[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 7
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)

JARACAL • Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.
Page 1 of 4

Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 10:10 am
by Frederik
Ons sit nou met die einde van 2012 en die begin van 2013 en my kop begin klaar draai na wat ek op my wenslys wil sit vir 2013.

1. Heel bo op my lys is om my seun sy eerste bok of vark te laat skiet  ;D

2. Ek wil weer kyk of ek darem nog 'n Roland Ward trofee op my muur kan sit. Die jaar was dit 'n gelukkie met die blesbok en amper 'n wildebees wat dit met 1/8" van 'n duim gemis het. Iemand moet vir Kopskoot tog dophou voor hy met die hele boek weghol.  ;D

3. Aankoop van 'n 243 Win vir my seun en natuurlik dit te gebruik as uitsluitlike springbok geweer vir my.

4. Meer gaan kompenterend skiet met BASA en my 375 H&H.

5. Kyk of ek weer ten minste 4 keer die jaar kan jag.

6. Ek het geen spesiefieke bokke op my lys nie maar sal sien wat voor my pad inloop en dan ook wat in die begroting pas.

7. My .270 moet bebloed word

8. Kans te gun vir jagter wat nie soveel kans kry nie of nuwe jagter voor te stel aan ons passie.

9. Meer te gaan visvang deur die jaar.

10. Meer Jaracal lede ontmoet.

Ek is seker ek kan nog bysit maar ek moet ook in ag neem dat die lys vervul kan word en nie net die lys bou nie.
So wat is julle planne vir 2013 ?

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 11:02 am
by Marc
:angel: ek het net een wens, al die ander goed is n bonus  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 1:01 pm
by Chris Swart
1) My 375Rug lisensie kry
2) Kudu bul met die 375 (hopelik op Geelhout)
3) Sal nog sien...

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 1:28 pm
by shooter
Om my sport saam met my seun te kan aanhou beoefen

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 2:29 pm
by grumpy
Marc, ek wens dit saam met jou my maat! Glo, want dit sal gebeur! :angel:

Ek wil net he my 375 lisensie moet so gou moontlik deur.
Het klaar kolf en alles. Kort net lisensie om geweer te gaan haal!! ;D

>:(

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 08, 2012 10:53 pm
by Jakes73
Ek hoop om volgende jaar my 1ste Eland bul te jag op 'n familie/gesin jag naweek. Ek slaan die groot "viernul" volgende jaar en dis 'n persent van vroulief af ...  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 6:54 am
by Danie Lombard .243
My en Jakes se gedagte vir volgende jaar klink om en by dieselfde. Ek het al verskeie soorte wild tiepes gejag maar tot en met hede nog nie 'n eland nie. Hoop 2013 is die jaar wat dit gaan gebeur.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 8:48 am
by Marc
Jakes73 wrote: Ek hoop om volgende jaar my 1ste Eland bul te jag op 'n familie/gesin jag naweek. Ek slaan die groot "viernul" volgende jaar en dis 'n persent van vroulief af ...  ;D
Ek wens so saggies saam vir dieselfde, hopelik saam Oom Hein daar in die Suide  ;)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 10:05 am
by Frederik
Marc, ek is seker daar is heel paar van ons wat saam met jou wens en bid.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 11:47 am
by Jean Marais
Frederik wrote: Marc, ek is seker daar is heel paar van ons wat saam met jou wens en bid.
Beslis.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 11:56 am
by Marc
Jean Marais wrote:
Frederik wrote: Marc, ek is seker daar is heel paar van ons wat saam met jou wens en bid.
Beslis.
Ja nee daai Eland gaan 'n skaal behoorlik buig  :o

Dankie manne ek weet, sorry vir die Hijack  :angel:

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 1:06 pm
by bengogga
'n mooi koedoebul
nog 'n jaggeweer
En dat piet-skiet my skietbaan toe vat

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 1:28 pm
by bengogga
Klink lekker, ek is daar!!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 6:04 pm
by Bosmeerkat
Eland bul
My enigste custom te bou - .416 Rigby

Lekker droom.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 6:11 pm
by jenn
1.Om 'n mooi bosbok ram te jag.
2.'n Akkurate laging vir my .243 en
3.Dan moet my vrou 'n Takbok gaan skiet.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:33 pm
by Cobus(Cobb)
Hierdie is 'n mooi toppic, daar is baie opregtheid.
Marc, jy en jou wens ruk my hart ou bees...

Vir 2013 wens ek
1)Vir 'n mooi Zebra...soek daai vel voor my bed.
2)Om mooi in die jak skiet ding in te kom
3)Rooibokram vir Dewie
4)Om meer met die Forum manne te kuier, te leer en te ontmoet.

Cheers

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:38 pm
by Marc
As ek nou so vinnig hier loer kan die manne wat Eland het solank begin voer, daar gaan 'n mooi mark wees in 2013  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:47 pm
by immelmanw
My wens is om n balans te vind tussen my werk, kompetisie skiet, jag, vrou en dogtertjie Mia.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 11:28 pm
by visstok
Wenslys vir 2013

2013 is die jaar van voor die Kansel staan vir my.

Marc, ons bid en vertrou saam jou!

Wenslys

Om baie meer te gaan roep.
My amper verloofde moet haar eerste bok skiet, n Rooiribbok bo in ons berg.
Baie meer saam my pa te gaan jag.

Laaste, om OPS Ooskaap te wen, hahahaha!!!

Groete Alex

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 09, 2012 11:32 pm
by Jakes73
Marc wrote: As ek nou so vinnig hier loer kan die manne wat Eland het solank begin voer, daar gaan 'n mooi mark wees in 2013  ;D
So bek moet djam kry ...  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Dec 10, 2012 12:41 am
by Swys14
1.) Ek wil ten minste een baie aangename en veilige jag ervaar saam met 'n paar vriende/familie.
2.) Ek wil akkuraat en veilig herlaai (ek begin nou maar eers herlaai)
3.) Wil baie oefen op die baan om 'n beter skut te raak
4.) Ek wil baie graag een jag alleen ervaar, 'n walk en stalk jag, verkieslik opsoek na Kudu in die Oos-Kaap.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Dec 10, 2012 5:37 am
by VdWalt
Ek is weer Saterdag by Rugania in die hide, en as ek dan nie reg kom
nie gaan ek vir Kallie moet op vat op sy uitnodiging om my eerste
vark met die boog by hom te kom skiet!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Dec 10, 2012 8:14 am
by Gawie(13mm)
Willem, dit klink baie soos my vrou se wens ook. ;)
Wil graag in 2013 my eerste gemsbok om dop en miskien 'n Kudu in Nam.
Ek hoop my maat daar in die Suide lees die post. :angel:
Groete van huis tot huis,
Gawie.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 12, 2012 12:13 pm
by Frederik
As ek so kyk dan behoort ons lekker jag stories te he in 2013  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 12, 2012 12:16 pm
by FCLoretz
Ek wil nie baie he nie.

Ek wil wel weer saam my Pa gaan jag in 2013
En ek wil he my vrou moet haar eerste bok skiet.

Dan wens ek vir al my mede jagters 'n wonderlike 2013 jag seisoen toe en dat al hulle jag wense en begeertes vir 2013 sal waar word.