Breedt
Johan, dit ly maar lekker om die manne se bekke stil te skiet met sommige "cheapies"
Re: Burris Scope
Posted: Mon Jan 07, 2013 9:34 pm
by Sam Kelbrick
Piet Breedt wrote:
Johan, dit ly maar lekker om die manne se bekke stil te skiet met sommige "cheapies"
Piet
Die probleem is dat jy meeste manne met 'n ou peep sight ook sal klop!
Groete
Re: Burris Scope
Posted: Tue Jan 08, 2013 7:05 am
by Frikkie Coetzee
Piet
As jy so goed skiet met n cheapie, dink hoe goed dou jy skiet met n goeie teleskoop
Ernstig gou, goeie toerusting is nooit n plaasvervanger vir vermoe nie, maar jou toerusting moet jou ook nie in die steek laat nie.
Frikkie
Re: Burris Scope
Posted: Wed Jan 09, 2013 5:22 pm
by FE
Ek het toe maar ge upgrade met die scope, want hulle het nie voorraad van wat ek gehad het nie en weet ook nie wanneer dit kom nie. En die skiet kompitisies le om die draai. Wil nie jou geld terug gee nie, wat dalk verstaanbaar is. Maar moet se hulle goeie diens was maar net van korte duur. Die een ou norsgat waarmee ek oor die foon gepraat het, verwys my toe na 'n ander man wat my moet help. Eerste keer in die winkel maar verseker nie eens vergelykbaar met Safari of Zimbi of selfs Kloppers in Bloemfontein nie, uiters deurmekaar en ongeorden. Was 'n gespook om die regte prys vir die regte scope te kry, geen korting al het hulle nie voorraad nie. Hy het my scope skeef op gesit, en toe betaal tyd.
As jy nie kontant of elektronies oorplasing maak nie betaal jy sommer R500 meer op die scope.

Verdomp belaglik. Waar behalwe by hulle word jy gestraf omdat jy met 'n kaart wil betaal? Wie dra in elkgeval deesdae 'n klomp kontant rond? Verseker nie 'n lekker plek om inkopies te doen nie.
Hoop en vertrou maar die M Tac hou die rondte, maar kon amper van die staanspoor af maar bietjie gewag het en dalk 'n bekende maak gekoop het vir die pryse en die moeite wat die ding my nou gekos het.
Groete,
FE
Re: Burris Scope
Posted: Wed Jan 09, 2013 5:38 pm
by Silent Hunting
FE,
Sover ek weet, is dit teen die wet om ekstra te vra as jy met 'n kaart betaal. My vrou se dokter doen die selfde. Na 'n paar woorde mag ek nou met die kaart betaal.
Henk
Re: Burris Scope
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:01 pm
by Monrique (SJ)
Edmund
Ai maat, dis n jammerte dat jy sulke diens moes ontvang. Hoop die MTac maak op daarvoor in die kompetisies!
As jy die scope nou lekker deur sy passies gesit het, kom vertel hoe jy dit dan vind asb.
Groetnis
Re: Burris Scope
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:52 pm
by VdWalt
Silent Hunting wrote:
FE,
Sover ek weet, is dit teen die wet om ekstra te vra as jy met 'n kaart betaal. My vrou se dokter doen die selfde. Na 'n paar woorde mag ek nou met die kaart betaal.
Henk
Hulle vra nie meer nie, hulle gee net afslag vir kontant.
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 10, 2013 8:10 am
by BLOK
Silent Hunting wrote:
FE,
Sover ek weet, is dit teen die wet om ekstra te vra as jy met 'n kaart betaal. My vrou se dokter doen die selfde. Na 'n paar woorde mag ek nou met die kaart betaal.
Henk
VDW help jou mooi reg daar onthou kontant kan hulle netso gebruik en weer hul verskaffers mee betaal, sodra die geld deer n speedpoint gaan hef die bank kostes op die speedpoint transaksie, asook bank kostes en dan afhangende as watse form die besagheid bestuur word betaal hulle die ontvanger op geld ontvang in die bank en nie fisiese omset nie.
Maak daai som oor n jaar tydperk en jy sal sien dit is die moeite werd om afslag op kontant te gee.
Niks teen die wet daarmee nie.
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 10, 2013 11:17 am
by Frikkie Coetzee
lok
2 beginsels hier.
The price you see is the price you pay.
Meeste besighede is wel bereid om jou kontant afslag te gee oor die rede wat jy noem. Eintlik moet hulle dit bank ( ja reg) en dan is daar weer kostes aan en natuurlik n belasting implikasie. Baie verskaffers vat nie kontant nie en as jy hulle kontant betaal ( direk in hulle rekening) skuif hulle die bank se "cash handeling fee" deur na jou toe. Dit nou al baie gesien en baie oor baklei. Ek reken dit is ook teen die "Consumer Protection Act".
Meeste mense wat cash vat sit daai geld in hul gatsak en is daarom bereid om oor die korting te onderhandel.
Dink hieraan:
Item kos R2000 BTW ingesliut.
As hy die item verkoop met kaart dan lyk die som min of meer so:
Prys R2000
BTW R245.61
Kaart fooi R 100 ( dit wissel)
inkomste belastingbelasting R 463.23 ( moeilike som Ek het dit gevat op 28 %)
BESTEEBARE INKOMSTE R1191.16
Dan wonder mense hoekom kan mens nie geld maak met n 20 persent "mark up" nie.
Ek neem nie in ag die koste van die produk nie, want as die ou dit verkoop en die kontant in sy gatsak druk moet hy dit uit ander verkope vervang. Selfde met salarisse
Die punt is die ou wat bietjie hot cash wil he wat nie deur die boeke gaan nie, se kontant is sowat 40% meer werd vir hom as n kaart transaksie
( en as die ontvanger uitving, dan het jy .........)
Frikkie
Re: Burris Scope
Posted: Thu Jan 10, 2013 11:32 am
by VdWalt
Gromit wrote:
The price you see is the price you pay.
Hoekom? Ek vra altyd of ek afslag kry vir kontant - orals. Ek kan nou nie presies onthou waar nie maar erns
op die forum het ek dink Doc gesê mens kan ook by S&O met kontant oor die pryse praat.
En hoekom moet hulle die geld bank? As hulle n VAT faktuur uitmaak en reg deur die boeke sit maak dit mos nie
saak of die geld gebruik word om lone te betaal of gebank word nie. Hulle sny net die bank se kostes uit.