Page 1 of 1

Hulp met 233.

Posted: Sun Nov 25, 2012 6:40 pm
by Gerhards
Hallo almal.

Ek wil gou hoor of julle my kan help. Ek het vir my Nosler Cumtom competition 52gr gekoop. Op watse lading kan ek die punte laai. Ek gebruik S335 met Winchester doppe.
En Federal primer. Hulle hulp sal wardeur word.

Groete Gerhard.

Re: Hulp met 233.

Posted: Sun Nov 25, 2012 7:42 pm
by tripodmvr
Sien jy is nuut hier by ons. Welkom.

Neem aan jy het vinger probleme gehad en jy bedoel 223 rem.

Ek het met my Howa 223 nie baie sukses met S335 gehad nie en drukprobleme het opgeduik nog voor baie ho? lading. Ek sou S321 aanbeveel.

Uit die Somchem handleiding :-

S335
Begin 23,2
Maks  24,4    3050vps

S321
Begin  23,2
Maks  26,2    3350vps

Ek het die syfers effens aangepas om vir die ligter koe?l te kompenseer. Laai vanaf die minmum in 0,5gr inkremente om die spoed van jou geweer te bepaal. Skiet 3 skoot groepe en kyk hoe maak die geweer. Kyk vir druk en neem ook spoed - daarsonder kan min afleidings gemaak word oor die druk ens van jou geweer.

Re: Hulp met 233.

Posted: Sun Nov 25, 2012 7:45 pm
by Beretta
Stem saam 321 is baie beter en sover ek kan onthou goedkoper(ouderdom)
Beretta

Re: Hulp met 223.

Posted: Sun Nov 25, 2012 8:03 pm
by Gerhards
Dankie ek sal S321 gaan kry en kyk wat maak dit in my geweer. So ek kan maar met die lading begin wat die Sonchem boekie gee en dan met. 0.5 gr op gaan.

Groete.

Re: Hulp met 233.

Posted: Sun Nov 25, 2012 8:06 pm
by Beretta
Ja jy kan dit so doen maar vra die manne met QL om jou te help oom Tripod sal jou kan help
Beretta

Re: Hulp met .223

Posted: Tue Nov 27, 2012 11:31 am
by Cmitch
EK het tydens die inbreek proses van my .223 Howa 'n 1 1/2" groepering geskiet (15 skote) op 100m met 23gr S335 en 53gr Hornady VMAX met Win doppe (Splinternuut). Die lading is uit my duim gesuig, maar dit sal werk vir eers. Sodra al my doppe gevorm is sal ek meer aandag aan die lading gee.

Spoed is maar stadig +/ 2850fps, maar dit pla nie die jakkalse nie.