Page 1 of 1

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Fri Nov 30, 2012 3:16 pm
by Marc
Die man mag maar hoor, wys nou maar net hoe belangrik die regte toerusting is  ;D

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Fri Nov 30, 2012 4:56 pm
by THOMAST
Interesant dat hy 'n "gain twist" loop gebruik.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Fri Nov 30, 2012 6:10 pm
by Marc
THOMAST wrote: Interesant dat hy 'n "gain twist" loop gebruik.
Ek het nie eens so gelet nie  ???

Hoe werk die besigheid, het nog nooit van so iets gehoor nie  8)

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Sat Dec 01, 2012 7:09 am
by Machann
Hi Marc. Gain twist is as die groewe in jou loop se twist toeneem verder af in die loop inplaas van een twist rate deur die loop. Jou koeel begin in die loop basies met niks twist en soos hy verder in die loop af hardloop "gain" hy "twist". Kan nogal dink dat dit jou druk vlak sal verlaag en die loop bietjie langer lewe gee. Dink Andre Mojet maak ook sulke lope as ek reg verstaan van oom Kassie.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Sat Dec 01, 2012 8:22 am
by LUAN
Daai skote klink so sag is dit omdat daar wind is of help die silincer so baie want dan soek ek so een.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Sat Dec 01, 2012 8:25 am
by Marc
Machann wrote: Hi Marc. Gain twist is as die groewe in jou loop se twist toeneem verder af in die loop inplaas van een twist rate deur die loop. Jou koeel begin in die loop basies met niks twist en soos hy verder in die loop af hardloop "gain" hy "twist". Kan nogal dink dat dit jou druk vlak sal verlaag en die loop bietjie langer lewe gee. Dink Andre Mojet maak ook sulke lope as ek reg verstaan van oom Kassie.
Verstaan so ja, maar buiten verlaagde druk soos genoem is, is daar enige ander voordele hieraan  ???  Dit moet baie tegnies wees om die spin presies te laat uitwerk met so veranderende twist. Gaan dit bietjie Google as ek kans kry, klink bitter interesant  8)

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 9:07 am
by Marc
Ludwig wrote: Maar die konsep maak sin. Dit is baie moeilik om gain twist te masjieneer, wat die lope duurder maak as gewone twist lope.
Thanks Ludwig, het so opgetel. Dit is baie interesant, maar ek is ook nie oortuig nie  :-\

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 9:13 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Marc en Ludwig vir die vrae en antwoorde. Twwe vrae van my kant af: Natuurlik sal daar geen twist by die groewe self dan wees nie, maar wat sal die twist dan by die tromp wees, en hoe kan julle manne aan die geweer sien dat dit n "gain twist" loop is?

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 10:54 am
by THOMAST
My probleem met 'n sg "Gain twist" loop is die gravering van die koe?l in die loop se groewe.
As die draai konstant is, is daar dus 'n konstante hoek waarmee die koe?l die groewe/lande meet. Maar as die hoek nou  verander agv van veranderlike "twist" soos die koe?l afbeweeg in die loop, gaan dit die graveringspatroon op die koe?l mos verander, of hoe? Hoe gemaak met 'n monolitiese koe?l? Is die kanse vir gas ontsnapping langs die koe?l verby(Gas Blowby) nie groter nie?
Kan nog nie my kop om die een kry nie.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 10:59 am
by Wouter Roets
Tomast

Dit maak twee van ons!

Groetnis
Wouter

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:03 am
by BRNO (Pierre)
Ludwig wrote: Die ou in die video noem dat die loop 'n gain twist is. Dis hoe ons weet  ;D  Jy gaan dit nie met die blote oog kan sien nie.
Dankie :-[

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:09 am
by Piet Breedt
Thomast, jy is reg. Dit is soos om n moer op n bout te draai met die verkeerde skroefdraad. Hy sal naderhand draai as hy genoegsaam ge strip is.

Ek dink ek is n gain twist mannetjie, my moer strip darm net te gou.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:18 am
by THOMAST
Piet ja. Ek het jou nog nooit moerig gesien nie, jy't altyd 'n smile op jou gesig (seker omdat jy gewoonlik 'n geweer in jou hande het ;D)

Die gain twist prinsiep is nie nuut nie, maar lankal gebruik deur die swartkruit manne wat loodkoe?ls skiet. 'n Suiwer lood koe?l is per gewig korter as 'n gemantelde koe?l / korter as 'n monolitiese koe?l, en boonop sagter en meer smeebaar daarby so daar werk die gain twist seker beter, want die sagte loodkoe?l sal nie strip in die groewe nie en makliker aanpas/smeer by die veranderlike spiraal van die loop.

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:05 pm
by Marc
Ludwig wrote:
THOMAST wrote: My probleem met 'n sg "Gain twist" loop is die gravering van die koe?l in die loop se groewe.
As die draai konstant is, is daar dus 'n konstante hoek waarmee die koe?l die groewe/lande meet. Maar as die hoek nou  verander agv van veranderlike "twist" soos die koe?l afbeweeg in die loop, gaan dit die graveringspatroon op die koe?l mos verander, of hoe? Hoe gemaak met 'n monolitiese koe?l? Is die kanse vir gas ontsnapping langs die koe?l verby(Gas Blowby) nie groter nie?
Kan nog nie my kop om die een kry nie.
Baie geldige punt

Re: Langafstand 284 Win 162gr A-Max in aksie

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:54 pm
by Mars67
Thomas is reg. Hulle het al gain twist lope in die 1860s gebruik op van die teiken gewere. Ek ken 'n man wat 'n oorspronklike Gibbs het met 'n gaintwist loop. So terloops die lood koeel raak nie direk aan die loop nie want hy is "ge-patch" met papier. Baie ouens sal dit op oorspronklike Martini patrone gesien het. Twee van my vriende het nou gain-twist Bartline lope bestel vir hulle voorlaaiers (Een is die voormalige w?reld kampioen en die ander die teenswoordige w?reld rekord houer op 900 en 1000 yards). Sal definitief sien of dit beter werk vir hulle.