Page 1 of 1
Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Dec 28, 2012 7:40 pm
by vlakvark1
Ek sien hulle wil die Hilux in 2014 maak en in 2015 hier in SA beskikbaar stel weet nie of ek hom sal wil
koop nie
[img width=560 height=348]
http://i1060.photobucket.com/albums/t44 ... _view1.jpg[/img]
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Dec 28, 2012 7:55 pm
by JohannHorn
Hahaha as ek so na die foto kyk, lyk sy bakwerk harder is die huidige hi lux!!!
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:06 pm
by johnny
Nee dankie
Daar is nie eers plek vir n blesbok nie.
groetnis
Johnny
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:25 pm
by JTM
Iewers sit iemand die pot mis. Dis veronderstel om 'n taai bakkie te wees nie 'n onderklere model met opgestopte boobs nie...
Wil daai hilux sien met skaap tralies of 'n alucab op... sal nie pas nie.

Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Dec 28, 2012 10:21 pm
by Marc
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Wed Jan 02, 2013 9:43 am
by Herman Venter
Daar verloor Toyota dit nou helemal! Sal hom ook graag wil sien met 'n paar skaap agter op!
Groete
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Wed Jan 02, 2013 10:00 am
by iceman1982
Nee wat, ek glo daai een nie vir n sekonde nie. Dink julle dat Toyota, wie baie goed weet dat seker die meeste boere hulle produk gebruik, so ding sal uitbring?
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Wed Jan 02, 2013 10:51 am
by savage(P Coetzer)
Nee wat.
Daai is net n prototipe vir n motorskou.
Dink die nuwe hilux sal nader aan die amerikaanse Tundra neig.
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Wed Jan 02, 2013 7:10 pm
by Lamtjop
Daai is n ou konsep hier van 2005 rond, lees dat die nuwe Hilux en die VSA Tacoma nader aan mekkaar gaan beweeg. Op VSA forum gelees die yanks soek bitter graag van die D-4D enjins in hul bakkies, moeg vir dors v6 en v8's.
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Wed Jan 02, 2013 10:40 pm
by vlakvark1
Het die inligting gekry in ''BAKKIE & TRUCK'' ''January 2013'' bl 2
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Fri Jan 04, 2013 10:12 am
by Lamtjop
A Bat konsep is al in 2007 gebou en in 2008 vir die eerste keer op die Detroit motorskou vertoon, wikipedia noem ook dat die A Bat se groote vergelyk met Rav4.
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:42 am
by Chevvy SS
Die Tacoma lyk asof hy neus optrek vir homself.
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:03 am
by Dippies
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:42 am
by Chevvy SS
lexus bakkie?
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 10:12 am
by Lourens Potgieter
Tacoma met Nike tekkies aan.....ek verjaar Desember......
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 7:23 pm
by vlakvark1
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:43 pm
by marthinus100
Daardie Tacoma se ligte en "upper grill" laat my baie aan n land cruiser dink. . .
Lyk nie te sleg nie.
Glad nie te sleg nie. . .
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 8:49 pm
by Jakkalsgat
Deeg wrote:
Tacoma met Nike tekkies aan.....ek verjaar Desember......
Sal nogal graag wil sien wat Swarthaak en 3 doring met sy gesiggie maak
Re: Nuwe Toyota Hilux(A-Bat) 2014/2015
Posted: Tue Jan 22, 2013 10:50 pm
by ruger
johnny wrote:
Nee dankie
Daar is nie eers plek vir n blesbok nie.
groetnis
Johnny
Ook nie vir my skietstoel nie!