Page 1 of 1

Lekker kunsaas sessie!

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:45 pm
by marno
So is ek Woensdag oggend na 'n lekker plekkie om te gaan visvang.  Die kunsaas dip stok en vlieg stok ingepak.

Daar aangekom en gou vir HugoV gekry toe is ons na die eerste dam toe.

Ek het vir Hugo gou vinnig verduidelik hoe mens karp dip op die borrels terwyl hulle voer.  Hugo het mooi geluister en ons sien toe 'n karp voer lekker.  Hy laat sak toe die loodkoppie en dit was nie 4 sekondes nie toe is hy vas met sy eerste karp op kunsaas.  Vis geland en toe vang ons verder.

Ons het klomp toe gevang op kunsaas en op vlieg vir die dag.  Dit was 'n vreeslike lekker dag.

Ek dink Hugo was baie verbaas oor hoe effektief kunsaas werk vir karp.

Hier is so paar vissies.

Re: Lekker kunsaas sessie!

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:46 pm
by Geno
"Lekker plekkie" Hmmm, lyk of mens 'n golfbal kan slaan daar! ;)

Re: Lekker kunsaas sessie!

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:56 pm
by Hugov
I aint saying nothing  ;D ;D

Dankie vir die tips Marno. Is regtig n lekker manier van karp hengel.

Mooiloop H

Re: Lekker kunsaas sessie!

Posted: Fri Dec 07, 2012 1:01 pm
by Jakkalsgat
Marno en Hugo

Verduidelik bietjie hoe werk die manier van karp vang, ek het mos nou so plekkie hier teen Renosterspruit. Die bure daar hou nie van dinamiet nie, help 'n bietjie en sit fotos op.

Groete
Jaco

Re: Lekker kunsaas sessie!

Posted: Fri Dec 07, 2012 1:13 pm
by marno
Hi Jaco,

Is eintlik baie maklik.  Jy het lang stok nodig.  Verskieslik minimum lengte van so 4.5m en dan 'n loodkoppie met 'n Sada Curly tail.

Jy sien waar die karpe voer deur te kyk vir modder wat na die oppervlak kom of jy kyk na die borrels soos hulle voer.  Jy skat dan waar sy bek is en laat sak die loodkoppie tot op die bodem.  Beweeg die loodkoppie dan stadig op en af.

Die karp dink dis 'n kossie wat daar uit die modder kom en sluk hom.

Dit raak net bietjie "tricky" in dieper water maar in vlak water is dit baie effektief.

Hoop dit maak sin.  Dalk laat ek dit nou bietjie makliker klink as wat dit is.

Groetnis.

Hier is 'n foto van hoe die loodkoppie in die karp se bek lyk.