Page 1 of 1

6.5/300 H+H

Posted: Sat Dec 01, 2012 11:51 am
by rockrabbit
Hello manne, ek soek raad. Na ek die 6.5 STW storie van Layne Simpson gelees het, dink ek 'n 300H+H dop afgenek na 6.5 sal 'n lekker langafstand roer maak. 140gr Hornady A-Max bc .618 teen +/- 3400fps of 123gr Lapua Scenar bc .574 teen +/- 3500 fps of 108gr Lapua Scenar teen +/- 3650 fps. Ek kry 3350 Fps uit my 300H+H met 155 Palma sonder druk en 3614 Fps uit 25-06 Ack Imp met 100gr Sierra Match BTHP. So ek dink nie die spoed wat ek skat vir die 6.5 klink te wild nie. Die 6.5 STW is 200-300 fps vinniger as 'n .264 Win Mag volgens mnr. Simpson. Enige kommentaar en raad sal wardeer word.
Dankie Rockrabbit

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sat Dec 01, 2012 12:15 pm
by Gerhard
Lyk of hierdie n baie warm kaliber gaan wees.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sat Dec 01, 2012 2:33 pm
by James Wilson
Ja kyk, n mens kry ook reeds die .244 H&H wat n 6mm koeel het.

Ek dink nie jy sal sommer n dedicated langafstand kaliber kry wat n magnum belt het nie. Ek dink ook die skouer van die hh dop is nie hunstig nie. Miskien iets soos n 6.5-300wsm.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sat Dec 01, 2012 2:49 pm
by Jacquesb
Rockrabbit.

Ek self is nie 'n fan vir 'n belted dop nie.
Wil jy 'n nuwe wildcat bou?

Hoe lyk die stats van die 6.5 284?

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sat Dec 01, 2012 3:10 pm
by Jacquesb
http://www.ballisticstudies.com/Knowled ... Norma.html

Rockrabbit.
Nee wat die 6.5-284 is nie so warm as die enetjie wat jy wil bou nie. En hy vreet die lope.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sun Dec 02, 2012 8:07 am
by Machann
Wat van n 300 Rum afnek as jy die HH roete wil gaan? Of Wat van n 6.5x68 of dalk die nuwe 338 Norma afgenek as mens van belted wil wegkom of dalk die 375 Ruger?

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sun Dec 02, 2012 1:02 pm
by Johan JvR
James

Ek verbeel my oom Org Hamman het 'n jaar of so terug 'n 6.5-300wsm gebou.

Looplewe was omtrent 850 skote.  Ek dink ek onthou reg, kan egter verkeerd wees.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sun Dec 02, 2012 2:39 pm
by James Wilson
Johan JvR wrote: James

Ek verbeel my oom Org Hamman het 'n jaar of so terug 'n 6.5-300wsm gebou.

Looplewe was omtrent 850 skote.  Ek dink ek onthou reg, kan egter verkeerd wees.
Jy sien.  Dit is basies die rede waarom die .244H&H Magnum nooit werklik komersieel sukses kon smaak nie. Kyk nou maar na Ludwig se 284, se eie 300wn skiet heelwat vinniger as  sy dedicated 284, nogtans ia die spoed tesame met die 284 se bc, beter as die magnum kaliber vir langafstand

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sun Dec 02, 2012 8:10 pm
by BLOK
Loopleeftyd, eish!!!

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Sun Dec 02, 2012 9:55 pm
by tripodmvr
Dit is nie net loopleeftyd wat problematies is nie. Somchem se kruite laat ook nie reg geskied aan so groot dopkapasiteit nie. Te vinnig vir so groot dop.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Wed Dec 05, 2012 7:37 am
by Johannes Schoeman
264 wim mag is in selfde klas. Dink dit is 300 win mag  dop. Brand loop lekker vinnig. Skiet  blesbokke met hom as wind regtig waai hier in Vrystaat.

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:53 am
by Raven
Ludwig,

Baie goeie punt wat jy maak.

Raves

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Wed Dec 05, 2012 12:19 pm
by Wouter Roets
Rockrabbit

Wat is jou looplengte op jou 25-06 AI?

Groetnis
Wouter

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Wed Dec 05, 2012 1:52 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote: Rockrabbit

Wat is jou looplengte op jou 25-06 AI?

Groetnis
Wouter
Gewag vir die een...

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Wed Dec 05, 2012 7:44 pm
by rockrabbit
Hello Wouter, die 25-06 AI het 'n 27 duim 1-10 twist loop, 63gr S385.
Groete Rockrabbit

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Thu Dec 06, 2012 9:15 am
by Wouter Roets
Hallo Rockrabbit

Net n vriendelike woord van waarskuwing op daai lading in die 25-06 AI. Jy hardloop daar op drukvlakke van 77 000psi. Ek weet jy gaan se jy sien nie daai drukvlakke op die dop nie maar dit is geensins te se dat dit nie teenwoordig is nie. Ackleys oor die algemeen steek leesbare drukvlakke baie beter weg as wat normale kalibers doen en die 25-06 AI is dalk een van die wat dit die beste doen. Dit is bitter min dat jy n slot kry wat moeilik ook maak en die rede daarvoor met Ackley's is dat jy baie min bolt-trust het met die ontwerp vanwee die min body taper van die dop. n Beter manier om druk te meet by die Akley's is om na jou basis uitsetting te kyk. Sodra hierdie syfer hoer as 0,002 gaan weet jy jy is baie naby aan 60 000-62 000psi maar die tipe dop het ook n groot invloed hierop.

Soos jy seker weet is die 25-06 AI nie n groot wenner in spoed teenoor die standaard een met ons poeiers nie. Die kaliber kort n baie spesiale stadige ontbrandende poeier om die meeste te maak van die groot dopkapasiteit. Die feit dat die standaar 25-06 se maksimum drukvlakke het van 65 000psi maak dit ook moeiliker om werklikwaar beter verrigting te kry. Jou volgende nodespoed is 3463ft/sek maar die druk is op 65 000psi met die spoed, wat nog steeds hoog is en dan is jou volgende een op 3307ft/sek met n drukvlak van 55 000psi. Hoop hierdie is van waarde.

Groetnis
Wouter

Re: 6.5/300 H+H

Posted: Thu Dec 06, 2012 6:02 pm
by rockrabbit
Wouter, ek het die 25-06AI laat rechamber. Ek gooi nou 58gr vir 3358fps. Groete