Page 1 of 1

Nuweling leer graag

Posted: Wed Jul 07, 2010 7:49 pm
by Piet Breedt
Ek het weer so bietjie gaan jakkalse en ystervarke skiet, en die eerste keer gesien hoe dit werk as mens roep. Ek dink ek is gevang "hook, line and sinker"

Nou wil ek net n kursus doen, en my eie roep apparaat kry.

Image


Dit was yskoud, maar lekker

Image

Soos julle kan sien is ek nog n "appy" as dit kom by die cammo van my voertuig. Ek het eers oor die naweek gelees van die mengsel waarmee julle pro's julle voertuie verf

Image

Gelukkig skiet my  .22 250 Howa S/S Varminter baie lekker, en van dat ek die knaldemper van Clerence opgesit het, nog beter. Ek het net sy plastiese kolf wat verskriklik rond beweeg het in die son, vervang met n gelamineerde kolf wat ek van Amerika af laat kom het, en n Jewel sneller laat insit.

Hier is 4 skote wat ek geskiet het, voordat ek gaan jakkalse skiet het, om te sien of alles nog reg is. Die 2 skote wat met swart omlyn is, is vanaf 200m, en die ander 2 vanaf 350m. Die plakkertjie is 32mm in deersnee.

Image


Hierdie was my eerste probeerslag sommer met net n skietlamp wat ek so 3 maande terug geplaas het

Image

Re: Nuweling leer graag

Posted: Wed Jul 07, 2010 8:18 pm
by Christo
Piet

Ek is baie meer "impress" met die groeperinge as die jakkalse en ystervarke. Daai geweer skiet 'n barshou. Mens kan sien hoekom die kompetisies deesdae eensydig geword het.

Dit is regtig netjies. Ek dink ek moet ook 'n kursus bywoon. Die keer daar by jou as leermeester.

Christo

Re: Nuweling leer graag

Posted: Wed Jul 07, 2010 8:28 pm
by NICO
Piet

Wragtig maar jy skiet darem n lekker hou met daai geweer van jou. As ek so kon skiet dan sou ek seker al n hele paar meer jakkies op my boek gehaat het, maar nou ja ons almal leer mos maar. Waar is al daai jakkies geskiet.

Nico

Re: Nuweling leer graag

Posted: Wed Jul 07, 2010 8:53 pm
by Piet Breedt
Dankie manne. Ek skiet maar hier om die huis waar ek bly op Delmas. Hier is die meeste jakkalse nog maar dom.

Die v?rste een was op 289m gemeet met die rangefinder terwyl dit nog lig was. Sy was heeltemal te gretig om te kom kyk waarvoor die haas dan nou so skreeu. Die ander was so omtrent 220m, en baie nader. Die lug het later in die aand baie deinsterig geraak, wat afstand skat baie bemoeilik.

Re: Nuweling leer graag

Posted: Thu Jul 08, 2010 7:11 am
by KSV
Oom Piet,

Die eerste probleem, Oom moet ontslae raak van daai roer. Ek sal hom oorneem. ;D

Ek sal bietjie vir Oom 'n paar goedjies wys dan gee Oom my so paar lesse met die skietery, dink nooit 'n man kan te min weet nie.

Mooi gegooi daar op daai jakkies.

Kalahari Groete
Hein

Re: Nuweling leer graag

Posted: Thu Jul 08, 2010 8:40 pm
by HVZ
Hein

Ons ken mos darm vir Oom piet van die ander forum se dae af.Wonder of hy nie vir ons n herlaai kurses sal aanbied hier in die platteland nie?

Lekker aand
HVZ

Re: Nuweling leer graag

Posted: Thu Jul 08, 2010 9:33 pm
by Piet Breedt
Ek deel graag my kennis en bied gereeld skiet afrigtings kursuse aan. Ek sal baie graag ook by julle wil leer roep, en meer wil leer oor die gewoontes van die jakke.

Ek het vandag so 9 Blesbokke gaan skiet, en die geweerjie het hom mooi gedra.