Page 1 of 1
Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Thu Dec 13, 2012 11:15 pm
by Beer (Christo)
Kan julle dalk help asb?
Watter redes kan ek gee vir die motivering om 'n tydelike lisensie te kry vir my nuwe 458?
Lading ontwikkeling voor nuwe jagseisoen, DGS in Maart?
Help asb
Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 4:36 am
by DWB
Christo,
Miskien dat jy graag gem**r wil word en die geweer is baie bereid

Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 6:09 am
by Frederik
Beer die lisensies vat nou deesdae so tussen 1 maand en 2 maande ek sal voorstel jy se jy moet 'n grootwild jag doen vroeg in die jaar as motivering en motiveer hoekom jy juis 'n 458 wil he en dan so paar dae later as jou tydelik weg is by jou DFO normale aansoek doen en kyk wat kom eerste.
Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 7:55 am
by kopskoot
Beer
Jy moet albei saam in gee. Met presies dieselfde motiverjngs.
Heg dan n adisionele motivering aan vir die tydelike een, met jou uitnodigings brief van Geelhout safari's , om daai trofee buffelbul, op die 6de Januarie te kom skiet.
Onthiu waneer jy gevaarlike wild jag, is dit altyd die beste om jou eie geweer, wat jy mee vertroud is te gebruik.
Tydelike permitte word deesdae binne 10 dae uitgereik.
Skakel dan ook CFR en praat met Ntabiseng. Sy hanteer tydelik.
Groete
Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 9:07 am
by Koos Barnard
Beer
Wil net byvoeg wat die ander manne s?, lisensies kom nou vinnig deur. vandat ek myne ingegee het nou onlangs (vir twee wapens) het ek 23 dae later my lisensie gehad.
Mooi loop
Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 9:26 am
by Beer (Christo)
Dankie Almal
Nou moet ek seker net die brief van Geelhout in die hande kry....

Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 9:35 am
by kopskoot
Beer wrote:
Dankie Almal
Nou moet ek seker net die brief van Geelhout in die hande kry....
Wel hulle sal moet wikkel, want ek is seker daar's n paar ander outfitters wat wil h? jy moet eerder "hulle buffels" voor die 6 Januarie skiet

Re: Motivering vir tydelike lisensie
Posted: Fri Dec 14, 2012 9:44 am
by Beer (Christo)
Ek gaan juis 16/6/2013 op Geelhout wees. As daar nou 'n tikfoutjie met die bespreking is en dit se 6/1/2013....
