Page 1 of 1
Hernuwing van 9mm lisensie
Posted: Thu Nov 29, 2012 9:20 am
by SmitH
Was gister by plaaslike polisie om my 9mm se lisensie te hernu wat 2013 / 02 verval sal die persoon agter die lessenaar vir my se dit is te vroeg om die hernuwing te doen vra toe wat van 90 dae voor verval datum se hy ek moet dit ignoreer . Wat maak ek nou ?
Groete
SmitH
Re: Hernuwing van 9mm lisensie
Posted: Thu Nov 29, 2012 10:29 am
by At308
Ek sou daai man gese het, hy moet dit vir my op skrif gee ('n afskrif van sy kennisgewing) wat se HY moet die 90 dae ignoreer. Ek is nie seker of al die DFO KANTORE 'n offisier het nie, ander sou ek aangedring het om met hom te praat of sy kontakbesonderhede indien hy nie beskikbaar is nie.
Sterkte!
Attie
Re: Hernuwing van 9mm lisensie
Posted: Thu Nov 29, 2012 6:10 pm
by Jacquesb
Ek stem saam met Attie. Verder het die beampte nie die bevoegtheid om uitsonderings op die wet te maak of te magtig nie.
Dring aan daarop om jou aansoek nou in te dien en kry 'n kwitansie. Dis jy wat die wet verbreek as jy nie betyds indien nie.
Re: Hernuwing van 9mm lisensie
Posted: Mon Dec 10, 2012 2:16 pm
by JAGTERSREG-JRM
SmitH wrote:
Was gister by plaaslike polisie om my 9mm se lisensie te hernu wat 2013 / 02 verval sal die persoon agter die lessenaar vir my se dit is te vroeg om die hernuwing te doen vra toe wat van 90 dae voor verval datum se hy ek moet dit ignoreer . Wat maak ek nou ?
Groete
SmitH
Dagse
Hulle mag om geen omstandighede jou aansoek weier indien volledige dokumentasie ingegee word nie.Ek het die selfde situasie gehaat oor die bevoegtheid.Gaan gesels met n senior en handig hom in.By watter stasie was dit?
Groete
Kobus
Re: Hernuwing van 9mm lisensie
Posted: Mon Dec 10, 2012 2:53 pm
by vriell
Ek stem. Dien jou aansoek eenvoudig net in en kry bewyse daarvan.Het al paar van sulke gevalle hier by ons gehad. Hulle mag nie weier om jou aansoek in te neem nie . Pure Luiheid van hulle. Jy gaan aan die kotste end trek op die ou end.Hier is manne wat al 4 mnde voor die tyd aansoek doen en dit word ingeneem.
Groetnis
Len