Page 1 of 1
Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 12:02 pm
by jl1904
Goeie dag almal,
Watter groot kaliber kan op standaard lengte aksies gebou word (VZ24).
Wat se kaliber sou julle voorstel vir so bou en hoekom.
Ek hoor graag wat julle dink.
Groete
Johan
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 12:12 pm
by DWB
As ek dit nie mis het nie:
404 Jeff
375H&H
458WM?
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 12:14 pm
by Jan Nel
Hi
416 Ruger - want ek wil graag een he!
Google hom, redelik baie inligting beskikbaar, selfde performance as 416 Rigby met kleiner aksie.
Groete
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 1:05 pm
by jl1904
Dit lyk na 'n baie lekker kaliber daai JP, ek het al na hom ook gekyk.
Hulle reken jy boots 416Rigby balistiek na met 'n 20" loop.
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 1:16 pm
by Jan Nel
Ek is besig om die reamer te ontwerp, sal dan by Manson bestel. Ek wil die nek dimensies so bietjie anders doen as die standaard reamer. My bestaande 416 Taylor se kamer word net verander. Sal maklik wees om die kamer te ruim, verder bly alles met die geweer presies dieselfde, net nuwe doppe en dies...
Groete
Jan
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 2:59 pm
by jl1904

Ja en hulle het nogal 'n skerp kant.
Ek het reeds 'n 375 H&H, maar soek iets groter en ek het klaar 'n standaard lengte aksie anders sou ek vir 450 Rig of 458 Lott gegaan het.
Ek moet se ek het 'n baie sagte plekkie vir die 404 Jeff, wat is julle opinie oor hom, soos ek verstaan is hy so 50-100fps stadiger as 'n 416 Rigby.
Groete
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 3:26 pm
by DWB
Kan nie daar verkeerd gaan nie!
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 3:43 pm
by Wouter Roets
jl1904
Die 404 Jeff se maksimum CIP/SAAMI lengte is 89.66mm wat hom so rapsie te lank maak vir n standaard aksie wat gelukkiger is met n TPL van 85mm. Dit is niks om n standaard aksie daai bietjie oop te maak nie en daar word ook nie eintlik veel verswak aan so n aksie in die proses nie.
Oor die kaliber self kan ek nie veel se wat alreeds gese is nie. Hy het homself deur en deur bewys en daar is basie geensins n verskil in terminale resultate tussen hom en die 416Rig nie. Met S365 en n 400gr koeel kan jy gemaklik 2450ft/sek in n 24 duim loop haal en nog steeds onder die 53 000psi merk inkom wat sy maksimum is. Dis baie medesyne in enige persoon se boek en maak die oorspronklike spoed van die 416 Rigby uit n 24 duim loop skaam. Die 404 se deursnee is ook groter op .423 teenoor die .416 van die Rigby. Dit is een van die redes hoekom die Rigby die Jeffrey uitpenetreer.
Ek persoonlik dink daar is beter dopsontwerpe as die 404 Jeff en sal die 416 Ruger nie sommer oorsien nie. Die kaliber het baie wat vir hom tel veral as die looplengte hier by 22-24 duim raak. Met normale poeiers kan jy nie die Rigby se oorspronklike spoed kry uit die Ruger nie. Dit is net in Hornady se fabrieksladings wat hulle dit reg kry, maar uit n 24 duim loop is 2400ft/sek wel haalbaar met n 400gr koeels en S355.
Aangesien jy reeds n 375 het kan jy dalk iets in die 458 klas oorweeg en hier sal Pierre vd Walt se 458 African n baie goeie keuse wees op die kort aksie. Dit is moeilik om in sy ontwerp gate in te skiet. n 500gr koeel teen 2300-2350ft/sek is baie ernstige medisyne.
Hierdie is n heerlike en interessante gesprek om nie eers te praat van die bouprojek self nie.
Groetnis
Wouter
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Mon Dec 10, 2012 3:52 pm
by Stefan764
500Jeff.......
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Tue Dec 11, 2012 9:37 am
by jl1904
Dankie vir die inligting Wouter, vertel bietjie meer van die 450 African asb, is doppe beskikbaar ens, ek sal bietjie gaan google en kyk wat ek kan kry.
Die 450 African klink vir my baie interesant.
Groete
Johan
Re: Standaard lengte aksie groot kalibers
Posted: Tue Dec 11, 2012 2:34 pm
by jl1904