Page 1 of 1

Lading vir 30-06 met Barnes

Posted: Sun Dec 02, 2012 3:17 pm
by grumpy
Ek het vir my Barnes TTSX 168gr gekry. Ek wil laai vir my 30-06 met PMP doppe, S365 kruit en Federal primers.

Watse lading kan ek begin laai en wat sal die max wees. Ek wil begin laai om lading te kry vir groepering asb.

Dankie
Grumpy >:(

Re: Lading vir 30-06 met Barnes

Posted: Mon Dec 03, 2012 3:49 pm
by At308
Hi Grompy,

Ek sien die manne wil jou nie help met ladings nie. Ek het nog nie self Barnes X gelaai op die nul kwes nie, slegs in die 375 H&H. Ek het Barnes X ladings in aparte gedeelte van my Somchem boekie, kan vir jou daai ladings gee indien jy dit nie het nie? 

Ek gaan teen die naweek 'n paar patone laai met Barnes vir die nul kwes, ek gaan maar die begin speel met die Somchem boekie se ladings.

Hoop dit help. 

Re: Lading vir 30-06 met Barnes

Posted: Mon Dec 03, 2012 3:52 pm
by Jakkalsgat
Grompot

Begin met die lading wat ek jou gegee het en kyk hoe groepeer hy maak dan aanpasings boonte en ondertoe en laai 5 of 10 op 'n slag en bepaal so jou beste lading vir daardie koeels uit daai mooi 30-06 van jou.

Groete
Jaco

Re: Lading vir 30-06 met Barnes

Posted: Mon Dec 03, 2012 6:20 pm
by tripodmvr
At308 wrote: Hi Grompy,

Ek sien die manne wil jou nie help met ladings nie. Ek het nog nie self Barnes X gelaai op die nul kwes nie, slegs in die 375 H&H. Ek het Barnes X ladings in aparte gedeelte van my Somchem boekie, kan vir jou daai ladings gee indien jy dit nie het nie? 

Ek gaan teen die naweek 'n paar patone laai met Barnes vir die nul kwes, ek gaan maar die begin speel met die Somchem boekie se ladings.

Hoop dit help.
Die X ladings in die Somchem boekie is vir die ou soliede skag Barnes X en nie die nuwe TSX en TTSX nie. Die nuwe koe?ls kan nes gewone loodkern behandel word synde hulle nie onnodige druk gee nie.

Re: Lading vir 30-06 met Barnes

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:02 pm
by At308
@tripodmvr, Dankie vir die inligting!