Page 1 of 1

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Tue Dec 18, 2012 8:53 pm
by tripodmvr
Glas is 'n wonderlike materiaal tot hy breek. Weet nie hoekom daar ape is wat hul bierbottels wil stukkend skiet as dit leeg is nie. Lyk my hul koppe is net so leeg daarna. Stukkies yster tel mens maklik met 'n magneet op, maar om stukkende glas te versamel kos baie tyd en moeite. 'n Groot nota moet by bane opgesit word en skuldiges moet skoonmaak en verban word.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:18 pm
by Marc
tripodmvr wrote: Glas is 'n wonderlike materiaal tot hy breek. Weet nie hoekom daar ape is wat hul bierbottels wil stukkend skiet as dit leeg is nie. Lyk my hul koppe is net so leeg daarna. Stukkies yster tel mens maklik met 'n magneet op, maar om stukkende glas te versamel kos baie tyd en moeite. 'n Groot nota moet by bane opgesit word en skuldiges moet skoonmaak en verban word.
Ek gaan niks hier s? nie  >:( >:( >:( >:( >:( , gaan my net in die koelkas laat beland en ek kuier te lekker saam om op die kantlyn te moet gan sit  ;D

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Dec 19, 2012 8:25 am
by Born2Late
Hiermee stem ek saam.n Baan vol glas en gemors is glad nie n plesier nie.Selfs die asblikke en kennisgewing borde is al vol gate geskiet op ons baan.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:00 am
by johnny
Piet skiet

Dis frustrerend as mens op n skietbaan kom en jy moet eers lee blikkies , glas, plastiek bottels en ander gemors op tel waarna mense skiet. Enige iet behalwe gonge en skiet teiekens hoort nie op n skietbaan nie.

Groetnis

Johnny

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:10 am
by Jakkalsgat
Man, hierdie is eenvoudig dit kos jou omtrent niks om 'n teiken saam te vat en op dit te skiet nie maar dit is as mens onvoorbereid gaan en net skiet om te kan skiet. Dis "commen" om glas bottels stukkend te skiet, te gooi of in die rivier of natuur te los maar dis hoe onkonsidererend ons nasie geword het. Mense wat bottels stukkend skiet is eenvoudig en nie 'n jagter se g*t nie, in die eerste plek hoort drank nie waar daar klomp mense bymekaar is om te skiet nie. As jy dan iets wil murtoe skiet, skiet na 'n blik of plastiek bottel en tel dit agterna op.

Moenie vir jou "commen" hou nie en hoe skiet mens by 'n baan waar daar nie toesig is nie en as daar toesig is hoe word dit toegelaat.

Jammer as ek my sterk uitspreek maar dit is en bly "commen"

Groete
Jaco

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:31 am
by johnny
Jaco

+100000


groetnis

Johnny

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:55 am
by Marc
"Komaan hoekom kan ons nie glas skiet nie, Ek wou dit nog altyd doen"

From the one and only, dankie Vlakkie, het nou lekker gelag  ;D ;D ;D ;D ;D ;D

http://www.youtube.com/watch?v=6-Fd4Eo8q8g

Pieta, wat se jy, is die OK  ???  Dit gaan mos nie merke los nie  :o :o :o :o

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sat Dec 22, 2012 10:49 pm
by bengogga
Jy gaan mos maar altyd mense kry wat sulke goed doen, maar die skietbaan moet iemand he wat die baan skoon hou.

As jy geld betaal om daar te skiet, het hulle 'n verantwoordelikheid.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:00 pm
by Dweetster
Marc ek dink daai tannie het self 'n paar bottels moes leegmaak om daar te staan.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sat Jan 16, 2016 9:07 pm
by Williebees
bengogga wrote:Jy gaan mos maar altyd mense kry wat sulke goed doen, maar die skietbaan moet iemand he wat die baan skoon hou.

As jy geld betaal om daar te skiet, het hulle 'n verantwoordelikheid.
bengogga - ek hoop jy is sarkasties, want as jy nie is nie, is jy 'n regte gogga!!
Dink jy regtig dit is "Die Skietbaan" se plig om agter skuts wat bottels skiet op te ruim?
My skietbaan en die mense wat daar skiet word bedryf soos 'n jagplaas waar jy al 20 jaar elke jaar skiet.
Die gaste gedra hulle want dit is ONS skietbaan.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sat Jan 16, 2016 9:15 pm
by tripodmvr
Hoor nou die dag dat by die een skietbaan naby my is 'n broeiende kiewietjie op haar nes doodgeskiet. Daar is maar daardie elemente wat niks wil laat lewe nie.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sat Jan 16, 2016 9:53 pm
by Williebees
tripodmvr wrote:Hoor nou die dag dat by die een skietbaan naby my is 'n broeiende kiewietjie op haar nes doodgeskiet. Daar is maar daardie elemente wat niks wil laat lewe nie.
Sleep verantwoordelike wapeneienaars se naam deur die modder.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 12:07 am
by Andre308
Wie wil nou glas en gemors skiet op n skietbaan.

Die lekkerste is om n skoot op n ander man se teiken te skiet wat probeer ladings doen.(ek doen dit darm net met mense wat ek ken en se darm ook watter skote myne was so na tydjie).

Dit verskaf baie pret!

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 8:34 am
by PWV
Williebees wrote:
bengogga wrote:Jy gaan mos maar altyd mense kry wat sulke goed doen, maar die skietbaan moet iemand he wat die baan skoon hou.

As jy geld betaal om daar te skiet, het hulle 'n verantwoordelikheid.
bengogga - ek hoop jy is sarkasties, want as jy nie is nie, is jy 'n regte gogga!!
Dink jy regtig dit is "Die Skietbaan" se plig om agter skuts wat bottels skiet op te ruim?
My skietbaan en die mense wat daar skiet word bedryf soos 'n jagplaas waar jy al 20 jaar elke jaar skiet.
Die gaste gedra hulle want dit is ONS skietbaan.
Wonder of bengogga nog in die omtrek is. Hy het in 2013 laas ge-"post".

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 5:11 pm
by Williebees
PWV wrote:
Williebees wrote:
bengogga wrote:Jy gaan mos maar altyd mense kry wat sulke goed doen, maar die

Wonder of bengogga nog in die omtrek is. Hy het in 2013 laas ge-"post".
PWV, jy laat my dink aan Jannie en Abe wat maats was op skool.

Jannie was 'n boertjie en Abe 'n Joodjie. Eendag kom Jannie bebloed en gekneus by die huis.
" Wat het gebeur?" vra sy pa.
"Ek en Abe het baklei."
"Maar hoekom?"
"Die Jode het die Here Jesus vermoor!"
"Maar dit was 2000 jaar gelede!"
"ja maar EK het dit eers vandag gehoor!"

Al het bengogga in 2013 laas gepos, EK het hom gister eers leer ken!!

Williebees

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 7:54 pm
by PWV
Ja, Williebees, ek het aan dieselfde grappie gedink toe ek jou antwoord op bengogga se post lees. ++>:

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 8:09 pm
by 243Songdaug
Ons was nou vir meer as 2 jaar geseen om nie glas skieters op ons baan te kry nie, maar laasweek Dinsdag het 1 vent dit goedgedink om sy whiskey bottel stukkend te skiet.(hyt sowaar sy naam en nommer in die sleutel register geskryf!!! Oeps!)

Voor hy weer ons baan mag/sal gebruik moet hy eers voor die kommitee verskyn en 'n boete('n skrale R1000) betaal.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 8:55 pm
by tripodmvr
Sy naam is nie dalk "boks' nie, is dit!!!!!!!

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Sun Jan 17, 2016 10:09 pm
by Baasvark
bengogga wrote:Jy gaan mos maar altyd mense kry wat sulke goed doen, maar die skietbaan moet iemand he wat die baan skoon hou.

As jy geld betaal om daar te skiet, het hulle 'n verantwoordelikheid.
By ons is dit almal vrywilligers wat die baan skoon hou.

As jy met die redenasie van jou by ons kom skiet gaan iemand jou vol Doom spuit....

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Mon Jan 18, 2016 7:48 am
by vriell
Dankie tog ! Gelukkig gebeur die soort ding nie op ons skietbaan ( Hermanus) nie. In my 20jr was daar net een geval.( gelukkig n blikkie)..Jammer dat mense hulle skuldig maak aan sulke optrede. Sulke mense is in my oë onverantwoordelik en dus nie bevoeg om vuurwapens te besit nie.

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:05 am
by PWV
243Songdaug wrote:Ons was nou vir meer as 2 jaar geseen om nie glas skieters op ons baan te kry nie, maar laasweek Dinsdag het 1 vent dit goedgedink om sy whiskey bottel stukkend te skiet.(hyt sowaar sy naam en nommer in die sleutel register geskryf!!! Oeps!)

Voor hy weer ons baan mag/sal gebruik moet hy eers voor die kommitee verskyn en 'n boete('n skrale R1000) betaal.
Ek hoop die bottel was leeg? >:+

Re: MOET NIE GLAS SKIET NIE!!!

Posted: Fri Feb 05, 2016 2:21 pm
by swc-tr
Len, waar is julle skietbaan naby Hermanus?