Page 1 of 7
.375 Ruger 200gr GS Custom HV/Barnes TSx 270gr/Impala 300gr
Posted: Mon Nov 19, 2012 1:41 pm
by tau
Hi Manne
Ek het die doppe en dies en wag vir die GS Custom 200gr HV koels. EK het een van die 20 " Ruger Alaskans gekoop en hierdie sal my eerste probeer wees om te herlaai vir die wapen.
Ek beoog om S 321 agter die koels te laai en te sien of ek 3000fps kan haal.
Hierdie is die informasie volgens GS Custom se webtuiste.
S321 81gr 3225 max fps 98 fill %
Het iemand anders al die 200gr koels gelaai?
Wat dink julle van die S 321

??
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 1:51 pm
by Louis Kriel
Tau ek dink jy's besig met baanbrekers werk. Die ligste wat ek gegaan het was 250 gr gamekings. Maar doen jou ding en laat weet asseblief hoe werk hulle. Het ook nog nie S321 vir die 375 gebruik nie.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 2:03 pm
by BRNO (Pierre)
Jy kan maar die info op hulle website volg. Daar is baie tyd daarin gesit. Net soos enige lading, begin maar onder, en werk boontoe. Kom laat weet hoe dit gaan.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 4:20 pm
by tau
Dankie Manne
oom Gerard het my gemail en volgens hom " Teen dieselfde spoed gee S321 ongeveer 5000psi minder druk as S335, in die 375Ruger". Ek gaan dus sy raad volg.
Dankie.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 4:31 pm
by Koos Barnard
Tau
Ek het die 200gr GS koe?ls nog net in die .375H&H gelaai en hulle werk baie goed. Jy sal nie spyt wees dat jy dit aangekoop het nie. Dit maak van enige .375 'n lekker platskietkaliber wat min skop en glo my jy kan groot goete met daai koe?ls aanvat.
Mooi loop
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 4:39 pm
by Monrique (SJ)
tau wrote:
Hi Manne
Ek het die doppe en dies en wag vir die GS Custom 200gr HV koels. EK het een van die 20 " Ruger Alaskans gekoop en hierdie sal my eerste probeer wees om te herlaai vir die wapen.
Ek beoog om S 321 agter die koels te laai en te sien of ek 3000fps kan haal.
Hierdie is die informasie volgens GS Custom se webtuiste.
S321 81gr 3225 max fps 98 fill %
Het iemand anders al die 200gr koels gelaai?
Wat dink julle van die S 321

??
John
SOmmer lekkerte wat hier aangaan lyk dit my. Daai 375 gaan mooi plat loop met die 200gr GSC's en hy gaan n Eland mooi neersit.
Groetnis
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 19, 2012 6:01 pm
by tau
Koos Barnard wrote:
Tau
Ek het die 200gr GS koe?ls nog net in die .375H&H gelaai en hulle werk baie goed. Jy sal nie spyt wees dat jy dit aangekoop het nie. Dit maak van enige .375 'n lekker platskietkaliber wat min skop en glo my jy kan groot goete met daai koe?ls aanvat.
Mooi loop
Ek het al gelees van die Impala wat Oom gebruik en dit lyk goed. Mens kan seker redeneer waarom die groot roer met die kleiner koels, maar die GS Customs verklaar hulle verrigting is soos groter koels van ander fabrikate so ek sal hulle nou lekker kan toets.
My buffel geld is nou eers spandeer op die roer so groter koels is nie nou eers rerig nodig nie

. Ek sal later vir hulle die swaarder koels laai.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 26, 2012 1:38 pm
by tau
Doppe is geprime. en die Pro chronoe is gekoop.
Het nou net my koeels by poskantoor gekry so 7 dae vanaf ek bestel het tot in my hande, en die poskantoor het hulle al Woensdag in Worcester gehad so hulle is te blameer dat ek nie gister al kon laai nie.
Hoe ver sit julle die Chronograaf vanaf die loop??
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 26, 2012 1:58 pm
by Hugov
Hello Tau. ek het die 200 gr GS customs met 79 gr S355 gelaai vir 3060 ft uit my Howa 375 Ruger
Hulle loop oop en het my eland koei vinnig die gees laat gee.
Geniet hulle
Groete H
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Mon Nov 26, 2012 3:40 pm
by Louis Kriel
Hugov wrote:
Hello Tau. ek het die 200 gr GS customs met 79 gr S355 gelaai vir 3060 ft uit my Howa 375 Ruger
Hulle loop oop en het my eland koei vinnig die gees laat gee.
Geniet hulle
Groete H
Hugo is daar enige tekens van druk? Mens behoort seker te kan opgaan na oor die 80gr?
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 6:55 am
by tau
Ok manne ek het my toets rondtes.
So paar struikelblokke.
1. Ek was so opgewonde ek het nie die nuwe doppe gesize nie en klaar geprime......gelukkig kan die Redding dies se slagpen verwyder pen verwyder word. Die hornady doppe se opening is te groot so die koeels is nog los nadat jy die koeel ingedruk het. My fout nog nooit met nuwe doppe gewerk nie, altyd gebruikte ammunisie. Toe ek die doppe begin size besef ek hulle is maar nog ver van die regte skouer dimensies.
2. My MAX TPL met die 200gr Gs Customs is 89.00 mm, ek het my eerste rondtes toe op 88.00mm gelaai, ongelukkig toe ek die eerste rondte pas wil hy nie in die magasyn nie. Die magasyn kas is so 86.73mm en ek het so naby as moontlik aan dit probeer kom. Ongelukkig het die onderste rondte van die 3 in die magasyn gehaak totdat ek by 86.50. mm gekom het, so dit is uit die aard van die saak my MAX Tpl as ek my magasyn wil gebruik, wat as grootwild kaliber seker nodig is

.
Elkgeval albei foute my skuld ek is helemal te oorgretig en opgewonde en het dom foute gemaak, maar so leer mens. Die ergste is met my .308 Win het ek dieselfde probleem met die magasyn kas gehad so dit is nie iets nuuts vir my nie.
Interesant die skouer van die .375 Ruger dop pas nie in my RCBS powder funnel nie. En ek moes hom toe so 4 mm afskuur. Sodat die poeier nie langs die dop se bek inval nie.
Die S 321 is ook nogals 'taai' om al die korrels uit die maat bekertjie van die skaal en die tregtertjie uit te rol.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 10:03 am
by Vaalboer
Hi
Ek het 'n 375 H&H. Oom Koos se artikel het 'n man sommer opgewonde gemaak oor die opsies met die 375. Dit maak soveel sin om ligter koele te gebruik omdat dit minder skop en die alles wat ons jag wat nie storm nie kan gemaklik met 200 grein geskiet word.
Ek gaan dit ook self probeer..
Laat weet asb wat maak daai 200 greiners in die 375 Ruger.
Groete
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 1:54 pm
by SV MAD (Henk)
Hugov wrote:
Hello Tau. ek het die 200 gr GS customs met 79 gr S355 gelaai vir 3060 ft uit my Howa 375 Ruger
Hulle loop oop en het my eland koei vinnig die gees laat gee.
Geniet hulle
Groete H
Ek gebruik presies dieselfde lading in my 375 Ruger.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 3:45 pm
by tau
SV MAD (Henk) wrote:
Hugov wrote:
Hello Tau. ek het die 200 gr GS customs met 79 gr S355 gelaai vir 3060 ft uit my Howa 375 Ruger
Hulle loop oop en het my eland koei vinnig die gees laat gee.
Geniet hulle
Groete H
Ek gebruik presies dieselfde lading in my 375 Ruger.
Julle moeinie my nou laat twyfel nie
Ek gaan vanaand na werk gaan skiet en kyk wat maak die ladings. eerstekeer wat ek die chronograph gebruik, hopenlik skiet ek hom nie flenters nie.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 7:19 pm
by Hugov
Hello Tau ek is seker als sal goed gaan!!! Maar kyk maar na jou TPL ek het met al my koeels wat ek laai die beste groepe gekry met n TPl van 84mm..... En ek weet van 2 ander manne wat ook net op 84mm laai.
Groete en lekker skiet!
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Tue Nov 27, 2012 10:01 pm
by tau
Jis Hugo
Ek dink ek is oppad na 84 mm toe.
Spoed was
81 gr 2980, 2960, 2988
81.5 gr 3064 fps
82 gr 3132, 3182,3184
En toe net een skoot met 82.5 gr 3224 gr druk tekens erg!
Ek mik vir 3113 fps so gaan 81.7 gr laai en my tpl van 86.5mm na 85.8 mm vat.
Die roer skiet bitter lekker het na 4 skote met die hornady DGS om scope te Zero sommer Gong op 150 m geskiet. Interesant koeel het in plaat in gesmelt!!!!!!!
14 skote geskiet met .375 en 20 met 7 mm.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Wed Nov 28, 2012 5:43 am
by tripodmvr
Jy s? nie wat se groepe jy op die verskillende spoed gekry het nie. Jy is op maksimum drukvlakke so wees versigtig.
Ek weet daar word ges? dat die OBT nie so lekker met GS werk nie. Laai so 3 skote elk van 81.1gr na 81.2gr en probeer 3000vps kry. Hou eers jou TPL op 86,5mm. Indien jy goeie groep kry gaan dan aan met TPL verstel.
Verminder nou jou TPL met 0,2mm per keer en kyk hoe maak jou groepe. Indien dit verbeter verminder dan die lading by die beste TPL om weer naby 3000vps te wees. Sal seker ook slegs tussen 0,1-0,5gr beteken.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Wed Nov 28, 2012 6:10 am
by tau
Groepe was pateties. Dit is hoekom ek Tpl moet verstel. ek het sommer op 25m geskiet net om deur die chronograaf tekom en op teiken te bly( wou hom nie al dag 1 flenters skiet nie....)
81 gr was 42 mm en 82 gr 31 mm 3 skote
Die OBT het briljant gewerk vir my 7mm RMso ek vertrou dit, ek werk net tans op inligting vanaf Gs Custom. Hulle se mos eers spoed kry en dan tpl verstel vir groepering.
Ek stem wel saam dat ek tussen 81.1 - 81.7 moet wees.
Ek het wel nie so groot verandering in spoed verwag met die 1 gr verhoging nie.
Dankie vir die insette.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Wed Nov 28, 2012 6:41 am
by Hugov
DirtyOldsix wrote:
Hugov wrote:
Hello Tau. ek het die 200 gr GS customs met 79 gr S355 gelaai vir 3060 ft uit my Howa 375 Ruger
Hulle loop oop en het my eland koei vinnig die gees laat gee.
Geniet hulle
Groete H
Hugo is daar enige tekens van druk? Mens behoort seker te kan opgaan na oor die 80gr?
Hello
Daar is geen tekens van druk op 79gr nie.
Groete H
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Wed Nov 28, 2012 1:13 pm
by tau
Manne gebruikte dop gewig
leeg 262.3 gr
vol water 362.8 gr
100.5 gr water inhoud.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Wed Nov 28, 2012 1:17 pm
by SV MAD (Henk)
klink omtrent reg, my H2O kap is 101gr
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Thu Nov 29, 2012 6:40 am
by Hugov
Jip myne was 100. spot on!
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Thu Nov 29, 2012 5:36 pm
by tau
Ok manne. ek gaan na werk gaan skiet.
Het 86,50mm gelaai en het my spoed, maar die akkuraatheid is nie daar nie.
Nou gaan ek met 0.5 mm afkom tot op 84mm om te sien waar die akkuraatheid le.
Oja ook nie 81.7gr gelaai nie, maar 81.5 gr mik vir 3000 -3100fps rond
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Thu Nov 29, 2012 5:45 pm
by tripodmvr
Gee asb lading teenoor spoed sowel as groepe verkry. Jy moet onthou dat jou loop net 22 duim is - jy gaan nie by 3225vps uitkom nie.
Re: .375 Ruger 200gr GS Custom HV
Posted: Thu Nov 29, 2012 7:55 pm
by tau
Ok ek kom iewers
Groepe het gekrimp, spoed raak nou net te hoog
Sal kiekies plaas van teikens / boks nadat ek bo-oor teiken geskiet het op 100m nadat hy op 25 2" hoog geskiet het.
Elkgeval net met 84.5 mm tpl ordentlik die teiken raak geskiet!!!!!!!! Groep is onder 1" in wilde wind.
Wind wou chrono omwaai en toe aksie bietjie styf voel het ek een skoot geskiet het hy 3225 fps gemeet !!!!! My vrek geskrik.
Vanaf 86.4 na 84.5 220 fps gestuig in spoed. Het dit nie verwag nie.
Ek gaan nou 80.5 gr probeer teen 84.5 mm tpl.