Page 1 of 2

Trailcam by teelgate

Posted: Mon Jul 12, 2010 7:06 pm
by Roelo
My buurman het vars spore en beendere by gate in n oop plat vlak gekry.Dink julle daar sal al kleintjies wees? Wat ek wil doen is om die hele spul op trailcam vastele maar ek het n paar vrae.Ek is bang as ek n paal 40ft daarvandaan moet inslaan gaan ek hulle weg jaag EN wat moet ek doen om weekliks die memory kaart te gaan ruil dat die klomp nie trek met al die gewoel daar nie.Die rede hoekom ek hulle wil afneem is om vastestel wanneer hulle kom voer en watter tyd die kleintjies uit kom, hoe laat ens,as ook wie wanneer kom kuier.


Ek luister graag wat julle se

Dankie Roelo

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Jul 12, 2010 7:59 pm
by KSV
Roelo,

Die een behoort nogal interesant te wees.

Kalahari Groete
Hein

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Jul 12, 2010 8:19 pm
by Boertjie
Dit sal ook baie leersaam wees, hou ons asb op hoogte. Jy kan vir ons ook van die fotos opsit.

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Jul 12, 2010 8:21 pm
by Kruger
Roelo
Dit sal baie interessant wees om die uitslag te sien van die ene. Ek het self 'n trailcam wat ek al vir etlike jare gebruik en kon tot die hede nie 'n enkele jakkals afneem nie. Daai wolfgevreetjie is bietjie oulik en voordat hy afgeneem kan word, sien/ruik/gewaar hy die kamera en vat 'n ander pad. Ek glo alle areas se jakkalse is nie ewe skelm nie, so daarmee bedoel ek nie dat niemand 'n jakkals kan afneem met 'n trailcam nie.
Indien jou jakkalse se gedrag is soos die hier in my area sou ek voorspel dat hulle gaan skuif met die kleintjies sodra jy daar was om die kamera op te stel. Laat weet wat gebeur.

Groete
KL

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Sep 05, 2010 11:04 pm
by Francois Marais
Roelo

Al die trailcam ding gedoen?????

Mooi loop
Francois

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Wed Sep 08, 2010 9:12 am
by Chris101
Roelo

Die kanse is 99% dat hulle die nes gaan skuif as jy daai paal inslaan.
hou ons op hoogte

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Wed Sep 08, 2010 9:39 am
by Mac
Chris,

Om dit reg te doen, plaas jy die paal en kamera in 'n paar maande voor teel seisoen sodat hulle dit gewoond raak, (Mens weet mos waar al die teelgate op jou plaas is) na 'n week of twee raak hulle dit gewoond, en die kamera kan anyway heelwat maande daar bly. Die een seisoen se fotos en die tye van beweeging sal heelwat inligting verskaf.

Dink nou net as jy genoeg geld gehad het om by al die moontlikke gate 'n kamera te sit.

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Wed Sep 08, 2010 8:05 pm
by Chris101
Mac

Volgens Reolo is daar klaar tekens die kleintjies daar is.
Ek sou dit dam like om by alle ou neste kameras op te sit voor die tyd.
Probeer hulle egter vroeer uithaal.

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Wed Sep 08, 2010 8:19 pm
by Geno
In plaas van paal inslaan, hoekom bou jy nie 'n voetstuk met bv 'n spoorstaaf in 'n kruis gesweis nie?

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Wed Sep 08, 2010 8:48 pm
by Roelo
Naand manne

Ja ek het toe nadat ons die eerste gesprekke oor die gate ding gevoer het besluit om nie daar n kamera op te sit nie
was te bang hulle trek
Die paal inslaan het my toe laat twyfel maar ek sien hier kom nou goeie idees uit vir volgende jaar

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sat Sep 11, 2010 4:06 pm
by Chris101
Roelo

Jy kan nou daai gate dophou hulle behoort so binne die volgende 2 weke te skuif na volgende gat
agv. blouluis wat hulle aanval as dit kan laat weet asb. waneer hulle skuif en hoever.
Hulle behoort in rigting van water te skuif .
Die inligting wat jy vir ons sal deurgee word HOOG op prys gestel.

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Sep 13, 2010 12:21 pm
by Caller
Roelo

Wil ook net beaam.

AS JY ENIGSINS BY DIE GATE KARRING, GAAN HULLE SKUIF.

Gaan maar net eenvoudig tewerk soos jy op kursusse geleer word om teelgate te hanteer. Moet nie eens probeer om kanse te waag by teelgate nie.

Caller 

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Oct 24, 2010 2:57 pm
by Francois Marais
Manne

Hier is die bewys dat n trailcam by die gate kan werk.....

Image
Image

Mooi loop
Francois

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Oct 24, 2010 3:04 pm
by Boertjie
Francios
Spaar jy hulle vir OTA?
Dit is baie goeie fotos.

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Oct 24, 2010 3:08 pm
by Francois Marais
Boertjie

Wens dit was my fotos, maar het by n ander site geleen.

Mooi loop
Francois

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Oct 24, 2010 10:56 pm
by Izak H
Naand manne
Ek moet net die opmerking met julle deel, ek het vir my wederhelf die foto`s van die kleintjies gewys. Toe s? sy " ag shame hulle is nog so klein en onskuldig, hulle weet nog nie wat se k.....k hulle gaan aanjaag as hulle groot is nie!"
Izak H 

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Oct 25, 2010 8:04 am
by Freek
Aitsa! Die wonder van tegnologie... 8)

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Oct 25, 2010 1:28 pm
by Stefan764
Smaak my hierie trailcam het die potensiaal om in die hande van die regte ouens TOG slimmer as die jakkies te word...

Groete

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sat Mar 05, 2011 5:54 pm
by Boertjie
Was daar toe enige sukses met die trailcam by die gate?

Boertjie

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Sun Mar 06, 2011 8:38 pm
by Roelo
Boertjie

kon nie sukses kry nie sal dit anders benader volgende keer en laat weet

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Mar 07, 2011 2:55 pm
by Niel Viljoen
Roelo

Man ja ek het self gewonder hoe dit toe gegaan het met die trailcam by jou teelgate.
Manne ja dit is goed om n jakkals in die nag te flous met n roepapparaat, en selfs om hom in die dag te uit oor le met n dagroep, ook goed om hom te flous met n goeie slagyster, maar om vir jakkie op sy voorstoep te gaan kuier.....dit is n perd van n ander kleur .Rooijakkals is uiters sensetief as dit by sy teelgate kom, veral die ouer tewe, dit kos letterlik net die minimale om haar van stoep te verander. En dit doen sy baie gou ook , letterlik binne minute!

Ek het vir n baie lang tyd teelgate gefotografeer met n gewone kamera.
[img width=560 height=420]http://i1028.photobucket.com/albums/y35 ... ies108.jpg[/img]
Die nadele is: jy het n baie goeie kamera en lens nodig,jy kan nie vir jou n wegkruipplek maak en dink jy gaan dit elke dag gebruik nie, winderigtings bly verander.Jy kan glad nie te na aan die gate kom nie. Vir n goeie foto is die son baie belangrik, bepalende faktor. Jy kan net fotos in die dag neem.

[img width=560 height=420]http://i1028.photobucket.com/albums/y35 ... CT0492.jpg[/img]
Vir die laaste klompie jare gebruik ek die "trailkameras" Grootste voordeel is nou het ek 24uur inligting van wat rondom die teelgate aangaan. Om te dink jy gaan gou vandag n kamera by die teelgate opstel is n versekerde waarborg van n rooijakkals op die trekpad!! Roelo ek is seker jy sal onthou wat ek met die kursus daar by jou gese het rondom "jakkals gewoontes" As daar nou een ding is wat n rooijakkals haat soos pes is dit om n skielike verandering aan te bring veral op sy voorstoep.
Iets om te onthou van "trailkameras" by teelgate: Gebruik die kleinste tog effektiefste kamera .Kies n kamera met n goeie batteryleeftyd - een keer se besoek in twee weke by n stel teelgate is te veel!! Sy gaan verseker skuif!! Stel voor die tyd vas wat jy dink haar vernaamste toegangsroetes gaan wees - vermy dit!!! Plaas die kamera altyd buite haar direkte waarnemingsvlak, gaan vir n bietjie hoogte.Moet onder geen omstandighede n "flash" gebruik nie.En dan seker die belangrikste - jou kamera moet reeds opgestel wees voordat die jakkals die gat gevat het!!!!Dan ook baie belangrik is selfbeheersing, probeer die area vermy so veel as moontlik en laat die natuur toe om sy normale gang te gaan.

Hoop dit betek darem vir jou iets.
Groete
Niel

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Mar 07, 2011 3:34 pm
by Roelo
Ja Niel jys 100% reg dis nie so eenvoudig nie jy het tyd nodig en geduld( iets waar sonder ek gebore is) ek los maar die slim dinge vir manne soos julle wat weet ,maar sien uit na n paar stories oor die onderwerp. Ek weet jys baie besig maar sit asb meer gereeld iets op dis waardevolle inligting

mooi loop

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Mar 07, 2011 7:05 pm
by Andy
"n Vriend van my het 'n trail cam wat die foto na jou selfoon toe stuur sodra hy geneem het miskien sal dit help sodat jy nie die gat hoef te besoek nie.

Andy

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Mon Mar 07, 2011 9:14 pm
by Roelo
Andy

Dit sal goed werk maar by my is sel opvangs skaars en ek glo die cam moet sein he om dit te kan stuur

Re: Trailcam by teelgate

Posted: Tue Mar 08, 2011 7:54 am
by Andy
Roelo,

Jy is reg die meeste ouens sit met daai probleem.

Andy