Page 1 of 2

1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 9:16 pm
by Arnold
Ek kry toe 'n kansie om regtig lang afstand skiet te probeer ...

Dit is nou al 'n tydjie wat ons toerusting regkry vir lang afstand skiet/oefen. Eers het ons begin deur 'n F-Klas skiet of twee by te woon en sommer saam te skiet op die kort afstande, maar ons wou graag iets anders doen. Ons wou ons eie ding doen en leer hoe om van 'n gewone bi-pod af lang afstande te skiet.

Ons is maar groentjies en leer op elke uitstappie geweldig baie.

Eers was dit tot 600m skiet (8" gong),
http://db.tt/GUEmVI58

en toe spring ons na 1004m ...
http://db.tt/1DD5JUVh
(Die geboue in die agtergrond is leeg met geen mense in die omtrek. Om 'n venue te vind was baie moeilik en daarom is die een ook hoogs geheim  ;)
In altwee videos het ek maar die mis skote uitgehaal, daar is op die stadium baie van hulle )

Ons 1000m teiken is 'n 26" ploeg skaar
[img width=400]http://db.tt/1uSEZAiU[/img]

Ek skiet met my 260 AI en my vriend met sy 308W.
Die 308 se koeels is al subsonies by 1000m en tog kon hy ook die gong lui. Die wind mors net so bietjie meer met daai lae BC koeeltjie wat so stap stap teiken toe gaan  ;D

Die 308 se 155gr teen amper 2700 fps vat so 2 sekondes om by die teiken te kom en my 260 se 140gr vat so 1.7 sekondes. Die klank van 'n raak skoot vat dan weer so 3 sekondes om terug tot by ons te kom.


Dit is eintlik verbasend maklik en tog baie moeilik om als wat daarmee gepaardgaan baas te raak.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 9:26 pm
by THOMAST
Mooi man Arnold!
Sommer lekker jaloers..

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 9:28 pm
by kopskoot
Arnold

Dit lyk na lekker sports. Watse 140 gr koeeltjies skiet jy in jou 260, en teen watter spoed.?

Groete

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 10:10 pm
by Arnold
Ek skiet tans die Nosler Custom Competition 140gr koeels teen so 2820 fps (geskat aangesien ek dit nog nie gemeet het nie.)

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 11:12 pm
by PWV
Arnold

Sou wat wou gee om dit ook te doen.  Uitstekend!

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 11:15 pm
by JPS
Baie netjies Arnold.

Oom Pieter is daai 7mm Tombi nie langafstand se kos nie?

Mooiloop
JP

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 11:21 pm
by PWV
JPS

As ek net op 'n plek kan kom waar ek dit kan probeer.  Sal maar moet wag tot ek weer in die Kalahari of in die Molopo kom.  As ek hier in die Paarl skiet, kan ek dalk 'n ou in Wellington raakskiet.

Groetnis
PWV

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Thu Dec 27, 2012 11:39 pm
by Beer (Christo)
Indrukwekkend!

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 7:59 am
by tripodmvr
Jou vriend met die 308 moet kyk om swaarder koeëls (175-190) te gebruik - beter BC en behou spoed beter. Klink na lekker speel wat julle doen. Glo ook dat jy nou met ander oë kyk na lang afstand skiet.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 8:38 am
by shooter
Dit is voorwaar uitstekende skiet vernuf

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 9:41 am
by Arnold
Dankie ouens, dit is regtig lekker om hierdie te kon doen.
Vir die wat 'n smakie van die tipe skiet soek wil ek aanmoedig om saam met die F-Klas manne op Atlantis te gaan skiet.

Tripod, soos in die eerste video skiet my vriend met 'n SPS Tactical. Die geweer het 'n 20" loop met 'n 1-12" twist. Die swaarder koeels se trompsnelheid is te laag en die beste koeels om te gebruik is die hoe BC 155gr koeels en veral die wat ontwerp is om die transonies oorgang te kan hanteer, soos die Lapua Scenar. Die 155gr koeels gaan subsonies tussen 800 en 900m hier by ons teen die lae tromp snelheid en tenspyte hiervan het die 308 baie mooi (volgens ons) op 1km presteer.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 9:46 am
by Cobus(Cobb)
tripodmvr wrote: Jou vriend met die 308 moet kyk om swaarder koeëls (175-190) te gebruik - beter BC en behou spoed beter. Klink na lekker speel wat julle doen. Glo ook dat jy nou met ander oë kyk na lang afstand skiet.
Hoe groot boog wil jy hê hy moet skiet?..ha ha..!

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:17 am
by Problem Animal Control
Arnold

Aggenee man, jy het nou gemaak!!!! Ek MOET dit ook nou gaan probeer met my 308, sal sien hoe die 167gr Scenars doen teen 2660fps en kom terugvoering gee.

Groette

PAC

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:19 am
by tripodmvr
Cobus(Cobb) wrote: Hoe groot boog wil jy hê hy moet skiet?..ha ha..!
Die boog kan maar groot wees. het jare gelede met Bisley skut gesels en hy het vertel dat die Engelse te lekker met 190 grein koeëls oor die langer afstande geskiet het. Ek sien ook dat julle manne die laaste tyd tevrede moet wees met die kort loop gewere. Kan nie verstaan hoekom die tendens sy kop uitgesteek het nie. 'n 24 duim loop hanteer lekker en doen darem reg aan die 308 as dit by hoër spoed kom.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:25 am
by Problem Animal Control
Tripod

Ek glo my 308 Brno se 23" sal kan!

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:29 am
by Arnold
Problem Animal Control wrote: Arnold

Aggenee man, jy het nou  gemaak!!!! Ek MOET dit ook nou gaan probeer met my 308, sal sien hoe die 167gr Scenars doen teen 2660fps en kom terugvoering gee.

Groette

PAC
Jy weet natuurlik dat die 167gr se BC laer is as die 155gr Scenar en dat die 167gr heel moontlik heeltemal onstabiel sal raak sodra dit subsonies gaan?

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:33 am
by Problem Animal Control
Ek sal eers n bietjie navorsing gaan doen

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:43 am
by Gerrit Visser
As ek my somme reg het, doen 'n 308 beter met 175gr op 'n 1000m as met 155gr. 10km/h wind druk 'n 175gr 24cm minder en val ook 26cm minder.  :o

Goeie bewys dat spoed nie altyd wen nie, om die waarheid te sê, spoed wen maar min.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:46 am
by Gerrit Visser
Spoed van 175gr SMK sal so 80f/s vinniger wees as 155gr SMK 1145f/s by 1000m

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 11:07 am
by Arnold
Gerrit, het jy in ag geneem dat die loop 20" lank is en wat die tromsnelheid van 'n 175gr teenoor 'n 155gr is?

Die 175gr is hier by 2550 fps op 'n node en die 155gr is by 2650 fps op 'n node as ek reg onthou. As jy die syfers gebruik en jy vergelyk 'n 155gr Scenar teen 'n 175gr SMK wen die 155gr Scenar.

Spoed en BC gekombineer is wat die ding doen. Indien die loop effens langer was sou daar dalk beter opsies gewees het, maar dan moet mens ook kyk na die prys van die koeels as jy beplan om baie te skiet  >:(

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 12:28 pm
by Gerrit Visser
Arnold ek het my 308 se nommers geneem  [155gr/2750f/s vs. 175gr/2650f/s SMK] Stem saam met jou, BC en spoed gekombineer is wat die ding doen.

Weet net nie altyd hoe geloofwaardig die BC's is nie, die dat ek die vergelyking met selfde koeël doen.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 12:43 pm
by Arnold
Sien, jou 308 se loop is taamlik langer en dit maak 'n groot verskil.
Ek gebruik maar die "Litz" BC waardes op JBM en dit verskil taamlik van die vervaardiger in sommige gevalle.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 9:26 pm
by Marc
Mooi man Arnold, ek sou beter gevoel het om teen 'n "back stop" te skiet. Mens weet nooit waarnatoe daai opslag koeële trek nie en ek neem aan die plase is maar redelik klein daar waar julle speel.

Elk geval, wel gedaan ou maat, wag om te sien hoe vêr jy dit kan jaag. Het my gewen tot by 1000, kom ons kyk vir 2000  ;D ;D ;D ;D

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 9:34 pm
by tripodmvr
So bietjie met QL gespeel.

155 Sierra 0 - 2752vps; 1000m  - 1099vps ; val 493duim
175 Berger VLD 0 - 2556vps; 1000m - 1152vps ; val 509 duim
190 Sierra MK 0 - 2447vps; 1000m - 1130vps ; val 546 duim

Die belangrike hier is dat beide die 175 en 190 bokant die spoed van klank aankom. Hierdie waardes is by maks druk met S335 bereken en ballistiese data kom vanaf Quick Target.

Re: 1004m met die 260AI

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:09 pm
by Arnold
tripodmvr wrote: So bietjie met QL gespeel.

155 Sierra 0 - 2752vps; 1000m  - 1099vps ; val 493duim
175 Berger VLD 0 - 2556vps; 1000m - 1152vps ; val 509 duim
190 Sierra MK 0 - 2447vps; 1000m - 1130vps ; val 546 duim

Die belangrike hier is dat beide die 175 en 190 bokant die spoed van klank aankom. Hierdie waardes is by maks druk met S335 bereken en ballistiese data kom vanaf Quick Target.
Wat is jou loop lengte?
Probeer die 185gr Berger ...