Page 1 of 1

Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Thu Jul 01, 2010 3:39 pm
by Francois Marais
300 WM links hier

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Wed Jul 14, 2010 1:50 pm
by Skolla
Francois of enige iemand anders
Maat van my het n 300 short magnum. Hy wil 150gr punte laai. Wat se soort kruit, ladings en slagdoppies kan hy gebruik?

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Wed Jul 14, 2010 2:24 pm
by Danie Lombard .243
S365 of S385  Liefs 'n magnum primer, CCI 250 of Federal 215.

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Wed Jul 14, 2010 2:28 pm
by Witpietskiet
Dag Kobus, ek het ook met dit gesukkel en toe maar vir Somchem n mail gestuur, hulle het vinnig en vriendelik gehelp.

Ek gebruik dit soos hulle dit aanbeveel het met gewone "CCI large rifle primers"

Hier is wat hulle vir my gestuur het.


Ongelukkig toets Somchem nie die 300WSM kaliber nie.(sien kennisgewings hieronder veral punt 3)
Ek kan egter vir jou 'n riglyn verskaf, gebaseer op berekeninge and oorsese bronne met dryfmiddels soortgelyk aan Somchem.


Kaliber: 300WSM
Dryfmiddel: S365 ( die enigste dryfmiddel in die Somchem reeks wat goed sal werk).
Projektiel massa: 150 grein
Begin lading: 64.0grein (2900-3000vt/p/sek)
Maksimum lading: 71.2grein(3200-3300vt/p/sek)


Projektiel massa: 165/8grein
Begin lading: 61.0grein (2900-3000vt/p/sek)
Maksimum lading: 68.0grein(3100-3200vt/p/sek)

Projektiel massa: 180grein
Begin lading: 60.0grein (2700-2800vt/p/sek)
Maksimum lading: 67.0grein(2950-3050vt/p/sek)


Projektiel massa: 200grein
Begin lading: 56.0grein (2500-2600vt/p/sek)
Maksimum lading: 63.0grein(2800-2900vt/p/sek)



NEEM KENNIS!!
1. Begin altyd laai by die voorgestelde minimum lading. Laai dan versigtig meer in inkremente van 1.5 tot 2% van die nominale lading terwyl versigtig gelet word op enige druktekens(platgedrukte ontsteker, slot wat moeilik oopmaak ens).
2. Somchem aanvaar geen aanspreeklikheid, uitdruklik of stilswyend, vir skade of beserings wat spruit uit, of beweer word, voortspruit uit die gebruik van die inligting soos verskaf nie.
3. Wanneer die spesifieke kaliber nie getoets word deur Somchem nie sal dit duidelik aangedui word. In sulke gevalle word die inligting van soortgelyke oorsese dryfmiddels gebruik as riglyn. ( LW! Dryfmiddels is nooit ekwivalent nie). Hierdie tipe vergelyking is dan gebaseer op vreemde bronne en moet sodanig hanteer en verstaan word. Somchem verseker dat ruim veiligheids faktore in sulke gevalle ingebou word met die voorgestelde  minimum lading.
4. Maksimum waardes:
4.1. Indien snelheid gemeet kan word moet die maksimum gepubliseerde snelheid waarde nie oorskry word nie.
4.2. Indien snelheid nie gemeet kan word nie moet die maksimum gepubliseerde lading nie oorskry word nie


Groete
Manie Johannes

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Wed Jul 14, 2010 5:22 pm
by Skolla
Manne
Dankie sov?r.
Ek sal maar nog vra as daar nog vrae is.
Eintlik is ek te bang om te vra met al die benamings in afrikaans en engels(korrek en verkeerd) wat nou hier op die forum rondloop. Moet s? ek geniet die verskille kwaai, maak lekker leesstof.
Skolla

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Fri Jul 16, 2010 12:38 pm
by Francois Marais
Pieta

Welkom hier, danki vir die help, mooi loop.

Francois

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Sun Oct 17, 2010 6:46 pm
by Arnold
Tot watse TPL laai julle manne julle 300WM's?

My magesynkas kan 'n 88mm lang rondte vat en nou wonder ek of dit lank genoeg is vir die swaarder koeels?

Re: Links na Herlaai Data vir 300 Winchester Magnum

Posted: Wed Nov 02, 2011 5:27 pm
by Flip Fouche
Is daar nog nie nuwe info beskikbaar nie.

Groete

Flip