Page 1 of 1
Nuwe Jaracal blog
Posted: Thu Jan 03, 2013 12:04 am
by jaracal
Ek het so 'n ruk terug aan Ludwig genoem dat ek dink ons moet 'n blog begin waar ons van die artikels oor herlaai en ander soos bv. visvang en jagstories kan saamvoeg wat as 'n tipe van argief/feite blad dien vir die forum en die verskeie poste wat te vinnig daal hoe meer die forum gebruik en besoek word.
Ek het 'n voorbeeld opgestel, ek is ook besig om bietjie met die ontwerp van 'n logo of Header te speel. Die eerste is opgesit en ek sal later 'n paar voorbeelde laai waaroor die lede kan stem.
Ek sal graag julle insette wil ontvang.
My eerste artikel sal wees oor Predator Control - To hunt or not to hunt soos deur Jaktrap in sy "post" aangehaal. Ek sal die navorsing ens bysit vir feite en ammunissie vir ons as jagters.
www.jaracal.net/blog
Laat weet wat julle dink oor:
- die idee
- Onderwerpe wat julle dink daar geplaas kan word
- Die Header en uitleg
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Thu Jan 03, 2013 12:19 am
by Jakkalsgat
Naand Heinrich
Dit lyk netjies, verduidelik net vir my wat is die doel van 'n blog, is dit nie maar dieselfde as Forum nie of kan niemand van buite kommentaar lewer op 'n blog nie? Ek is maar bietjie dom. Of is 'n blog meer inligting en feite spesifiek?
Groete
Jaco
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:43 am
by jaracal
Jaco
Die blog wil ek gebruik om bv 4-6 feitelike artikels maandeliks te plaas. Maw baie feite met verwysings ens.
Een voorbeeld is die wan-persepsie van die jag van jakkalse. Die artikel kan 5-6 bladsye beslaan. Om dit op die forum te plaas sal nie so doeltreffend wees nie. Daar is te veel aktiwiteit en skuif die onderwerp te vinnig weg (word deur nuwe post vervang) om die werklike impak te maak wat dit behoort te maak. Op die blog bly die artikel bo al is daar kommentaar onder. Dan word dit in die argiewe geplaas. Daar is nie soveel om deur te soek nie, indien jy op soek is na inligting. Indien jy deur die forum moet soek neem dit nogal 'n tydjie en die inligting word vervat in vele posts, nie net een artikel nie.
Enige "member" kan 'n artikel skryf wat gepubliseer kan word. Indien iemand bv 'n artikel oor die komende St Nowhere skryf kan dit bv ook daar geplaas word. Die forum is vir kort en interaktiewe deelname. Die blog is statiese inligting met interaktiewe kommentaar.
Herlaai inligting kan daar saamgevat word per kaliber bv. en vele ander opsies.
Groete
Heinrich
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:51 am
by Jakkalsgat
Hein
Ek hoor wat jy se m.a.w bestuur hom amper soos 'n "online" tydskrif maar met die opsie dat jy kan terug gaan in die argief en gee feitlike informasie op die manier deur en uit die aard minder artikels.
Dit maak sin, ek dink dis 'n goeie idee.
Die Header en uitleg lyk vir my goed en glo ek mens sal maar leer deur "trial and error".
Mens kan amper 'n dier per maand bespreek ook, amper soos wat Wild en Jag op 'n stadium gedoen het.
Ek dink nou net dat mens as hulle sou mag vir ouens soos Oom Koos Barnard (Magnum), Jaco Kirsten (Motor) tydskrif en daai manne kry om so nou en dan 'n artikel te doen. Ons het ook 'n goeie klomp, Mesmakers, Taksiderms en Geweersmids hier op die forum wat 'n goeie bydrae kan lewer en dan natuurlik Oom Pine se stories en jou eie ekspert agtergrond oor roofdier beheer.
Skuus hier klink ek nou soos 'n ou vrou met 'n nat broek maar hier sal manne wat deelneem bietjie moet let op spelling ens, dit is na alles 'n vertoonvenster vir Jaracal.
Ek dink dis 'n briljante idee. Sterkte en se as daar iets is waarmee ons kan help.
Groete
Jaco
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:40 am
by smitjs
Ek is ten volle vir die idee.
Beginners soos ek in probleemdier roep het inligting nodig.
Op die forum is dit moeilik om feite te kry. Byvoorbeeld ek soek inligting oor identifikasie van jakkalse, bv. wanneer? Wanneer die oog gesien word, of wanneer die dier ingeroep is? Ek wil nie sterk lig gebruik om te identifiseer en die jakkals laat omdraai as ek dit kan vermy nie.
Dis nie vir my goed dat 'n maanhaar in die slag bly nie, en nog erger dat 'n rooijakkals wegkom omdat ek hom nie vroeër kon identifiseer nie. Die jakkals se inkom tussen granaatbosse het dit baie moeilik gemaak.
Dan gaan ek na Tafjak tips en vrae, en in 87 bladsye kry ek bitter min inligting daaroor. Baie manne skaak die onderwerp.
Motors? Waarom? Wat is die betrekking op probleemdier beheer?
Alle voorspoed en seën
Johan Smit
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Fri Jan 04, 2013 11:29 am
by theedge
Lyk baie goed Heinrich. Daar was beslis 'n nodigheid vir so iets.
Great idee
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Fri Jan 04, 2013 12:34 pm
by ROBBIE1
Dink dis n puik idee! Ek het al paar dae vir ure gesit om klomp posts deur te gaan, dan weet jy dit wat jy soek is daar, maar waar???
Gaan soos n bom werk, dankie vir jou moeite, ons besef nie altyd hoeveel tyd jy hierin sit nie!!

Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Sat Jan 05, 2013 4:21 pm
by prohunt
Hallo Heinrich,
Dit lyk baie goed en kan net lekker werk vir die vir die belangrike en meer statiese onderwerpe en inligting. Baie dankie vir jou moeite en tyd!!!
Groete
Johan
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Mon Jan 07, 2013 3:48 pm
by Pvdw
Hein ek loer nou so na die blog storie. Ek vermy sosiale kringe soos FB en dan die "getweet" wat almal so op hol het. Vir daai rede het ek nog nooit aan 'n blog deel geneem nie.
Wat is die idee van blogs en waarom sou so iets vir Jaracal tot voordeel wees?
Ek luister graag?
Peet
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:30 pm
by Jakkalsgat
Peet
Wat die "blog" aanbetref is dit meer 'n plek waar jy artikels kan plaas wat staties bly m.a.w as jy ingaan sien jy die artikel waar deur jy kan lees en omdat interaksie baie minder is maak dit 'n klein deel van die "blog" uit want jy kan nog sover ek weet die "replies" per bladsy beperk asook die hoeveelheid woorde per "reply". By die forum kan enige iemand 'n onderwerp begin terwyl op die "blog" sal dit net die administrateur wees wat artikels kan plaas.
Groete
Jaco
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:42 pm
by johnny
Dit klink na n plan solank daar nie weer n klomp spesiale toerusting is wat nodig is om by die blog uit te kom nie.
groetnis
Johnny
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Mon Jan 07, 2013 4:53 pm
by jaracal
Peet, Jaco vat dit mooi saam, bietjie boontoe het ek die redes ook gegee.
Johnny - dit is gratis en behoort op die meeste 2 klicks te wees dan het jy die artikel.
Eerste artikel beplan ek vir laaste week in Januarie. dan kan die manne bietjie loer en die begin daarvan evalueer.
Laat weet indien julle nog idees het.
Groete
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Wed Feb 06, 2013 12:04 pm
by Johan22
Baie goeie idee begin dat ons kyk hoe dit lyk en wat nog
Johan22
Re: Nuwe Jaracal blog
Posted: Wed Feb 06, 2013 12:54 pm
by jaracal
Johan, die werk aan die voorkoms/verandering van die forum het meer tyd in beslag geneem so ek sal dit in Maart voortsit. Die artikel is 50% geskryf maar daar le^ vir my 'n rustydtjie (indien jy die trip na St Nowhere so kan noem) voor tot einde Februarie.
Groete