Page 1 of 1

Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Tue Dec 25, 2012 9:53 am
by Spanner
Kêrels, 'n maat van my het 'n .222 by sy pa gekry en die geweertjie het saam met 'n hele paar pakke Sako ammunisie gekom.

Ek ken nie die ammo nie, en het geen idee hoe oud dit is nie.  Die ammo is in die groen boksies en is sagtepunt koeels.  Kan julle dalk meer lig werp op die beoogde aanwending van die ammo ? Is dit geskik om mee te jag (kleinwild soos springbok) of slegs goed genoeg om teiken te skiet (gelaai met konvensionele, dun koper mantel koeels) ?
Dit sal hartseer wees om al die ammo op die skietbaan uit te skiet ... net om na die tyd uit te vind dit was eintlik goeie jagkoeels waarmee die goed gelaai was , en dan moet hy weer nuwe jag ammo ten duurste gaan koop.

Spanner

[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... akojpg.jpg[/img]

Re: Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Tue Dec 25, 2012 1:45 pm
by Pottie
Jy kan maar jag met hulle, dis baie goeie sagte punt ammo, die doppe is baie goed vir herlaai so jy hoef niks te mors nie. Ek het 4 jaar gelede 220 soortgelyke patrone vir my 300WM gekoop, hulle was uiters akkuraat en ek het baie bokke met hulle geskiet. Jou Pa het goeie smaak gehad, ek weet jy sal die geweer en ammo baie geniet.

Groete,

Pottie.

Re: Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Tue Dec 25, 2012 1:56 pm
by Spanner
Dankie vir die antwoord, ek waardeer dit

Re: Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Thu Dec 27, 2012 9:26 am
by Flip Nel
Spanner

Ek sien oor die forum gecrash het, is my reply verloor, ek het by my swear met die einste sako 222 ammo geskiet, 'n paar springbokke het bakkie gery met geen probleme nie, ek dink nie jy hoef oor dit te worry nie gebruik hulle.

Re: Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Thu Dec 27, 2012 9:53 am
by Sako75
Ek skiet ook soms met die Sako SP 222 ammunisie in my 222's.  Dit bly maar 'n gewone sagte punt koeel met sy voor en nadele.  Op kleiner kalibers soos die 222 is die sagte punt sag en het geensins eienskappe van 'n premium koeel nie.  Gebruik hulle met dit in gedagte.

Ek noem ook net dat Sako verskillende koeels laai in verskillende kalibers en dat 'n Sako Hammerhead, Super Hammerhead nie vergelykbaar is met 'n Sagte Punt nie en so ook nie die Barnes, Swift of Nosler koeels wat hulle laai nie.

Kyk gerus by http://www.sako.fi/cartrid_bullettypes.php?gamehead

Re: Sako ammo - jag of teiken skiet ammo ?

Posted: Thu Dec 27, 2012 10:31 am
by Spanner
Dankie kêrels - goeie bruikbare terugvoering.  Ek sal my maat aanraai om dit dan nie vir lyfskote op rooibok en springbok te gebruik nie - ek glo daar is beter ammo beskikbaar wat meer gepas is.  Ons sal lekker gaan speel met daai Sako's op die baan en dit dan net op jakkalse gebruik !

Waardeer julle hulp, dankie

Spanner