Page 1 of 1
Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 12:06 pm
by Paul Jonker
More manne
My broer het gister die teleskoop vir sy Winchester 22LR gekoop. Nadat ons die scope gemount het het on begin ons die wapen in te skiet.
Ek het die teiken 50m ver gesit. Die eerste skoot het niks getref. Ek sit toe twee papier teikens langs mekaar en mik regs onder, mis. Toe mik ek links onder. Toe tref die skoot regs bo die regter teiken net af van die teiken. Een klik op die scope is 1/4 inch. Na baie kliks kon ek die scope links inkom tot regbo waar ek mik. Maar hy het baie stadig afgekom toe ek die vertikale lyn reg in lyn het met die plek waar ek mik toe is die horisontale lyn 1 en half duim bo waar ek mik. En ek kan glad nie verder sak want hy kan nie verder draai.
Nou wat nou?
As iemand verstaan sal ek hulp waardeer.
Dankie
Paul
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 12:37 pm
by Hein M.
Hi Paul
Ek het eek gekoop en op my windbuks gesit. Kon dit nie ingestel kry nie en het hom gaan omruil. Sukkel steeds...
Hein M
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 12:57 pm
by cassie_calvinia
ek sal vir so geweer goedkoop tasco opsit.
maar, gewoonlik in so geval is scope nie reg gemount nie
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 1:03 pm
by Stefan764
Paul waar het jy die teleskoop gekoop?
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:13 pm
by mariusr
Paul watse mounts het jy op ek het jare terug die selfde probleem gehad op my Brno .22 want ek dog toe die geweer het mos niks re coil sit toe goedkoop alm ringe en mounts op groot fout die scope het skeef getrek koop toe ordentlike staal ringe vir die Brno die .22 het nog vandag die selfde tasco op en skiet op 'n tikkie op 75 meter! Check die ringe
Groete
Marius
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:22 pm
by Paul Jonker
Die scope is by JJ Wapens gekoop, gister. En die mounts is saam met die scope gegee.
Paul
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:30 pm
by mariusr
Nee Paul dink daai is gemors as saam met scope kom! Glo nie dis die scope koop ordenlike staal basis en ringe!
Groete
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Fri Dec 28, 2012 8:36 pm
by Monrique (SJ)
Paul
Is die ringe gelap?
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Sat Jan 12, 2013 10:20 pm
by Hein M.
Hein M. wrote:
Hi Paul
Ek het eek gekoop en op my windbuks gesit. Kon dit nie ingestel kry nie en het hom gaan omruil. Sukkel steeds...
Hein M
Het hom gister uitgesort. Skiet nou perfek. Was my fout...
Hein M
Re: Nikko Stirling 4x32 AO
Posted: Mon Jan 14, 2013 4:35 pm
by Paul Jonker
Goeie Middag
Net vir interisantheid: Toe ons op die plaas was het ons besluit om die teleskoop self behoorlik in te stel. Ek vat toe my seun se speelgoed pistool se laser sight, haal dit uitmekaar. Ek vat to 'n gebruikte .22 doppie en boor 'n gat agter in. Ek vat toe die laser ligie gedeelte en sit hom in die doppie en sy draad deur die gat in die .22 doppie. Ek sit toe die doppie in die .22 se kamer en laat die laser deur die loop skyn. Op 50 meter stel ek to die teleskoop in en tot vandag skiet ons duiwe van die melkstal se dak af op +- 50 meter.
Sonder om die teleskoop terug te vat na JJ's het ons hom reg gekry.
Groete