Page 1 of 1
Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 2:03 pm
by SV MAD (Henk)
Middag manne
Graag wil ek raad vra
Watter van die 2 scopes (Simmons en Weaver) is goeie kwaliteit en sal die recoil van 'n 44 Magnum rollie kan hanteer?
Groete
Henk
Re: Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 2:08 pm
by tripodmvr
Kom ek maak jou kop deurmekaar. Nou die dag deur 'n 2-7x32 Burris rewolwer teleskoop geloer. Baie helder en netjiese teleskoop.
Ek dink al drie die teleskope sal opgewasse wees.
Re: Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 2:09 pm
by SV MAD (Henk)
Ek ken die Burris en weet dit is baie goeie scopes.
Maar ek wil graag weet oor die ander...
Baie dankie
Re: Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 2:17 pm
by 1250bandit
Ek moet se ek het nie praktiese ondervinding hier nie want ek skiet die 44 met oop visiere nog. Ek het wel gelees erens dat die Weaver ok is.
Re: Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 2:32 pm
by Kerneels S.
Ek het 'n Weaver op my Black Hawk. Hy is OK maar sal defnitief iets anders probeer volgende keer.
Moet ook s? my Weaver is al 12 jaar op my rollie.
Groete
Re: Beste scope vir 44 Magnum: Simmons vs Weaver
Posted: Fri Dec 07, 2012 3:10 pm
by LUAN
Ek het n Simmons 3-9x50 teleskoop wat al 6 jaar oud is. Hy is solid en hou sy zero op n springwindbuks. Dis die scope waarntoe ek altyd terug gaan om te kyk of my scopes die rede is as die windbuks nie meer konstant groepeer nie.