Page 1 of 1

langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:46 am
by Piet Breedt
Nadat ons verlede Saterdag die gonge op 800m en 850m geskiet het, het die manne wat nie n spotter gehad het, en veral die met die groot kalibers wat redelikke recoil het gesukkel om te sien waar hul skote loop.

Ek en Eddie wat die gonge vir ons sny het so bietjie gepraat en met n mooi plan vorendag gekom. Dit gaan so bietjie duur wees, maar ek dink as jy ernstig is oor die langafstand skiet ding is, sal dit n enorme hulpmiddel wees.

Ons wil n 6mm patserataal plaat van 1.2m x 1.2m vat en n 200mm gat in sny so groot soos ons gonge en hom wit verf. Dan wil ons n normale gong agter hom in die gat hang wat rooi geverf is. Dan kan jy mooi sien waar jou mis skote sit en kompenseer. Dit gaan jou baie leer van kondisies lees en jou verstellings op jou scope.

Saam met die gong sal dit ongefeer R 2700.00 per eenheid kos. Dit is duur, maar as ons so klomp manne is soos ons Saterdag was, sal ons dit in twee sessies klaar betaal, as ons die inskrywing R250.00 per skut maak. Dan maak ons 2 vir die 800m en 2 vir die 850m

Wie sal belang stel om so initiatief te ondersteun, en het julle teen voorstelle?

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:49 am
by Varminter-308
More Piet.

Ek sal defnitief julle ondersteun.

Ek het ook n paar 20mm staal wat ek gesny het vir gongs in verskillende diameters.

Groete

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:49 am
by Eugene
Ek sal dit ondersteun, al kom ek net as toeskouer.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 9:59 am
by Piet Breedt
Dankie Varminter - 308.

Die probleem met sulke duk staal is dat dit baie swaar raak, en dat jy hom nie mooi sien beweeg op die lang afstande as jy hom met n ligte kaliber skiet. n.338 Lapua maak ook nogal skade op hom, selfs op daardie afstande.

Dit moet maar van Amox wees en klaar, anders koop jy in n kort tydie weer.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 10:05 am
by BLOK
Piet Breedt wrote: Die probleem met sulke duk staal is dat dit baie swaar raak, en dat jy hom nie mooi sien beweeg op die lang afstande as jy hom met n ligte kaliber skiet.
Selfs op 500m lyk dit net asof n sterkerage wind die gong waai, as hy te swaar is sal jy nie eers weet jy het getref met die 204 nie.


Oom Piet, klink reg soos ons gepraat het gaan dit baie makliker wees en dink dit is n blink plan.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 10:46 am
by Mars67
Dit is 'n baie goeie idee. As mens kan sien presies waar jou skoot heen is kan mens werk met 'n gegewe en hoef jy nie te raai hoeveel die skoot links, regs, hoog of laag was aan die hand van waar die stof uitslaan nie.  Dit maak dit baie meer "wetenskaplik" en jy het 'n definitiewe aanduiding van waar jy jou verstellings kan maak.

Ek wonder net hoekom rooi vir die gong en of swart nie beter sal kontrasteer nie? Miskien is die vraag gebaseer op my onkunde want ek het nog net met 'n voorlaaier met 'n gaatjies visier op daardie afstande geskiet dan is swart op 'n wit agergrond definitief makliker om 'n behoorlike "sight picture" te kry. Die f-klas manne wat langs ons skiet se teikens het ook 'n swart kol.

Ek het gevind dat swart op wit en wit op swart skoot aanduiders op die teikens (en ek gee toe dit is baie klein relatief tot die teiken self) makliker is om presies te sien as wanneer hulle rooi gebruik. Die Dayglo oranje kan mens wel nogal lekker sien. Ek praat nou hier van die langer afstande maw 700 tot 900m. Op 'n dag met 'n dik mirage wat lyk soos stroop sukkel ek my stert af om 'n rooi merker te sien. Die dayglo is beter en die swart of wit na gelang van die geval is die beste.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 11:03 am
by Jakkalsgat
Oom Piet

Net 'n vraag, hoekom kan mens nie in plaas van so groot stuk duur plaat eerder 'n stuk "conveyor beld" aan 'n raam hang sodat sy onderkant los is, hom steeds 'n gat insny in die middel en gong agter die gat hang nie. Die "conveyor beld" kan jy dan sommer met wit PVA verf elke keer wit verf. Die feit dat "beld" los hang onder gaan maak dat hy effe mee gee en nie so vinnig stukkend geskiet word nie. Gaan ligter wees as daai plaat en baie goedkoper.

Groete
Jaco

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 11:45 am
by Zack Benade
Piet, ek hou van julle plan.  Ek glo dit gaan verseker werk.  Julle maak my lus. :P :P

Mars67
Ek wonder net hoekom rooi vir die gong en of swart nie beter sal kontrasteer nie?
'n Swart teiken lyk baie kleiner as wat dit werklik is.  Die swart absorbeer baie lig terwyl wit weer baie weerkaarts. Op 'n silhouette baan sal jy duidelik die verskil op 500m sien tussen die wit en swart op dieselfde grote teikens.
Die swart teiken maak mens bang so klein lyk dit en is nie goed vir jou selfvertroue nie. :P :P
Die wit teiken vertoon groot agv van die lig wat weerkaats word.  Die word erger as die mirage bykom.
Rooi teikens is beslis die beter opsie saam met orange.  :angel:

Jakkelsgat
Converbelt kan werk maar wys nie altyd mooi waar jou skoot deur is nie al is hy met dik pva verf geverf.  Die beste bly maar 'n plaat waarteen die koeel punt sy duidelike merk kan los.  Staal is verseker beter vir sigbaarheid op lang afstande.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 11:55 am
by Mars67
Dankie. So leer ons maar. Nou weet ek hoekom ek nog elke keer bang word as ek op 900m op stap met my voorlaaier na amper 5 jaar se kompetisie skiet!  ;) ;D

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:20 pm
by swc-tr
Piet Breedt wrote: Dan kan jy mooi sien waar jou mis skote sit en kompenseer. Dit gaan jou baie leer van kondisies lees en jou verstellings op jou scope.
Piet
Ek verstaan jou logika...., maar daar is 'n effense probleem in my ondervinding, jy gebruik "ou inligting" om vir jou volgende skoot te kompenseer (in skyfskiet terme word dit "chasing the spotter" genoem), dit vertel jou niks van wat aan die kom is nie. In rustige/konstante omstandighede werk dit baie goed, maar wanneer die wind fishtail help dit amper niks. Tydens oefening, waar jy wil leer van kondisies lees, glo ek moet jy ook van windvlae tussen die skut en teiken gebruik maak. Tydens 'n kompetisie kan daar natuurlik verkies word om sonder die hulpmiddels klaar te kom.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:28 pm
by Marc
Oom Piet waar maak ek my donasie, aangesien ek die byeenkoms gemis het  :-[

Soos Oom hom het Klink vir my dood reg, ek gebruik hom ook so, net nie met gat in die middel. Verf so 20mm rooi Kol in die middel nes Oom wil maak.

Zack daai was nou n bakgat verduideliking, enough said  8)

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 2:31 pm
by shooter
Piet dis n blink idee van julle.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 5:41 pm
by Jassie
Wie gaan die vurkhyser koop om die plate takties rond te skuif en hoe gaan julle manne dit vervoer, veral die op en aflaai slag. Daai helper van Piet is beslis te lig in die broek al is hy nou 'n "bekwame skut/hond"?

Net 'n vraag!

Groete
JAS

PS Julle sal in ag moet neem dat Grumpy nie elke keer kan saamgaan nie.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:23 pm
by JPS
Oom Piet,

Ek sal ook my bydrae maak.
Laat weet waar betaal ons in.


Groetnis
JP

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Sun Dec 09, 2012 6:42 pm
by Piet Breedt
Die kleur van die gong kan ons maar mee speel en kyk wat werk goed. Swart werk nie baie mooi aangesien jy nie altyd mooi kan sien waar jou skoot getref het nie. Op wit kan jy duidelik jou skoot of blerts sien vasslaan as daar nie mirage is. As die mirage die dag loop, sal jy in elk geval op geen kleur jou skote kan sien op daardie afstande.

Op conveyor sal jy nooit jou skote kan sien op daardie afstande, al verf jy hom wit aangesien die gaatjie toetrek. Die metaal plaat gaan jy duidelik hoor en jy sal dit kan sien, want die koe?l maak so groot spatsel.

Swc-tr, oor die ou inligting kan ek nie stry nie, maar daar is geen ander manier om te leer sonder windvlae en ervare regtig spotters. Wat ek verlede Saterdag agtergekom het, is dat n onervare spotter maklik die skoot laag call, maar intussen is dit omdat die hoek wat die koe?l inkom op daardie afstand so skerp is dat hy 15m agter die gong val, dan lyk hy laag, maar is nie. Na die tyd was dit opvallend om te sien hoeveel skote was bo deur die band, en selfs op die gong rame. Ek het kort kort gehoor iemand call die skoot laag.

Wat baie tot my sukses met my .22 250 bygedra het, is die feit dat ek amper vir myself kon spot, en sien waar my skote loop en vinnig regstel en dan met die volgende skoot raakskiet. Ek kon net nie die vapour trail self deur die scope sien nie. Ek moes daar na die spotter luister.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:12 pm
by grumpy
As ek n voorstel kan maa.

Hoekom gebruik julle nie daai dun plat plaat wat jy koop.  Dit is redelik goedkoop en maklik om rond te beweeg. Wanneer jy hom op sit verf jy hom met n roller en wit PVA verf. Teen die tyd wat die manne wil begin skiet is die verf droog en jy kan steeds sien waar die gate is. Die plaat is goedkoop, maklik om te vervoer en hanteer en jy verf hom vinnig met n roller. So dit sal nie so duur wees omte vervang nie en sal maklik hanteerbaar wees. Die plaat is gewoonlik 1.2m x 800mm.

Net n idee! ;)

>:(

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Sun Dec 09, 2012 7:22 pm
by Marc
Oom maak my nou weer van voor af kwyl  :D

As dit enigsins sou help noem ek net kortliks die volgende. Vir my 500m plus skiet werk gebruik ek een van daai lolipop boog teikens. Hy is so 1x1 en wys jou skote baie mooi, selfs op afstand kan mens redelik maklik sien waar jou skoot geval het. Tensy hy in die swart area val natuurlik  :angel:

Hy lyk so iets, miskien help dit met die kleur skakerings. Die geel is sag op die oog en wys ook die "hit" duidelik.

Image

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Mon Dec 10, 2012 6:04 am
by Piet Breedt
Grumpy, die dun plaat gaan net n klein gaatjie maak, en nie splatter dat jy op die lang afstande jou skoot kan sien. Dit gaan ook aanvanklik baie goedkoper wees, maar gaan nie lank hou nie. Met die Amox koop jy eenkeer en koop klaar. Die gewig gan nie regtig n probleem wees nie, aangesien daar gery kan word tot by elke gong.

Marc, tot op watter afstand sien jy jou koe?l gate op die lolipops?

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Mon Dec 10, 2012 9:08 am
by Mars67
Schalk maak 'n geldige punt. Die eerste prys sal vlae wees. Die probleem is dat dit die die doel van die oefening vereidel want niemand gaan vir jou vlae opsit in die jagveld nie. Die kuns met die langafstand skiet is om die kondisies te kan interpreteer sodat die verstelling wat jy opsit lei tot 'n kol op die gong. Die enigste manier wat mens kan leer wat die wind doen is as jy kan sien wat hy doen. Die mirage op sigself is nie genoeg nie. Jy sien die mirage waar jou scope gefokus is maar wat doen hy elders? Jy kan seker op en af fokus maar teen die tyd wat jy klaar is het hy alweer verander. In 'n "fishtail" wind is dit in elk geval moeilik met of sonder die vlae en vlae is maar jou enigste hoop. Mens kan maar die vlae weer afhaal in die kompetisie soos Schalk voorstel. Ek stel nie voor dat mens die kol jaag nie. Die punt is dit is meer objektief waar die merk sit op die plaat as om te skat waar die stof uitslaan.

Re: langafstand gong skiet projek

Posted: Mon Dec 10, 2012 11:19 am
by Marc
Piet Breedt wrote: Marc, tot op watter afstand sien jy jou koe?l gate op die lolipops?
Oom Piet

Dit was op 600, ek weet nie hoe dit gaan lyk op 800 nie  :-[ , sal dit eersdaags toets en laat weet. Op  500m kon ek deur my 25x geweer teleskoop nog goed sien. Op 600 met die spotting scope op 30x redelik maklik.
Mars67 wrote: Ek stel nie voor dat mens die kol jaag nie. Die punt is dit is meer objektief waar die merk sit op die plaat as om te skat waar die stof uitslaan.
Ek stem 100% saam, dink nie dit is die doel hier nie  ???