Page 1 of 1

Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:54 am
by JohanP
Hallo

Mag ? Semi Automatiese geweer gebruik word vir die bekamping van probleem dier beheer?
Ek dink byvoorbeeld aan vark troppe, bobbejaan troppe ens

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 10:58 am
by stan man
ek glo nie dat dit n geval is van mag nie. ek verkies  maar my slot aksie . semi auto het ek al gesien as manne oes,net somtyds word die oomblik te groot en die tor val van die prop af en dan word daar wilde skote afgetrek.
net my opinie!

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 11:05 am
by Gerhard
Kyk net wat se  jou provinsiale ordinansie...

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 11:43 am
by johnny
Dit is wettig , solank jou kaliber groote wettig is vir die diere wat jy wil skiet.  BV nie n 22 op vlakvarke nie.

groetnis

Johnny

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 7:21 pm
by JohanP
Ek het gedink om vir my n FN FAL 7.62 aan te skaf vir varke en bobbejaan troppe. Ek sal deffinitief na die Weskaap ordonansies gaan kyk. Waar kan mens die info bekom?

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:31 pm
by James Wilson
JohanP wrote: Ek het gedink om vir my n FN FAL 7.62 aan te skaf vir varke

Ooh la laaa. Daar is n nou vir jou n Zombi gun!!!

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 12:47 pm
by Francois Marais
Manne

Semi auto werk baie mooi vir probleem diere ;D ;D ;D

[img width=560 height=420]http://i1128.photobucket.com/albums/m49 ... 8af0f5.jpg[/img]

Mooi loop
Francois

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 1:21 pm
by Karl Stumpfe
Cois, daai lyk soos jou bakkie, is dit jou "gun"?

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:13 pm
by Francois Marais
Karl

Jip, myne, Rock River Arms, custom upper, hy skiet so .5 moa groepe op 100m. Seke so 1000 Springbokke met hom geskiet die jaar.....

Mooi loop
Francois

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:18 pm
by stan man
francois.
nou wanner nooi jy n man saam om te gaan oes.?daai .270 van my hou erg daarvan om te oes.

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:21 pm
by Francois Marais
Karl

[img width=560 height=420]http://i1128.photobucket.com/albums/m49 ... 28b1f2.jpg[/img]

Stan

N 270 is baie overkill op n springbok oes, kry vi jou n 223/22-250, dan kom jy saam, 270 skop n man kopsku hier na halfnag toe.... 8) 8)

Mooi loop
Francois

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 2:25 pm
by Gerhard
JohanP wrote: Ek het gedink om vir my n FN FAL 7.62 aan te skaf vir varke en bobbejaan troppe. Ek sal deffinitief na die Weskaap ordonansies gaan kyk. Waar kan mens die info bekom?
Natuurbewaaring sal vir jou die Ordinansie kan gee.

Jy sal nie n lisensie vir Semi Auto kry vir probleem diere nie.

Die manne wat sport skiet doen soos 3 Gun of versamelaars is omtrent die enigste wat die lisensies kry vir Semi Auto gewere.

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Wed Dec 19, 2012 9:24 pm
by johnny
Gerhard

Ek het hele paar ( 4 pelle)  wat almal lisensie gekry het vir semi auto, moet by se hulle is almal boere en het hulle eie grond, maar ek het help skryf aan die motiverings en dit was oorwegend vir probleemdier beheer,  hulle het almal lisensie gekry.Of dit net luck was weet ek nie, en hulle is almal toegewyde jagters ook.

groetnis

Johnny

Re: Semi Automatiese geweer & probleem diere

Posted: Thu Dec 20, 2012 7:32 am
by Gerhard
johnny wrote: Gerhard

Ek het hele paar ( 4 pelle)  wat almal lisensie gekry het vir semi auto, moet by se hulle is almal boere en het hulle eie grond, maar ek het help skryf aan die motiverings en dit was oorwegend vir probleemdier beheer,  hulle het almal lisensie gekry.Of dit net luck was weet ek nie, en hulle is almal toegewyde jagters ook.

groetnis

Johnny
Johnny,

Ja ek dink as grond eienaar behoort jy nog reg te kan kry.

Klink my julle motiveerings is ook mooi geskryf.

Die FN is beslus n opsie. Veral as mens kyk na hoe hulle dees dae gepimp word.

Vir self verdediging op die plaas en vir probleem dier beheer is die FN n briljante opsie.

As ek kies sou ek die LM5 of 6 gevat het maar sou vir 3 Gun shoots en ondier beheer by die huis gewees het.

Dink n LM5 met n red dot sight en silencer kon nogal mooi werk.  ;)