Page 1 of 1

Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 9:16 am
by christo gouws
More Vriende.
Ek het gister vir my die Garmin Etrex 10 gps gekoop en ek sukkel om die bearingline op te sit en dit te gebruik.Sal julle my asb help om dit te verstaan en dit te kan toepas.Daar was nie n pamflet by gewees om die funksie te verduidelik nie en ek se byvoorbaat dankie .
Groete en n rustige Sondag vir almal.
Christo.

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 9:58 am
by Dawie D
Christo

Jy is welkom om my te bel dan verduidelik ek jou sommer oor die foon anders sit ek die heeldag en tik ;D

Ek het swak opvangs by my huis so as jy my nie kry nie stuur net vir my n sms dan sal ek jou terug bel.

My nommer is 0agt3 vier drie agt 959sewe

Groete Dawie

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 10:53 am
by Mac
Google is your friend, daar is manuals van al Garmin se produkte beskikbaar op die net, verniet.

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 11:19 am
by tripodmvr
Mac wrote: Google is your friend, daar is manuals van al Garmin se produkte beskikbaar op die net, verniet.
Mac, wou dit ook vroe?r voorstel maar is weggeroep vanaf die rekenaar - ek verstaan nie die jong manne nie - hulle word groot met die' tegnologie en dan moet die ou ballies hulle wys waar om die goed te kry. If all else fails, "Google" it.

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 12:32 pm
by Cobus(Cobb)
tripodmvr wrote:
Mac wrote: Google is your friend, daar is manuals van al Garmin se produkte beskikbaar op die net, verniet.
Mac, wou dit ook vroe?r voorstel maar is weggeroep vanaf die rekenaar - ek verstaan nie die jong manne nie - hulle word groot met die' tegnologie en dan moet die ou ballies hulle wys waar om die goed te kry. If all else fails, "Google" it.
Marius/Mac.... dis maar ons manier om met julle oumanne kontak te hou...julle voel mos lekker as julle ons jonglatte kan help en reghelp, of hoe??

Cheers

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 3:52 pm
by christo gouws
Dawie.
Dankie vir die raad ek gaan aanhou oefen tot ek hom onder die knie het.Die forum kan trots wees op mense soos jy wat die 'jongmanne' wil help.
Die ou manne is maar skraps met hulle hulp[ha ha ha].
Groete.
Christo.

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Sun Dec 02, 2012 7:14 pm
by Dawie D
Christo

Dis n plesier, ek glo jy sal dit vinnig onder die knie kry.

Lyk my die "oumanne" is skerper as ons jong manne met die tegnologie :angel: ;D


Sterkte Christo en geniet hom.

Re: Hulp nodig asb.

Posted: Wed Dec 12, 2012 6:38 pm
by visstok
Al hoekom die ou manne skerper is met die tegnelogie, hulle het al langer tyd gehaat om te oef! Hahahahahaha