Page 1 of 1

Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:44 pm
by jaracal
Nou ja hoe gelukkig kan 'n mens dan nou wees? ??? :) ;) :D ;D
http://www.youtube.com/watch?v=hF09UFF0 ... e=youtu.be
Nadat ek 'n GB gelele van 2lbs gevang het, vang ek een van ongeveer 5kg en net daarna en voor looptyd (wanneer die rivier te sterk afkom nadat die sluise oopgemaak is) van ek die monster. My skepnet was weereens te klein en kon ek die vis nie daarin weeg nie. Sal veseker 'n beter een moet kry.

Geniet dit, ek het (so tussen die forum se herstel en frustrasie help die visvang baie)

Groete

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Fri Dec 28, 2012 11:07 pm
by Taylor
Daai is darm n groot lekker. baie geluk met die nice video ook, dit is goeie memory`s

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 8:45 am
by Sam Kelbrick
Baie mooi vis! Dit lyk baie lekker om hulle op die vlieg te vang.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 8:56 am
by Carl
Heng Hein dis fantastiese vis daai, sommer so vinnig na mekaar. Lekker jaloers die kant.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 9:54 am
by jaracal
Hi Carl
Ja, ek was baie gelukkig, moes die vis maar force aangesien die water begin styg het. Gelukkig het die leader en hoek gehou.
Was lank 'n droom om die tipe van visse op vlieg te vang en nou het alles begin bymekaar kom. Ongelukkig se^ hulle die Gariep dam is 99% vol so die vuil water sal eersdaags hier aankom. Jy het juis gepraat van troebel water, hoe gereeld sal 'n ou die visse in troebel water vang?

Sam - dit het nogal 'n tydjie gevat voordat ek agter gekom het waar om die klas van visse te soek. Lyk of dit nou beter sal gaan, maar kan 'n man nie te vinnig praat nie, visvang is soos jag, laai jou vinnig af. Net wanneer jy dink jy raak goed wys visvang sy ander kant.

Groete

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 10:48 am
by Carl
Hein, ek kan maar net teorie gooi, ek hengel hier net vir hulle in die winter dan is die water darem so 1m sig. Kyk daai manne hou nie op om te eet in die troebel water nie so hulle is ingestel vir kos soek daarin. Ek dink belangrik is die regte plek, wat jy reeds het ;). Dan swart of donker vlieg, beter kontras en silhoette. Dan vlieg wat waterstoot, bewegings wat die vis kan optel, hier hou ek van die "deerhair" koppe voor zonker! Ek glo ook dat 'n vlieg op die oppervlak vroeg oggend of skemer die ding sal doen, daai oë kyk voorentoe en boontoe vir 'n rede.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 11:07 am
by jaracal
Dankie Carl, ek gaan dit beslis probeer. Ek het gesukkel om die grotes met 'n floating line te vang en oorgegaan na intermediate lyn wat die vliee" so bietjie laat sak het en onmiddelik sukses gekry. Maar dan ook die water vloei nog te sterk om vroeg oggend of laat middag te probeer, of moontlik moet ek nog die regte plekke soek. Soos jy se^ hulle hou nie op vreet nie. Die loslating van die water uit die sluise behoort al soos 'n hoogwater en laagwater gety te werk.
Groete

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 11:23 am
by MEERKAT
Hallo Heinrich

Watse kamera gebruik julle om die goete op te neem? Geseende dae vir jou en familie en mag nuwe jaar net mooi goed inhou.

Groetnis
MEERKAT

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 11:42 am
by jaracal
Wallie
Dit is 'n GoPro Hero 2 wat ek op my kop monteer.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 12:12 pm
by johnny
Heinrich

Absoluut fantasties,

Groetnis

Johnny

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 1:36 pm
by Pvdw
8) 8) 8) Hein jy roer hulle darm lekker!!!

Hein wanneer hou jy 'n gevorderge GB geelvis op vlieg kursus???  So bietjie prakties net na sonop tot so 10 uur, dan teorie oor wat het gewerk en wat nie. Lekker vinnige braai en dan weer 'n praktiese sessie na 3 tot die son weg is :laugh:

Carl ry jt saam??? 8) 8)

Peet

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 2:02 pm
by Carl
Peet, nou praat jy, maar ek dink die 243/270 moet saam  ;) so ons moet nader aan die winter kyk.

Hein ek hengel meestal met die intermediate tensy die rivier minder as 10 loop, maar dis nie jou probleem nie so jy is reg. Die Gariep is 'n klasieke tailwater soos baie van die riviere in Amerika, en ja dis soos getye. Die groter volume water is beslis moeiliker om in te hengel. Die val sal seker kos vissie se beweging mee bring. Maar ek moet eerlik wees wat jy doen, is perfek, want om sulke vis te vang is gewoonlik baie ure se werk met lang tye tussen in. Jy is bevoorreg om die ou manne vd rivier uit te oorlê.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sat Dec 29, 2012 11:58 pm
by Lourens Potgieter
BAie geluk met die spog vis!!!!!

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sun Dec 30, 2012 4:52 pm
by Christo
" o baby, you are BIG "  ;D

En dit is geen liegstorie daardie nie, mooi vis heinrich.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Sun Dec 30, 2012 8:08 pm
by jaracal
Christo, ek kon myself nie help nie
:-[

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Mon Dec 31, 2012 9:27 am
by FCLoretz
Nee Oom Hein. Daai is net verkeerd!!

Baie geluk en 'n pragtige vis. Ek wens vir so mooi een.

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Tue Jan 01, 2013 10:42 am
by theedge
Voorwaar
Heinrich  Absoluut fantasties baie geluk

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Wed Jan 02, 2013 5:48 pm
by johann
Oom Hein daai is 'n yster! Oom moet bietjie kom kuier hier op Douglas, die yellows raak self mooi groot hier in die Vaal en Oranje. So paar weke terug toe vang 'n ou saam wie ek altyd geflyfish het 13kg graskarp op fly. Sal foto in die hande probeer kry en opsit.

Groete Johann

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Thu Jan 03, 2013 10:27 am
by Geno
Oom Heinrich,
Baie geluk met 'n baie baie baie mooi vis! Dis verseker 'n masjien daai!!

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Fri Jan 04, 2013 9:08 am
by Frikkiedbr
Hello Hein,

Baie geluk op so mooi vis, dit is 'n droom vir enige man of vrou.
En dankie vir die deel ;D

Stywe lyne!!

Re: Large mouth Yellowfish 10kg+ on fly

Posted: Fri Jan 04, 2013 11:23 am
by henried
Besonders! Dis n vis van ? leeftyd!
Baie geluk. Jy van nie nonsens van ? vis nie, wat was jou setup en vlieg?