Page 1 of 1
'n ZERO vraag
Posted: Mon Dec 10, 2012 4:53 pm
by Swys14
Wil bietjie hoor hoe maak jul ervare jagters.
As julle gaan jag by 'n plek en jy kry die info dat gem. skoot afstand se maar 275m is...maar jy is gezero op 200m...zero julle jul gewere oor en leer ken die nuwe trajek?
Selfde met n skootafstand van 120m...hoe maak julle?
Ek reken ek hou my 200m zero en leer ken maar net sy reenboog tot en met 350m.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Mon Dec 10, 2012 4:58 pm
by Gerhard
Klink vir my reg...
Ken jou kaliber en ladings en waar hy skiet op verskillende afstande.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Mon Dec 10, 2012 5:06 pm
by Swys14
ja nee ek glo darrem so as wat mens elke keer moet peuter.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 11, 2012 9:13 am
by Rysmier
Swys,
Ek stem saam met jou en Gerhard. Ek het vanjaar op die harde manier die les geleer. Op 'n jag my geweer se zero verander, en toe dit by bok skiet kom, voel ek nie 100% seker oor my trajek. Kon darem bok met 1e skoot dood kry, maar ek moet erken ek is nie trots op my skootplasing.
Daarna besluit ek zero my gewere op 200m, en leer ken eerder die trajek. (Het voorheen my gewere op 100m gezero).
Mooi dag,
CCC
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 11, 2012 1:30 pm
by BRNO (Pierre)
Yipee, nog n App vir my Ifone

Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 11, 2012 1:56 pm
by BRNO (Pierre)
Ek wou nog byskryf "ek hoop". Moet se ek geniet nogals die bulletflite op my Iphone.

Re: 'n ZERO vraag
Posted: Wed Dec 12, 2012 11:04 am
by Jacques Kotze
Swys14
My raad... ken jou trajek van al jou speelgoed. (weet almal s? altyd so)
Ek het hierdie jaar begin veldskiet kompetisies doen en was dit 'n "eye opener"....
Toe die manne vir ons eendag op Atlantis se skiet baan s? ons moet op 'n "gong" skiet wat doooeeeeeeer in die bosse staan toe val my mond oop en almal skarrel en hou hulle duime in die lig en probeer afstand skat... party se gewere het geklink soos dai eerste elektriese tikmasjiene wat uitgekom het... al wat jy hoor is click cliick cliick click soos manne hulle teleskope aandraai met die hoop om dalk reg te raai en daai v?r "gongs" dalk raak te skiet. Ek het besluit om nooit weer in my lewetjie so onvoorbereid te wees nie en het daarna de laaste speelding van my gevat en hom herlaai met sy beste ladings en ek het gaan lood gooi op 100m, 200m en 300m. Ek het teikens gaan neersit op plekke in veld en net begin skiet op hulle. Dit het my so goed gedoen want nou gaan ek skietbaan toe en gaan skiet.... in die verlede het ek telke male gaan kyk of ek 3 gate in 1 kan skiet met my gewere (en jy weet dan die roer skiet reg). Die skietbaan het vir my nou 'n "gym" geraak waar ek lekr kan gaan oefen,... Ja... so nou en dan kyk ek of die roer nog groepeer soos hy moet, maar as ons besluit om nou op 300m op 'n blikke coke vol water te skiet.... dan wil ek nie raai nie.... ek wil weet! Die besigheid het ook nou ontaard in Saterdag kompetisies tussen ons vriende. Die afstande word so gevarieer en jy ken later jou geweer so goed dat dit net 'n plesier is om die teikens te kan raak skiet. Andre Volschenk het eendag vir my ges? na 'n skiet kompetisie... Waarom wil jy heeltyd gaan kyk of jou geweer ingestel is op 100m (jy weet dit mos)... gaan leer om te skiet! Daardie woorde was goeie raad.
Ag ek hoop my raad vind baad by iemand wat lees, dis my opinie en ek geniet my Saterdae nou so baie.
Groete julle
Jacques
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Wed Dec 12, 2012 11:07 am
by Gerhard
Jacquesk1975 wrote:

Goeie raad
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Wed Dec 12, 2012 10:04 pm

Dankie Jacques, goeie post van jou, ek voel ook dit sal my net deurmekaar maak as ek moet peuter elke keer, so ek moes net sekermaak of ek darrem reg dink soos die meer ervare manne. Swys.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Wed Dec 12, 2012 10:15 pm
by Johan22
Swys Ja die manne gee mooi raad die igelse se practice make perfect so doen so en jy sal sien dit werk lekker kos bieki meer geld maar te lekker om dit so te spandeer
Groete Johan
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Fri Dec 14, 2012 7:00 am
by Piet Breedt
Ek het al vele skiet dissiplines in my lewe gedoen, en geen een het my so baie van skiet af geleer soos veldskiet nie. SA Jaggeweer Skiet Vereniging se skiete leer jou uit enige posisie skiet, en boonop om die afstand reg te skat. As jy ooit iets van koe?lbane en windlees af geweet het, sal jy dit nog meer beleef by die veldskiete.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Fri Dec 14, 2012 8:13 am
by MEERKAT
Baie waar wat jy se Piet , baie interesant om op die veldskiete te sien hoe sleg skieters/ jagters eintlik skat dit is nou myself ingesluit. Is die skat van afstand nie 'n baie groot deel van die jag nie? Deesdae range die manne die afstand stel clicks heen en weer , so is daar nog enige nodigheid om gewere te zero?
Is daar 'n beter leermeester vir vandag se jagter as die veldskiet kompeties, meer realistiese toestande is daar verseker nie. Nou heentemal afgedwaal van topic, is nog besig om uit te werk waar om nuwe 222 50 met 1x9 twist loop te zero met 70 Berger/69 Siera, lyk dan nou amper asof hy die 243 ackeley gaan out perform.
Groetnis
MEERKAT
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 18, 2012 2:13 pm
by Swys14
Baie dankie ek sal baie graag wil begin deelneem aan Kaapjag se veldskiet dae in die toekoms.
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 18, 2012 6:59 pm
by Reggie Gerber
Wat ook baie help is n scope met n tipe varmint recticle As jy mooi met hom oefen sal jy weet met watter lyntjie jy moet korrel vir verskilende afstande.
Die Zeiss rapid z recticles is baie lekker om mee te skiet.
Reggie
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Tue Dec 18, 2012 9:01 pm
by Jakkalsgat
Swys14 wrote:
As julle gaan jag by 'n plek en jy kry die info dat gem. skoot afstand se maar 275m is...maar jy is gezero op 200m...zero julle jul gewere oor en leer ken die nuwe trajek?
Bekruip tot jy op 200m is en skiet dan
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Thu Feb 21, 2013 4:32 pm
by Boskettie
Soos alreeds genoem, jy kry 'n gratis aflaai program "Pointblank" wat jou trajek ens uitwerk.
Ek het stap verder gegaan, en 'n mil-dot teleskoop aangeskaf. Verder het ek dan ook 2 apps op die i-phone - 1ste gebruik die mil-dots om die aftstand te bepaal, die 2de app is van "bullet drop" waarmee ek dan vinneg trajek en wind drift kan uitwerk.... baie lekker op skietdae ens maar gebruik dit nie in die jagveld nie.
Vir die jag veld zero ek my geweer op 100m (0-100m het dan baie min tot geen mil-dot aanpassings) en gebruik dan die mil-dots van daar af op 50m inkremente tot op 350m. Die ballistiese program wat jy gebruik bepaal natuurlik hoeveel mils jy moet kompenseer, en jy leer die maar uit jou kop uit.
Op die "Pointblank" manier met die .303 gelaai met 215gr Claw punte ... zero geweer op 175m en jy het dus op 'n teiken van 6" 'n pointblank van 0-225m as ek reg onthou. Ek beperk myself op 200m met die .303... dit is in elk geval my bosveld kombinasie
Kies dus 'n zero punt, bly daarby, en leer jou trajek ken
Re: 'n ZERO vraag
Posted: Thu Feb 21, 2013 5:57 pm
by THOMAST
Boskettie wrote:
Kies dus 'n zero punt, bly daarby, en leer jou trajek ken
Hoe is die ou gesegde:
"Pasop vir die boer met een roer" (want hy ken sy trajek!)