Page 1 of 1
Sterkies
Posted: Sun Nov 25, 2012 9:19 pm
by Carl
Groetnis manne ek gaan so vir 5 dae Harrismith se kant toe. Dis ek en die geelvis, sal julle mis. Mooi bly, hou daai snorre aan die gang ek bring fotos terug.
Re: Sterkies
Posted: Sun Nov 25, 2012 9:41 pm
by Marc
Die wiel is rondÂ

Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 12:16 pm
by henried
Is daar 'n storie en fotos...
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:13 pm
by Carl
Hallo,
Besig by die werk so ek gaan die storie kort hou vir nou. Hengel was moeilik gewees, maar soos hulle s? "it's not about the catching, it's about the fishing". Die vis was vir een of ander rede diep so ons het min gesien, die wind het goed gewaai so ons moes werk vir wat ons gekry het. Dit bly egter een van die beste hengel plekke.
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:15 pm
by Carl
Soos julle kan sien baie landskap fotos! Ek het ook die vorreg gehad om 'n vriend se onderwater kamera huls te leen en kon 'n paar fotos neem van die vis in die water.
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:22 pm
by Gerhard
Baie netjies,
Wat se kamera gebruik jy vir die onder water fotos?
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:45 pm
by Carl
Gerhard, hy het 'n Canon G1X met die Canon Housing.
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:55 pm
by Frikkiedbr
Hello Carl,
Wow dit is baie mooi en dankie vir die deel.
Moet s? ek is baie jaloers
Maar bly julle kon darem so lekker gaan hengel en in die natuur te wees.
Groete
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:59 pm
by Gerhard
Carl wrote:
Gerhard, hy het 'n Canon G1X met die Canon Housing.
Sit n foto op asb man.
Ek gebruik n Casio
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 4309CD.jpg[/img]
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 3:18 pm
by henried
Daai dam se water is darm skoon, geen wonder die vis sien mens so maklik nie.
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 3:21 pm
by Carl
Hallo, Ja ek het vir die manne elke dag ges? as jy op die klip staan gaan jy "blank" en van hulle het. Dis soos bokke jag. Gepraat van bokke daar is pragtige Rooi ribokke (1 baie mooi ram langs die water gekry), Elande 50-60 in 'n trop en SWB's. Wens ek kon 'n Mcnab doen;-)
Grootbek video
http://vimeo.com/54764148
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 4:55 pm
by Carl
Gerhard,
http://www.bhphotovideo.com/c/product/8 ... gital.html dis hierdie kamera met sy housing soos gelys.
Re: Sterkies
Posted: Mon Dec 03, 2012 5:06 pm
by Gerhard
Baie netjiese kamera daai...
Geen wonder jy kry sulke stunning onder water fotos nie.
Re: Sterkies
Posted: Tue Dec 04, 2012 7:45 pm
by Carl
Terwyl ek 'n paar minute op hande het. Sterkfontein is een van daai gelykmaker damme. Die een dag weet jy alles, kry die geles en jou vlieg werk soos 'n bom. Die volgende dag werk geen vlieg, die visse is dikbek met hoofpyn en die wind waai jou van die dam af. Ons het so 4 dae van laas genoemde gehad. Maar dit was nog steeds baie lekker om saam met vriende uit te wees en dit in een van ons land se mooiste dele (dis nou waar water betrokke is, Bosveld en Kalahari is nog koning). Die dam is ook een van die min waar jy water kan skep en drink sonder vrees.
Ek het op een plek gestaan en terwyl die vis nie byt na die veld blomme om my gekyk. Daar was seker 12-20 verskillende blomme met selfs die gras sade wat kompeteer het met mooi vorms en kleure. Voorwaar God se prag en praal.
Ons het wel een noue omkoming gehad. Kyk as daai plek 'n storm kry kan dinge vinnige baie rof raak. As jou skipper nie sy petrol dinge reg uitwerk kan jy midde storm met 1.5m en hoor golwe gaan staan. Ons moes roei na die naaste oewer. Genadiglik het die storm oorbeweeg.
As jy die dam aan durf sonder 'n lokale kenner:
*maak seker tenks is vol petrol.
*sit 'n storm uit op die land. Jy gaan nat word so moenie probeer om wind en golwe aan te vat.
*maak seker al die nood goed wat jy dink is oorbodig is op die boot - lewensgordels, roeispane, kommunikasie, ens.
Groete
Carl
Re: Sterkies
Posted: Tue Dec 04, 2012 9:07 pm
by Pvdw
Carl daai dam is net magic!!!
Misgus ek my of is die eerste foto dalk Sandy Bay??
Ek het met Ivan van TCFF gesels laasweek en hulle het net so gesukkel.
Ek was einde laas Des daar en die water was nog so koud dat die vis nie kom spawn nie. Ek gaan nou in Feb 'n draai maak. Hoop natuurlik om myself vas te vis in 'n rysmier hatch. Ek het dit nou al 2 keer ervaan en dis iets besonders.
Die swartmier hatch is nice maar die rysmiere maak al die vis in die dam mal.
Wie weet, dalk vis ons mekaar raak op die dam.
Peet