Page 1 of 1
Blouwildebees more
Posted: Wed Dec 19, 2012 8:50 pm
by johnny
Manne gaan more middag in die oos-kaap se hitte hier naby Uitenhage gou a blouwildebees skiet en in die koelkamer hang . Maar as dit so warm soos vandag was hoop ek hy val feitlik op die bakkie, want dit is bloedig hier, ek het darem so 15 / 2 liter bottels gevries vir in die pens gooi en dis net 15 min huistoe so glo alles sal ok wees.
groetnis
Johnny
Re: Blouwildebees more
Posted: Wed Dec 19, 2012 8:53 pm
by Jacquesb
Geniet Johnny.
Re: Blouwildebees more
Posted: Wed Dec 19, 2012 10:43 pm
by bengogga
Lekker jag Johnnie, ek wens ek kon met daai gedagte in die bed gaan klim het.
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 10:58 am
by Jakkalsgat
More Manne
Johnny het gevra ek moet vir hom die foto laai.
[img width=560 height=418]
http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... /photo.jpg[/img]
30-06
150 gn Lapua scenar
117 meter
voor die kop geskiet.
Horings 27 en 7/8 duim
[img width=560 height=418]
http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... hoto-1.jpg[/img]
Hy sal self verder die storie kom vertel.
Groete
Jaco
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 11:14 am
by johnny
Jaco
Baie dankie.
Wou graag n trofee bul skiet en ons het afgekom op n troppie van 7 bulle bymekaar, die " PH" het gese hy sal die bul wys en vir my is dit reg so, maar ek het hom gese as dit nie rowland ward maak nie dan sal ek nog steeds die bul vat maar defnitief nie daai prys betaal nie.
Hy was ook redelik senuweeagtig toe ek hom vra of ek in die kop kan skiet aangesien ons naby is, hy wou weet hoe akuraat my geweer is, se hom toe dis n broughton loop en skiet mooi groepe, maar as hy te senuweeagtig is sal ek blad skiet. Hy se toe kop is reg, toe wys hy my n bul en ek skiet en hy slaan neer soos n os, Die horings is toe kort en hy het my n vleis bul prys gevra, alhoewel ek dink dis nog steeds n baie mooi bul.
Nou voor die manne op my spring , ek weet lapua scenar is nie n jag punt maar omdat ek geweet het ek wou n kopskoot skiet was ek tevrede om dit te doen, ek het ook hornady interbonds gehad , maar wou dit gebruik vir n lyfskoot as ek moes. Ek het die ko gekuip en sal die punt soek , hy sit iewers , as ek kry sal ek laat weet hoe hy opgebreek het.
Nou ja dit was n lekker Desember jaggie so tussen al die besige dae deur.
groetnis
Johnny
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 11:41 am
by Louis Kriel
Mooi Johnny jou lucky bugger! Geseende Kersfees aan almal!
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 12:01 pm
by Dawid
Baie geluk Johnny.....Gereeld geloer en sien jy gee geen terugvoer toe wonder ek maar of die ou besie nie dalk besig is om jou die plaas te wys nie.
Nogmaals geluk n kopskoot is altyd n mooie om te aanskou.
Groetnis
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 3:11 pm
by Frederik
Mooi bees daardie maar jy kry nie sommer 'n RW bul om elke draai nie 28 1/2" is nie maklik nie.
As ek net so kan inspring hoeveel RW beeste is buite die bosveld geskiet as ek so na die foto se agtergrond kyk?
Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 3:24 pm
by Marc
Mooi gemaak
Monster en dan blink daai lyf van die vet ook nog, min dat altwee in een pakket kom. Geniet daai steaks oor die kole, ek is lekker jaloers

Re: Blouwildebees more
Posted: Sat Dec 22, 2012 10:22 pm
by bengogga
Mooi bul, Johnny! Mooi skoot!
Re: Blouwildebees more
Posted: Sun Dec 23, 2012 4:53 am
by jacojrdn
Mooi gedoen Johnny
Re: Blouwildebees more
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:28 am
by johnny
Manne Terugvoer oor punt/koeel wat gekry was.
Ek skiet met n 30-06 met 26 duim Broughton loop, 155 Lapua Cenars met 84 mm lengte en 84 gn s 365 , het geen idee van die spoed nie, maar hier is bietjie info wat ek kan gee oor die punt / koeel.
Ek het my punt/ koeel gekry uit die nek werwels, hy is by voorkop in en het 2 nek werwels stukkend geslaan, ek het wat oor was tussen die stukke vleis en been gekry, daar was defnitief seperation , en gewig oorgebly was 57 gn. Ek moet se die skade was nogal baie , Ek het geen idee of dit goed of sleg was vir enige punt/ koeel wat eintlik vir papier skiet bedoel is , na hy soveel been geslaan het nie , miskien is hier van die manne Oom Koos Barnard of Piet Breedt wat kan help met meer inligting of dit goed genoeg was.
Ek gaan more sy oupa soek , hy is defnitief groter en is oor die 281/2 duim , sal julle op hoogte hou van wat gebeur.
groetnis
Johnny
Re: Blouwildebees more
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:34 am
by Reggie Gerber
Johnny
84g S365 klink bietjie rof

Dink Goose al daai lading probeer
Reggie
Re: Blouwildebees more
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:36 am
by johnny
Sorry manne dik vingers help ook nie 54gn s365 84mm lengte col
groetnis
Johnny