Page 1 of 1
jakkalse en wind.
Posted: Fri Dec 21, 2012 10:14 am
by stan man
gisteraand weer gaan roep .ek dop jakkals nr 113 om binne n driekwart uur nadat ek staan plek gevat het. die wind waai so teen 2km per uur . dit is die ooste wind. ek piets nr 113 reg in die wind. terwyl ek besig is om nog n stel te tempteer begin die wind so n bietjie aanjaag. die jakkalse kom mooi in maar die wind waai my omtrent uit my stoel uit. ek gryp toe die nuwe wind meter en sien die wind is so 33kmph. die jakkalse was op daardie stadium op 150m en ek kon net nie n skootdruk nie. ek is toe maar terug huistoe. ek sal maar weer later daar gaan probeer. hierdie jakkals skiet ding is darem erg verslawend. as ek n week oorslaan begin ek onttrekking simptome kry.
Re: jakkalse en wind.
Posted: Fri Dec 21, 2012 11:20 am
by Gerhard
baie geluk man!!!
Ek hoop om volgende week aan my verslawing te kan werk.
4 keer uit gewees die laaste 3 maande...
Wou die jakkalse glad nie nader kom as 150m nie?
Re: jakkalse en wind.
Posted: Fri Dec 21, 2012 11:38 am
by stan man
ek is baie gelukkig om te kan se ,ek gaan darem so 2keer n week uit veld toe. die omgewing waar ek nou werk is vervuil van die vlekkie monsters. die njala kalfies maak dit op die stadium glad nie op die plaas nie.
in die nuwe jaar moet ek so tussen 20 en 30 wit springbokke op dieselfde plaas gaan uitskiet. daar is n klompie wat n bietjie bruin inhet wat hulle wil uithaal..
Re: jakkalse en wind.
Posted: Fri Dec 21, 2012 12:14 pm
by Dawid
Janee Stan man daar in ons wereld kan die wind darem naar opkom oor die vlaktes.Maak n man skoon mistroostig as jy met n uitgaan moet oppak en waai.
Sal in Feb bietjie daar by jou winkel ook kom draai, was darem al daar by Ramon en bietjie besigheid ook gedoen.
Groetnis